Abattoir-bestuurder gevonnis vir dieremishandeling

Argieffoto

Die bestuurder van ’n abattoir in Thaba Nchu in die Vrystaat is Dinsdag in die plaaslike streekshof gevonnis nadat hy op onder meer ses aanklagte van dieremishandeling skuldig bevind is.

Dit volg nadat drie inspekteurs van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op 12 Junie verlede jaar ʼn roetine‑inspeksie by die Botlhabelo Beef Cattle Breeders in Thaba Nchu, sowat 63 km oos van Bloemfontein, uitgevoer het.

Dié abattoir is onder staatsbesit. “Hier het ons op die aakligste gesig afgekom,” het Reinet Meyer, senior inspekteur van die DBV, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Meyer het die inspekteurs destyds met hul aankoms op drie beeste afgekom waarvan een se agterbeen gebreek was. Die bees is al die vorige dag by die abattoir vir noodslagting afgelaai.

Daar is ook talle varke in aanhouding aangetref. Nes die beeste is dié diere in vuil en nat omstandighede met vuil drinkwater aangehou.

Niks kon egter die inspekteurs voorberei op wat hulle sou sien wanneer die diere uiteindelik by die spesifieke abattoir geslag word nie.

Meyer vertel dat die toerusting wat by die abattoir gebruik word nie in ’n werkende toestand was nie en dat diere eers na verskeie pogings sou vrek.

Die inspekteurs het met afgryse toegekyk waarna hulle dadelik die proses stopgesit het. Die abattoir is summier gesluit totdat werkende toerusting geïnstalleer kon word en die 65-jarige Sebokwane Isaiah Kalake is vir die wreedheid verantwoordelik gehou.

Die DBV het aanklagte van dieremishandeling teen Kalake aanhangig gemaak en hy is sedertdien by die abattoir afgedank, het Meyer gesê.

Kalake is vandeesweek skuldig bevind aan die oortreding van die Dierebeskermingswet en ses aanklagte van dieremishandeling. Hiervoor is hy tot ’n boete van R4 000 of nege maande tronkstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Hy is ook skuldig bevind aan die oortreding van die Vleisveiligheidswet waarvoor hy tot ’n boete van R1 000 of nege maande tronkstraf, wat vir drie jaar opgeskort is, gevonnis is.

Landdros Magda Jacobs het gesê die vonnis behoort as voorbeeld te dien oor watter ernstige oortreding dieremishandeling is.

Sy het ook gesê hoewel ’n dier geslag word, dit met die nodige respek en menslikheid gedoen moet word.

Meyer het gesê die DBV verwelkom die vonnis. “Geregtigheid het geskied vir die diere. Kalake het nou ’n kriminele rekord en ons sal hom dophou. Die abattoir word gereeld besoek sodat voorvalle soos hierdie nie weer sal gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Lou ·

Stem. As die staat aan iets vat moet jy weet dit is ‘n gemors.

Charl ·

Alles wat hulle hande aanraak verander in n gemors en voete ook.. Het julle al ooit gesien ookal waar hulle loop groei niks verder op daai stuk grond nie, gif onder hulle voete, daai was natuurlik n gesogte abbatoir, arme diere maar soos ons weet hulle het geen gevoel vir niks en niemand nie

Lientjie ·

Eintlik het hy niks oorgekom nie. Nie 1 dag agter tralies nie. Dis hoe dit gaan hulle sal aanhou en aanhou, want hulle sien die maters gaan nie tronk toe nie

smurfie ·

Ek persoonlik dink die vonnis is belaglik!!!
En elkgeval mag beeste en varke nie op dieselfde perseel geslag word nie. Beeste en skape is saam en varke het hulle eie slagpale

Oom Jaco ·

Nege maande “waarvan vyf jaar opgeskort is”? Moet dit nie eerder “wat vir vyf jaar opgeskort is” wees nie?

Lizzie ·

My mening is dat die mense wat diere so mishandel moet dieselfde behandeling kry vir dieselfde tydperk wat hulle diere mishandel of mishandel het sodat hulle kan voel hoe dit is.

Koos de Meyer. ·

Dan wil hulle nog meer transformeer. Ek wonder hoe het die vleis op die einde van die dag gelyk.

