Aanklaer in beskuldigdebank oor ‘seksuele mishandeling’ van tiener

(Argieffoto)

ʼn Senior aanklaer in Noordwes is borgtog van R10 000 in die Lichtenburg-landdroshof toegestaan nadat hy onder meer van die seksuele aanranding van ʼn minderjarige aangekla is.

Adv. Marcus de Beer, verbonde aan die kantoor van die departement van openbare vervolging in Noordwes, het onskuldig op die aanklag gepleit, sê Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes.

De Beer staan onder meer tereg op aanklag van statutêre verkragting, die seksuele uitbuiting van kinders, die vertoon van pornografie, seksuele gereedmaking en seksuele aanranding.

Mamothame sê die vermeende slagoffer was 15 jaar oud toe die beweerde oortredings in 2019 gepleeg is.

Die landdros het sekere mediese toestande van De Beer in ag geneem in die besluit om borgtog aan hom toe te staan. ʼn Mediese verslag is by die hof ingedien en De Beer het ook geen vorige veroordelings nie.

Mamothame sê die staat en die verdediging het op streng borgtogvoorwaardes ooreengekom. Dit sluit in dat De Beer nie vir ʼn paspoort mag aansoek doen nie, dat hy nie die vermeende slagoffer of enige van die getuies mag nader nie en dat hy nie die provinsie sonder die toestemming van die ondersoekbeampte mag verlaat nie.

ʼn Vroeëre aansoek deur De Beer se regspan, dat sy inhegtenisneming onregmatig was, is van die hand gewys.

Mamothame sê weens die erns van die saak is ʼn skorsingbrief reeds aan De Beer gegee.

Die saak is tot volgende maand uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

De Beer het sekere mediese toestande……. Ja, hy is siek in sy kop!!!!

ES ·

‘n Senior staatsaanklaer… dis skokkend dat hy waarskynlik iemand is wat met sulke sake te doen gehad het en die skuldiges moes aankla, maar nou is hy gevang en daar word beweer dat hy dit self gedoen het?

Hy is nie waardig om in die edele beroep van die reg te wees nie, afgesien van enige “mediese toestand” – enige mens weet wat is reg en verkeerd, en as jy regte studeer, dan het jy ‘n hele klomp vakke wat handel oor reg en verkeerd and wat krimineel is en wanneer jy kriminele kapasiteit het.

Nie Verbaas ·

De Beer geskors en dit is wonderlike nuus dat dit so vinnig gebeur het. Duidelik siek in sy kop. Nou wat van Hlope wat alreeds aan aanklagte teen hom skuldig bevind is? Of is daar ander reels vir hom?

Sêmanet ·

‘n Skorsingsbrief? Hy hoort heeltemal van alle “regsrolle” gewis word. Mediese toestande kan nie altyd gebruik word as verskoning vir sulke idiotiese dinge nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.