70 in sop wat plante in vleiland sny

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: iSimangaliso/Wetland Park/Facebook)

ʼn Groep van 70 mense wat plantmateriaal in ʼn deel van ʼn beskermende vleiland in KwaZulu-Natal begin afsny het, is Woensdag op waarskuwing vrygelaat.

Die groep het na bewering Dinsdag ʼn beperkte gebied van die Futululu-woud, wat onder die beskerming van die iSimangaliso-vleilandpark val, betree en plantegroei begin sny.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die provinsie, sê die groep is kort daarna in hegtenis geneem op aanklag van onwettige betreding en die kwaadwillige beskadiging van eiendom.

ʼn Interdik is in April vanjaar aan die vleilandpark toegestaan wat persone verbied om die Futululu-woud binne te gaan en plantegroei te verwyder of af te sny. ʼn Kennisgewing hieroor is by die gebied waarop die verbod van toepassing is aangebring.

Die verdagtes het almal in die Mtubtuba-landdroshof verskyn, maar is op waarskuwing vrygelaat.

“Die saak is tot 19 September uitgestel vir verdere ondersoek,” sê Ramkisson-Kara.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris dupreez ·

En niks het gebeur met die klomp wat die Melkhoutbos by Sandbaai in Hermanus afgekap het en plakkerhuise oogesit het nie.

Sarel ·

” Waarskuwing” ?? M.a.w die Regstelsel betoon nie verl respek vir bedreigde Plantegroei nie.
Intussen sal hulle voortgaan want daar vind geen Optrede plaas nie

Swerwer ·

Beboet of gevangenis straf is die enigste wat hierdie soort optrede sal stop

Nommer 7 ·

Niks nuut nie, op ‘n tyd het wilde diere ons hele land vol rondgeloop, nou is daar net wilde diere in ons nasionale parke.

George ·

en dan se julle dat vee/mielie diefstal nie bestaan nie en dat boere nie mag verdedig nie? Hier was 70…SEWENTIG. Oor more kap hulle weer.

Oosieoos ·

A groot probleem hier op Suidkus ook. Vang die geldgierige gemors wat hulle betaal om dit te doen. Iemand in die Kaap huur gereëld mense hier om die plante te vernietig

Jack ·

Los maar die mense honger en werkloos en mag volgens wet enigiets doen om te oorleef. Ons wet. Vra maar vir cele hy het reeds die voorspraak vir die misdadigers gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.