800 Gauteng-pasiënte wag op ortopediese operasies

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Ten minste 800 pasiënte is op ʼn waglys vir ortopediese operasies in Gautengse hospitale, het die DA Woensdag gesê.

Jack Bloom, gesondheidswoordvoerder vir die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê die statistiek is Dinsdag deur Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid, bekendgemaak in ʼn antwoord in die Gautengse Wetgewer. Volgens Mahlangu word ortopediese noodoperasies daagliks gedoen en wag pasiënte nie langer as 14 dae nie, het Bloom gesê.

“Sy het gesê pasiënte verloor mobiliteit wanneer operasies vertraag word en die departement het daarvoor om verskoning gevra,” het hy gesê.

Bloom het gesê ʼn pasiënt, Aubrey Moerane, is deur gesondheidswerkers by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto ingelig dat hy sal sewe jaar moet wag vir ʼn heupoperasie.

“Ek sien uit na nuwe maatreëls wat hopelik die lyding sal verlig van baie pasiënte, wat soms in rolstoele is, wat heup-, knie- of spinale chirurgie moet kry. Ek verwelkom die LUR se aankondiging dat die departement ʼn plan finaliseer om die chirurgie-agterstand in die provinsie in te haal,” het hy gesê.

“Dit sal ekstra teatertyd, beskikbaarheid van waakeenheidbeddens en samewerking met die privaatgesondheidsektor verg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sandy ·

Ek is bly daar gaan iets aan hierdie problem gedoen word, my ma was by Helen Joseph hospital 3 jaar gelede, hulle het haar ingelig dag sy ook plus minus 7 jaar gaan wag vir haar heup operasie, gelukkig kon ons die geld insamel en het die operasie vroeer gedoen, wat van al die ander mense wat so lank moet wag?

Susan ·

DANKIE HERE VIR MY MEDIESE FONDS (BANKMED) EN DR FREDDY HO VAN DIE MULBARTON HOSPITAAL. Ek het in 10 dae na my heup vervanging my motor bestuur en nog nooit terug gekyk nie.

moeg gewag ·

Dit is ni net ortopediese pasiente wat so lank moet wag nie. Ek wag al amper n jaar om n blaassteen te laat vewyder. Dra al agt maande doeke agv daarvan. Weet dit is nie lewensdreigend maar die gedurige infeksie en pyn kry my onder.

Peet Schabort ·

Dan word die ironie van hierdie beklemming opgesom in die man wat ook moes wag vir ‘n afspraak. Hy antwoord toe die ontvangsdame met “by daardie tyd is ek al dood” waarop sy antwoord: “geen probleem mnr., laat weet ons net en ons kanselleer die afspraak . . . .”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.