5 300 poste binnekort in gesondheidsektor gevul

Minister Aaron Motsoaledi. Foto: GCIS/Flickr

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Sondag aangekondig meer as 5 300 poste in die gesondheidsdiens reg oor Suid-Afrika sal binnekort gevul word.

Dit sluit poste in van kliniese personeel tot ondersteuningspersoneel. Motsoaledi het die aankondiging gemaak namens die Nasionale Raad van Gesondheid ná die raad se vergadering Donderdag en Vrydag.

“Die raad het vergader om onder meer die presidensiële stimuluspakket wat deur die president aankondig is te finaliseer en in werking te stel. Hierdie aankondiging sluit in die vul van meer as 5 300 poste in die gesondheidsdepartement van die nege provinsies van die begin van Januarie 2019.”

Motsoaledi het gesê dié stap is nie net deel van die presidensiële stimuluspakket nie, maar strook ook met die aanbevelings van die presidensiële gesondheidsberaad wat ʼn paar weke gelede gehou is.

Die minister het gesê die gesondheidsektor moet veral op drie terreine verbeter word, naamlik menslike hulpbronne, hospitaalbeddens en hospitaallinne. Volgens Motsoaledi is die tekorte in hierdie afdelings akuut, veral in menslike hulpbronne, en het dit oor die afgelope drie jaar al meer agteruitgegaan weens erge begrotingsbeperkings as ʼn direkte gevolg van die swak ekonomie.

“Personeeltekorte, veral in die provinsies, is een van die grootste bydraende faktore wat die voorsiening van gesondheidsorg negatief affekteer. Die aanstelling van gesondheidswerkers, wat ʼn breë spektrum van gesondheidswerkers, soos registrateurs, aptekers, aptekersassistente, radiografiste, spesialiste, sielkundiges, fisioterapeute en ander insluit, sal baie help om die kwaliteit van gesondheidsorg in staatsfasiliteite te verbeter.”

Aanstellings wat in die verskillende provinsies gemaak moet word, is as volg:

Oos-Kaap:

3 mediese spesialiste
35 mediese beamptes
100 verpleegassistente
74 ingeskrewe verpleegsters
50 aptekersassistente
320 algemene personeellede, portiere en lykshuiswerkers

Vrystaat:

8 mediese spesialiste
12 mediese beamptes
43 professionele verpleegsters
12 ingeskrewe verpleegsters
37 ingeskrewe verpleegsassistente

Gauteng:

15 mediese spesialiste
10 registrateurs
20 mediese beamptes
40 professionele spesialisverpleegsters
245 professionele verpleegsters
75 ingeskrewe verpleegsters
100 portiere
100 algemene assistente
8 arbeidsterapeute
8 fisioterapeute
10 aptekers
10 aptekersassistente
10 radiografiste
10 maatskaplike werkers
8 kliniek-sielkundiges

KwaZulu-Natal

97 registrateurs
150 ingeskrewe verpleegsters
150 ingeskrewe verpleegassistente
50 aptekersassistente
15 ambagsmanne
160 portiere
160 algemene assistente

Limpopo:

16 mediese spesialiste
227 mediese beamptes
8 aptekers
309 professionele verpleegsters
14 tandartse
57 aanvullende gesondheidswerkers
4 kliniese sielkundiges
6 kliniese medewerkers

Mpumalanga:

2 mediese spesialiste
3 registrateurs
44 mediese beamptes
40 ingeskrewe verpleegsters
60 algemene personeel, skoonmakers en inligtingsbeamptes

Noord-Kaap:

1 mediese spesialis
10 professionele verpleegsters

Wes-Kaap:

3 mediese spesialiste
8 registrateurs
9 mediese beamptes
42 professionele verpleegsters
25 ingeskrewe verpleegsters
2 aptekers
16 aptekersassistente
40 ambagsmanne
6 forensiese patoloë

Noordwes:

20 mediese spesialiste
28 registrateurs
28 mediese beamptes
3 aptekers
42 aptekersassistente
45 professionele spesialisverpleegsters
25 professionele verpleegsters
107 ingeskrewe verpleegsters
12 kliniese medewerkers
4 radioterapeute
4 dieetkundiges
2 maatskaplike werkers
272 inligtingsbeamptes
145 noodpersoneellede
5 ingenieurs
19 ambagsmanne
7 argitekte
385 administratiewe klerke
73 portiere
248 algemene assistente
52 drywers
525 skoonmakers
75 wasgoedpersoneellede
6 lykshuispersoneellede
84 koshulpwerkers
6 programbestuurders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jerry ·

