Shivambu wel op aanrandingsklag vervolg

‘n Skermskoot uit die video.

Floyd Shivambu, onderleier van die EFF, gaan wel op ’n klag van aanranding verhoor word.

Shivambu word daarvan aangekla dat hy ’n joernalis van Netwerk24, Adrian de Kock, in Maart 2018 buite die parlement aangerand het nadat De Kock ʼn vraag aan hom wou stel en foto’s wou neem.

Shivambu se regspan het vertoë vir moontlike mediasie en afwenteling aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig, maar dit was onsuksesvol. Volgens die NVG sal Shivambu se verhoor op 11 Februarie 2021 begin.

De Kock het saam met ander joernaliste buite die parlement gewag op nuus oor die DA se tugverhoor teen Patricia de Lille. Shivambu en nog ander mans het daar aangekom en gevra vir watter saak hulle daar is. Volgens De Kock het Shivambu en die ander mans skielik geëis dat hy die foto wat hy van hulle geneem het, moet verwyder. Hulle het sy toerusting probeer gryp en hom rondgepluk. Ander joernaliste het die onderonsie afgeneem.

Shivambu het kort daarna om verskoning gevra vir die “onderonsie”. Shivambu het gesê De Kock het foto’s van hom geneem en daarop aangedring om met hom te praat terwyl hy dokumente ontvang het wat met ʼn vergadering van die parlementêre staande komitee oor finansies verband hou. Hy het nie besef hy is ʼn verslaggewer nie, het Shivambu verduidelik.

“Ek was haastig om by die komiteevergadering uit te kom, en ek aanvaar dat my ongeduld met die man onvanpas was,” het Shivambu bygevoeg. “Daar was ʼn onderonsie; dit was glad nie ʼn aanval op die joernalis of mediavryheid nie. Ek is jammer oor die voorval en glo dit moes anders hanteer geword het. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid en vra om verskoning dat ek in ʼn onderonsie betrokke geraak het met ʼn persoon wat ek later uitgevind het, is ʼn joernalis. Ek sal skriftelik ʼn amptelike verskoning aanstuur, want ek glo dit moes nie gebeur het nie,” het hy destyds gesê.

Die voorval is wyd veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

“Hy het glad nie geweet hy is n verslaggewer nie” regverdig hy hier die daad van aanranding? Is dit okay om enige iemand so te hanteer solank hy nie n verslaggewer is nie? wat het dit met die kruks van die saak inelkgeval te doen? Verslaggewer al dan nie jy hanteer nie enige iemand so nie en aanranding bly aanranding Shivambo…

Deon ·

Nie besef hy is n joernalis nie??? Mmm, so maw as dit nie n joernalis was nie dan dink hy dat hy die reg het om aan andsr te slaan?

Anel ·

Natuurlik het hy geweet die man is ‘n verslaggewer. Verslaggwers het gewoonlik sigbare identifikasie. Verder het hy’ n kamera by hom gehad. Hy het ook geen verskoning om sommer iemand net aan te rand nie. As dit nou omgekeerd was, het die land seker gebrand. Shivambu, jy was verkeer. Hou op appelleer en vat jou pak.

Persheks Adri ·

Onaanvaarbare gedrag van die petters! Jammer werk nie vir jou gedrag nie! Jy moet maniere kry in die 1ste plek pfffft!!!

Johann ·

Jammer maar….so jy rand enigeiemand aan wat jy wil…solank dit net nie n joernalis is nie? En aa dit een is, dan is jy amper jammer maar en as ja well trla la la.

Dis hoe iemand optree wat himself bo wet en wetgewing en orde stel. N EFFirrrrrr

marius ·

Daar is goeie Afrikaanse woorde om hierdie mense te beskryf .

Hannes ·

Kry maar vir jou ook WIT regshulp soos jou leier Julius. Vertrou julle nie julle eie mense nie of is ONS nou goed genoeg want julle is verlee. O ja moenie die WIT lyfwagte vergeet nie!!

Stefaan ·

Lig nou net jou hande om jou self te verdedig en kyk waar los dit jou.

JM ·

Die EFF dink hulle is bo die wet verhewe. Kry vir jou, Shivambo.

Dries ·

Die verhoor sal seker ook ‘lank’ uitgestel word, soos sy makkers s’n.

Elmarie ·

Toe ek nog op skool was het ons gesê iemand wat saam met ander ‘n enkelpersoon aanval baklei soos ‘n MEISIE.

Alta ·

Shame, hy het seker n “bad hair day” gehad en wou nie so op n foto verskyn nie. Hoop hy gaan tronk toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.