Aanrandingsklagte teen Shivambu laat vaar

Floyd Shivambu. (Foto: ANA)

Nyiko Floyd Shivambu, onderleier van die EFF, se aanrandingsklag teen hom is Dinsdag in die Kaapse landdroshof laat vaar.

Shivambu word daarvan aangekla dat hy ’n joernalis van Netwerk24, Adrian de Kock, in Maart 2018 buite die parlement aangerand het nadat De Kock ʼn vraag aan hom wou stel en foto’s wou neem.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die vryskelding kom ná Shivambu se suksesvolle aansoek dat die hof hom nie vervolg nie.

“Die landdros, Lindiwe Gura, het die klaer en getuies se getuienis as teenstrydig verwerp. Sy het gesê die klaer was ‘teenstrydig met sy mediese bewyse’. Sy het bygevoeg dat een van die getuies selfs sy getuienis aangepas het om by die staat se saak te pas,” sê Ntabazalila.

Maroela Media het vroeër berig De Kock het saam met ander joernaliste buite die parlement gewag op nuus oor die DA se tugverhoor teen Patricia de Lille. Shivambu en nog ander mans het daar aangekom en gevra vir watter saak hulle daar is.

Volgens De Kock het Shivambu en die ander mans skielik geëis dat hy die foto wat hy van hulle geneem het, moet verwyder. Hulle het sy toerusting probeer gryp en hom rondgepluk. Ander joernaliste het die onderonsie afgeneem.

Shivambu het kort daarna om verskoning gevra vir die “onderonsie”. Shivambu het gesê De Kock het foto’s van hom geneem en daarop aangedring om met hom te praat terwyl hy dokumente ontvang het wat met ʼn vergadering van die parlementêre staande komitee oor finansies verband hou. Hy het nie besef hy is ʼn verslaggewer nie, het Shivambu verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Henri ·

Kla die eff aan vir aanhitsing tot geweld by Twitter, ens. en hou op om hulle nuusdekking te gee en hulle ster verskiet in die niet. Ek sê weer, hoekom is Donald Trump van Twitter verwyder, maar hierdie spul kan voortgaan?

lollapot ·

Wat meer kon ons verwag? Die wet geld net vir sekere mense! Aanranding is Aanranding, ongeag of dit op n joernalis is of nie…

Harley Davidson ·

Daar was n video wat duidelik wys hoe shiwambo die man aanrand en sy kamera wou vat,wys jou net tot van die howe en landdroste is besig om die piesang Republiek se waardes te verlaag.

Pieter ·

Lyk my die EFF is untouch-able dus hulle kan maak wat hulle wil. Ek het al ‘n saak ver.loor toe die land-ros die klae.r se getuienis aan
pas om die uitspraak te pas. Interessant hoe kon.takte en geld werk agter jou rug.

Nie Verbaas ·

En dieselfde gaan seker met Malema se afvuur van n wapen en aanranding van die polisieman gebeur.

Nick ·

Ek hoop Chè Shivambu en sy ander ‘vryheids vegters’ het darem geleer dat jy nie sommer enige persoon net kan rondpluk nie. Ek sal natuurlik nooit kan begryp hoe Lindiwe Gura tot die beslissing kon kom nie. Die video van die voorval wys duidelik dat dit aanranding is. As jy iemand te lyf gaan is dit aanranding. Of daar beserings is of nie! Hierdie saak gaan nou weer gebruik word om Chè Malema los te kry van sy aanranding op die polisie kolonel. Waar in die wereld kan jy ‘n polisie man of vrou rond stamp en dink jy gaan wegkom daarmee. Arrogansie.

Retha ·

As dit een van ons gewees het was die sleutel van die tronkdeur al diep weggebêre

Deon ·

So ou Floyd, jy impliseer, verslaggewers mag nie rond geruk en pluk word nie, maar ander mag?

H.A. ·

‘The untouchables’ , so gaan dit maar as eff beskerm word deur ‘all our people’.

Wondermaarnet ·

Gaan die SVB skandaal waarin hy en sy broer betrokke is ook nou laat vaar word?

Jack ·

Dit bly eenvoudig n verlore saak om teen die soort op te staan. Die tentakels is oral ingegrawe. Dis jammer want dit sal die eff se rassisme net verder stook.

Kokerboom ·

Ons moet bekommerd wees,baie bekommerd, oor kwaliteit en vermoee van ons regstelsel. Van die SAP praat ek nie eers

Chris dupreez ·

Ongelukkig nie julle huiswerk ordentlik gedoen om n waterdigte saak te kry nie en dus dit deur julle vingers laat glip en die man sit nou met nog n grooter ego

Johan ·

Bitter jammer dat Shivambu Adrian de Kock nie ‘n harde hou teen die kop gegee het nie……hierdie joernaliste gee mos die EFF te veel blootstelling in die pers! As Malema sy mond oopmaak, dan berig die pers ewe gretig oor sy doen en late. Hoop volgende keer word hy teen die grond neergeslaan…….

gatgogga ·

Het die hof al ‘n uitspraak gelewer in die Malema haatspraak verhoor? Hoe lank moet dit dan vat om verskonings uit te dink?

Blikkies ·

Daar was video materiaal op die nuus kanale gewys wat die aanranding bevestig en bewys het ? As die getuies inderdaad hulle verklarings na die tyd gaan aanpas het om by die staat se saak in te val, het die klaer en sy getuies hulle self te blameer vir die uitslag. Dit gesê, die video materiaal was vanself sprekend.

JohanR ·

Hoekom is ons nie verbaas nie. Nou kan hy ‘n liter Coke en 15 KFC burgers gaan af slurp om te vier!

Henry ·

Eendag gaan die ou aan iemand verkeerd pluk, dan gaan hy sy pak kry

Mariana ·

Glad nie verbaas. Maar eendag loop hy vir hom vas. Wiel draai stadig en hy kan breed glimlag, maar sy dag sal kom………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.