Die DA het Vrydag gesê hy het mosies van wantroue ingestel teen burgemeesters van munisipaliteite wat onwettig geld by die mislukte VBS Mutual Bank in Polokwane, Limpopo, gedeponeer het.
Lees meerAlles vir Vrydag 10 Augustus 2018
Byna 20 000 by All Blacks se ‘oefening’ voor Wallaby-stryd
Hoe moeg rugbyondersteuners vir Superrugby is, is Vrydag in Christchurch deeglik geïllustreer toe daar 19 600 toeskouers vir die sogenaamde “wedstryd van drie helftes” in Christchurch opgedaag het.
Dié items dalk binnekort sonder BTW
Die departement van finansies het Vrydag gesê die paneel oor belasting op toegevoegde waarde (BTW) het sy verslag ingedien waarin aanbeveel word op watter items daar nie BTW gehef moet word nie.
Die pad vorentoe vir grondbeleid
Met die uitgebreide openbare verhore rakende moontlike onteiening sonder vergoeding afgeloop, raak dit tyd om te kyk in watter beleidsrigting die debat ontwikkel, en wat mens uit die verhore kan wys word.
Rhodes-studenteleiers by verhore oor geslagsgeweld
Dit volg ná die selfmoord van Khensani Maseko, ʼn student van Rhodes Universiteit wat verlede week haar eie lewe geneem het nadat sy na bewering in Mei deur haar kêrel verkrag is.
Korrektiewe dienste soek antwoorde oor Krejcir-onderhoud
Die departement van korrektiewe dienste het ʼn dringende ondersoek van stapel gestuur om te bepaal hoe dit gebeur het dat die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir, vanuit ʼn korrektiewe gevangenis ʼn telefoniese onderhoud aan ʼn radiostasie toegestaan het.
ToekomsVenster: Die dominee werk (soms)
Gebed: Vader, ek staan skuldig. Indien enigsins het ek nog nooit vir my dominee gebid nie. Ek kritiseer egter maklik. Vergewe my en staan hom by. Amen.
Vier dood ná skietery by woonstelkompleks
“Ek lê op my vloer. Die polisie het deur my wooneenheid gegaan. Hulle het al die woonstelle in die gebou deursoek. Dit klink asof alles in die binnehof begin het.”
Wetgewer reageer ná LUR se beweerde uitsprake
Mathaba Leeto, LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning in die Vrystaat, het erg onder skoot gekom nadat beweer is dat sy na wit Suid-Afrikaners as “verkragters” verwys het.
Só kan Cyril die Grondwet wysig
Hoe mens ook al daarna kyk, president Ramaphosa het duidelik ’n afdraaipad gekies waarop die risiko’s vir hom en sy party – maar belangrikste van alles, die regsorde en ekonomie van Suid-Afrika – onmeetbaar groot en gevaarlik is.
Regskenner sê oor ‘Bird Island’-boek
ʼn Anonieme slagoffer het intussen na vore gekom en beweer genl. Magnus Malan het hom seksueel aangerand.
Die wêreld in foto’s – 10 Augustus 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
SA ekonomiese groei kry nog ’n knou
Die Sacci-beheerde indeks het laas in Januarie gestyg. Sacci het egter gemaan dat die sakegemeenskap lugtig is om beleggings in kapitaalprojekte te maak weens die onsekerheid oor die grondhervormingsbeleid.
Een dood, 17 beseer in gru-botsing
Die bestuurder van die motor was binne-in die wrak vasgekeer.
Oorsese probleem steeds nie opgelos
Die tameletjie rakende die deurlopende beskikbaarheid vir die Springbokspan van Suid-Afrikaanse spelers wat oorsee speel, is nog glad nie weggekou nie.
Foto’s: Goeie nuus vir motoriste rakende Centurion-sinkgat
Die sinkgat is die duurste enkele padherstelwerkprojek wat die stad nóg moes onderneem en dit sal R25 miljoen kos om die sinkgat ten volle te herstel.
Bankbase verwerp Mynbouhandves en gronddebat
President Cyril Ramaphosa het nog ’n knou gekry. Ontleders sê die twee kwessies is besig om ’n kloof binne die ANC te vorm en Ramaphosa sal nou moet besluit wat hy gaan doen.
Seun agter bakkie gesleep
ʼn Negejarige seun is ernstig beseer nadat hy glo vir meer as 2 km agter ʼn bakkie gesleep is in Roodepoort.
4 vas ná polisie transitorooftog fnuik
“Ek moet die dapperheid van ons lede loof wat nie teruggestaan het tydens die skietery nie en daarin kon slaag om die verdagtes in hegtenis te neem voordat hulle met hul plan kon voortgaan.”
Survivor SA: ‘Die Here het ʼn leierskapmantel om my gesit’
Indien jy nog nie na gisteraand se episode gekyk het nie, moet jy eerder nie hierdie berig lees nie, anders gaan jy sien wie uitgestem is.