Motsoaledi moet vir hom n ander liegstorie kry as om te se die poste was nie gevul nie agv die swak ekonomie. Wat het die ekonomie nou eweskielik sterk gemaak? Niks, die ekonomie is nog steeds swak. Die poste was oorgehou vir ANC kaders wat tyd gegee was om die nodige kwalifikasies te bekom en dit lyk my hulle het nou uiteindelik daarin geslaag! Die ANC se NDR programme het dit dan juis ten doel om verandering teweeg te bring deur voorheen benadeeldes (kader revolusioneres) te ontplooi en voorheen bevoordeeldes (anti revolusioneres) uit te sluit. Die rede hoekom hieroor gelieg word, is omdat dit neerkom op blatante diskriminasie en rassisme! Die ANC wys egter ook hierdeur vir Solidariteit en AfriForum dat afsonderlike ontwikkeling eintlik okay is, solank as wat jy n liegstorie kan opdis wat jou daarmee laat wegkom!

Anel ·

Waar gaan hulle vandaan kom? Defnitief nie van ons eie mense nie. Seker Kubane, Sjinese en Russe.!!!!!

Sanette Swift ·

Slegs 1 mediese spesialis en 10 verpleegsters vir die HELE Noord-Kaap?! Dit is absurd!

willie ·

Wie probeer hy bluf! Dit is ñ druppel in die emmer tov hul tekortkominge! Bestuur, infrastutuur, toerusting, bestaande personeel se bevoegheid, ens, ens, ens!

Hendrik UAE ·

Moet seker solank plek maak vir die wat waai by SAUK en ESCOM.Kwalifikasies tel nie en hulle het ondervinding van niks doen.Bly mos staatsdiens.

Staak saam ·

Dit lyk na so n mooi en goeie berig, maar dit hou geen goeie nuus vir blankes in nie.
Hoeveel blankes sal nie eers aangestel word nie maar net oorweeg word, regstellindeaksie los met hierdie goeie nuus maar n bitter smaak in blanke werk soekers se monde.

piper ·

n kennis van my is by n instansie ingedeel om januarie 2019 daar te begin met sy gemeenskaps jaar. toe hy plek soek om te sien waar dit is en hoe dit daar lyk, word hy meegedeel die instansie het reeds lankal toegemaak en bestaan nie meer nie. dis hoe dit gaan in die gesonheids departemente. ek is seker daar is n paar spoke wat nog daar werk en maandeliks betaal word.

Ag nee ·

Nog meer rowers om die hospitale leeg te stil van dit wat nog oor is in die hospitale.
En wie gaan hulle salarisse betaal?

Oom Willem ·

Nou waar gaan hy nou skielik gekwalifiseerde mense vir die poste kry? Seker net weer die wat die potensiaal het. Wel my tuinwerker sal ook kwalifiseer want hy het die potensiaal om enigiets te wees wat hy wil.

Johan H. ·

Pragtig. Vir eens stem ek saam met Jerry,,, maar as dit nie tenminste 5000 wittis en kleurlinge is nie. Is dit reeds gedoem. Want die ander lotte gaan staak,plunder en brand. O het ek genoem ,luieid kom ook baie voor, bewys my verkeerd,

Amelia ·

Ennnnnnn ek vra myself of is die ou nie nou besig om weereens onopgeleide mense in diens te neem nie. Ek meen ons almal weet wie en wat in diens geneem gaan word.
Sodoende maak hul ons probleme net groter.
Geld word betaal aan salarisse en daar is geen maar geen persoon met die nodige kennis om te help nie en o ja, dan is dit net nog meer wat oproerig kan raak en staak omdat hul nie genoegsame verhogings kry nie.

Mos ·

Omdat julle my mense nie wil aanstel nie, gaan als ten gronde.

PJC ·

Ek wonder ook waar kry hulle nou skielik hierdie mense en wat is die kwaliteit van die wat hulle wil aanstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.