41 in taxi-ongelukke beseer

Minstens is 17 mense Woensdagoggend in ’n botsing tussen ’n taxi en ’n bakkie op die R554 in Eikenhof, suid van Johannesburg, beseer. (Foto: ER24)

Minstens 41 mense is vandeesweek in twee afsonderlike taxi-ongelukke in Johannesburg en in Marburg in KwaZulu-Natal beseer.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is 17 mense Woensdagoggend in ’n botsing tussen ’n taxi en ’n bakkie op die R554 in Eikenhof, suid van die Goudstad, beseer.

Dié ongeluk het ook tot hewige verkeersontwrigting gelei.

Meiring sê die bakkie en taxi het reeds in die middel van die pad gelê toe nooddienswerkers ongeveer 07:50 op die toneel aangekom het.

“Verkeer het ook reeds weens padwerke opgehoop toe die ongeluk plaasgevind het.”

Meiring sê paramedici het by nadere ondersoek gesien dat twee mense in die bakkie en twee in die taxi vasgevang was. “Nog 13 het naby die twee voertuie gelê. Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat dié in die voertuie in ’n kritieke toestand was terwyl die res ligte tot ernstige beserings opgedoen het.”

Spesiale toerusting is gebruik om die vier beseerdes uit die bakkie en die taxi te bevry waarna hulle van gevorderde lewensondersteuning voorsien is. Hulle is kort daarna per helikopter na nabygeleë hospitale vervoer.

Nóg 24 mense is Maandag beseer toe twee taxi’s op die P200 in Marburg aan die Suidkus in ʼn ongeluk betrokke was. (Foto: Netcare911)

Die 13 ander mense is met ambulanse vervoer.

“Die omstandighede rondom die voorval is nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.”

Nóg 24 mense is Maandag beseer toe twee taxi’s op die P200 in Marburg aan die Suidkus in ʼn ongeluk betrokke was.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die insittendes ligte tot ernstige beserings opgedoen.

“Al die pasiënte is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle met verskeie ambulanse na hospitale vervoer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nico ·

Alweer tax’s, die rede is te veel bribe’s word aan verkeersbeamptes betaal.

Di ·

Die korrupte ANC regering moet ander alternatiewe in plek stel vir vervoer. Kry trein dienste en busse weer op standaard en raak ontslae van al die Taxi’s. Nie net is hulle verantwoordelik vir die meeste pad ongelukke nie maar ook groot oorsaak van verkeersopeenhopings, verontagsaam padreels, betrokke by taxi geweld, kort kort optogte wat land se paaie tot stilstand dwing, geweld in padwoede, weiering om boetes te betaal, soek meer geldelike ondersteuning van regering wat belasting betalers moet betaal, en . . .
Wat ‘n wonderlike dag sal dit nie wees wanneer daar nie meer ‘n Taxi op die paaie is nie!

Mallie ·

Dit help ook nie dat die taxi base vas gevat word nie, want hulle is verkeersbeamptes.

Waarnemer ·

OMKOOPGELD,ONWETTIGE “wettige” bestuurderslisensies en SPOED is die grootste oorsaak van taxi ongelukke….

JohanR ·

Kan ons die taxi genocide noem. Miljoene mense is nou nie op een slag of een plek dood nie, maar wonder hoeveel in taxis’s al net in 2021 dood is, wat nog vandat die eerste minibus taxi die pad gewat het?

Janine ·

Dan word daar aangegaan oor Covid patiente…. VERBAN asseblief al die idiote agter ‘n taxi stuurwiel! Hulle veroorsaak soveel opnames in hospitale.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.