42 busse vol onwettige immigrante teruggestuur na Zimbabwe

(Foto: Verskaf)

Meer as 400 jong kinders van Zimbabwe is Saterdagaand by die Beitbrug-grenspos gered ná ʼn geheime operasie danksy die “prysenswaardige samewerking” tussen die grensbestuursowerheid (BMA) en ander owerhede.

Dr. Aaron Motsoaledi, die minister van binnelandse sake, sê lede van die polisie, die BMA sowel as lede van die teenkorrupsie- en veiligheidsdienste van die departement van binnelandse sake het Saterdagaand ʼn geheime operasie by die Beitbrug-grenspos uitgevoer waarin hulle 42 busse van Zimbabwe tot stilstand gedwing en deursoek het.

“Altesaam 443 onbegeleide minderjariges is tydens die soektog in die busse gevind. Almal was jonger as agt en was glo op pad om – sonder toestemming van ouers of voogde – in Suid-Afrika verhandel te word.”

Hy sê al die mense in die 42 busse is toegang tot Suid-Afrika geweier, en nadat hulle met die Zimbabwiese owerhede in verbinding getree het, is hulle almal na Zimbabwe teruggeneem – insluitend die kinders.

“Al die kinders wat gered is, het Zimbabwiese paspoorte gehad, en is dus aan die Zimbabwiese owerhede oorhandig.

“Die harde werk van die grensbestuursowerheid is prysenswaardig, en is ʼn bewys dat alles gedoen word om misdaad en onwettige toegang in die land te voorkom.

“Dit is duidelik dat die BMA hard aan die werk is en besig is om ʼn groot verskil met doeltreffende grenswetstoepassing te maak,” sê Motsoaledi.

Hy het dié misdade ten sterkste veroordeel – “veral omdat die belang van kinders op die spel is”.

“Dit is onaanvaarbaar dat hierdie minderjariges nie gedurende hierdie beproewing by hul ouers of voogde was nie.”

Op dieselfde aand is 150 volwasse Zimbabwiërs ook aangekeer.

Dr. Mike Masiapato, kommissaris van die grensbestuursowerheid, het die versekering gegee dat “die BMA, amptenare van binnelandse sake en lede van die polisie op die toneel is om alle relevante besonderhede van die voorval vas te stel”.

“Verdere ondersoeke word gedoen om te verseker dat alle oortreders opgespoor word en behoorlik gestraf word.”

Motsoaledi sê die hele episode by Beitbrug toon egter die groot sukses van die BMA in ʼn baie kort tydjie.

“Ons sal onverpoosd voortgaan om vinnig op te tree in die afdwinging van immigrasie- en ander wette in die belang van nasionale veiligheid en veiligheid van alle persone in die land, veral gedurende hierdie spitstyd, die feesseisoen, en daarna.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Michael ·

Die Suid Afrikaanse bevolking word nie verteenwoordig in daardie foto nie en daarom moet ek ook my misnoeë te kenne gee.

Pierre ·

Tot stilstand gedwing, gewoonlik stop mens by grensposte dit verwys maar net weereens die die total verval van ons grensbeheer, hulle troos hulle op die sukses van een dag uit 365 dae, so die ander 15 330 busse het rustig deur gery sonder enige probleme.

Papsak ·

Baie goeie nuus hoop dit gebeur nou gereeld en ja sluit dan die grense dat hulle nie kan in SA toe nie !!!!!!!

electricmango ·

Dis fantasties, as daar soveel op een slag gevang word kan mens net dink hoeveel ander het weg gekom toe daar nie gewerk is op die grenspos nie. Ons praat van miljoene onwettige immigrante, mense handel met die kinders, ons regering is nie bevoeg om hierdie internasionale sindikate vas te vat nie – veral nie as hulle net een dag in die jaar werk nie.

Pannies ·

Dit bevestig wat die omvang van onwettige buitelanders en hul misdaad in SA al is.
Dink net hoeveel het al deurgekom sonder dat hul uitgevang is.

SwartBees ·

Volgende week se koerant opskrif: “84 Busse vol onwettige immigrante terug in SA”.

OW ·

By die grenspos is dit maklik om kansvatters vas te vat.By die res van die grenslyn stap die oortreders eenvoudig oor en geen haan kraai daarna nie.Nee wat ANC julle het die mense van SA gefaal oor ‘n periode van 30 jaar en dit gaan net rustig voort.

annie ·

En so het ons land, skole en hospitale volgeloop van uitlanders oor dertig jaar. Die bevolking is ook veel meer. Die ANC tel nie almal nie want dan sal die leuen oor grensbeheer duidelik blyk.

Blikkies ·

Baie dankie vir die harde werk, ek wil nie hulle sukses afbreek nie, maar daai klomp laat nie op hulle wag nie. Hulle was almal klaar weer terug op ‘n ander manier nog voor hierdie artikel gepubliseer is. Hulle moet maar elke dag ‘n geheime operasie hou.

Nici ·

Ek wonder wat die regte storie is. Helfde van wat mens lees is halwe waarhede.

kaplyn ·

Duisende inwoners van Lesotho stroom daagliks wettig en onwettig oor die grens en grensposte SA binne. Die meeste van hulle bly sommer net hier. In ‘n Stad soos Bloemfontein is daar daagliks duisende motors met Lesotho nommerplate wat rond ry. In ‘n meenthuisblok in Bloemfontein is daar vasgestel dat daar meenthuise gehuur word deur anc lede wat dan die meenthuise aan wettige en onwettige Lestoho inkommers herverhuur. Daar bly in sommige van die twee slaapkamer meenthuise tot 10 inwoners. Die toe drag van sake is al by die saps aangemeld, maar niks gebeur nie.

Di ·

Mooi so, begin nou met ‘n operasie om die miljoene ander BINNE IN die land op te spoor en te depoteer! Daar word gereken dat daar om en by 5 MILJOEN van hulle onwettig in die land is wat ek glo as mens kyk na al die misdaad in die land.

Spookasem ·

Hulle moet net volhou met dit en nie net elke nou en dan die onwettiges keer nie.!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.