5 mense beseer toe gassilinder in deftige hotel ontplof

Argieffoto

Vyf mense het Sondagmiddag geringe tot matige beserings opgedoen toe ’n gassilinder in ’n restaurant se kombuis in Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus ontplof het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het gesê paramedici het hulle Sondag net na 14:00 na die Coco de Mer-hotel by Compensation Beach-weg in Ballito gehaas, nadat hulle gerugte van ’n ontploffing in die hotel se restaurant Fiamma Grill ontvang het.

Vyf mense, drie mans en twee vroue, het geringe tot matige brandwonde aan hulle gesig, rug en hande opgedoen toe die gassilinder ontplof het.

“Die mense is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” sê Herbst.

Die ontploffing het groot skade aan die restaurant se kombuis aangerig. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

Brandweerdienste en die polisie is dadelik na die toneel ontbied. Die polisie is steeds besig om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Wiese, onthou dit is n argieffoto, stem saam met jou maar kry eers die feite

Leon ·

Gas is lewensgevaarlik. maak nie saak of die silinder binne of buite is nie.
Woonbuurtes is al vernietig deur gas ontploffings. Mense is al in hulle huise dood weens gas inaseming. Jy kan hoe versigtig wees, een of ander tyd gaan hy jou in die rug steek.

JohanR ·

Geval in die ou Rhodesie jare gelede, waar die gas bottel IN die kombuis ontplof het. Die huisvrou is tot buite geblaas, die kombuis en dak verwoes, en nog skade aan ander gedeeltes van die huis veroorsaak. Die huisvrou is aan haar beseering dood. Stem….gas bottels moet staan buite die kombuis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.