Arno Scheepers ·

Die slagpale is onder staatsbesit……dit verduidelik alles.
Hoekom kan die president nie ook persoonlik aangekla word van alles wat verkeerd gaan met staatsorganisasies nie? Hy is tog in beheer!!
Hy moet net geidentifiseer word dan kan hy aangekla word.

Skoolgeld ·

Besef mens regtig wat jy lees hier? Indien die dier nie met eerste probeerslag dood was nie, wat gaan aan het niemand meer ñ gewete nie?

Liz ·

Ja Skoolgeld ek sidder… Abbatoirs is ‘n bom wat wag om te bars…. As ons weet wat daar aangaan….Ek dink nie dit word streng genoeg gereguleer of gemonitor nie…

Wie weet ·

5000 rand boete en dit moet n waarskuwing vir mense wees wat n grap Die ergste van als is ons eet daardie vleis Skrikwekkend Hulle wil grond verniet he en boer maar kan nie eers n bees slag nie Ja nee

JohanR ·

Het die plek ook aan ou Ace behoort? Sal seker eendag die provinsie herdoop na Aceland!

SjN ·

So dit het langer as n jaar gevat voor die saak afgehandel is, alle bewyse was mos daar, baie ligte vonnis gekry, wat het geword van die Modise dieremishandeling saak wat al 5 jaar loop en telkemale uitgesyel word?

MJ ·

Ek verstaan nie hoe hulle kan sê 9 maand óf R4000 boete nie …. R 4000 boete is mos niks in vergelyking met tronkstraf nie! Die skale van die gereg is uit balans. Dit moet n bedrag wees wat werklik n “straf” is om te betaal… (tronk is “straf”). As iemand so ligtelik wegkom, is dit nie regtog n goeie voorbeeld nie… dit wys eerder vir al die skhldiges daar buite dat hulle maar kant voort gaan, want die gevolge is nie so erg nie.

Wonder net ·

Siestog arme mnr Kalake. Nou moet hy die spit alleen afbyt.
Hy het net sy werk gedoen met die toerusting tot sy beskikking.
Wat van die mense wat die diere moes versorg en kyk dt die toerusting in werkende toestand is?
Mnr Kalake was tog sekernie die enigste werknemer by die abatior nie.

Emma ·

Waar dit by diere kom kook my bloed. Hoe word die mense groot geen gevoel vir mense en dier nie. Absoluut skokkend

Swannie ·

`n Opgeskorte vonnis beteken niks, maar niks !!…en dan is die DBV nogal bly oor die straf.

Ons sogenaamde “regstelsel” bly maar `n klug. Vonnis die persone en laat hulle boet vir hul dade…. in `n tronksel !

Erica ·

Ek kan nie meer met al die mishandeling nie…. Dan kerm mense nog as mense onsteld raak oor dieremishandeling asof dit nou verkeerd is…

ChrisE ·

Ek het nie in my beperkte beskaafde woordeskat genoeg woorde of byvoeglike naamwoorde om die gedrag of aksie van die persoon/persone te beskryf nie. Ek as gelowige mag nie eerste ‘n klip gooi of ‘n ander geskapene oordeel of veroordeel nie. Ons word beproef om dit te aanskou, of leef om dit te sien of van kennis te dra. Ek weet dat elke dag is ‘n dag nader aan afrekening. Elkeen sal verantwoording van sy dade moet gaan doen. Daar is nie meer respek vir lewe van mens en dier nie. Behoede ons.

WIEBO ·

Die vonnis beteken niks. Hy het NIKS oorgekom nie, en is nie gestraf nie. Opgeskorte vonnis beteken absoluut niks!

Christien vd Westhuizen ·

Hoekom nie ook in huis arres vir 6jaar nie vonnis te lig

Elizabeth ·

Waarom sal ‘n R4000 boete as voorbeeld dien dat dieremishandeling ‘n ernstige oortreding is? Dit klink vir my eerder na ‘n helse grap as ‘n voorbeeld.

Hennie ·

Ek wonder maar net hoe lank die lid van die Noordwes regering wat toegelaat het dat haar diere op haar plaas agv honger en dors en haglike omstandigdhede gevrek het,nog op vrye voet wees? Sy moes al lááánkal agter tralies gewees het. Dubbele en geen standaarde lyk dit vir my!

Rudolph van Wyk ·

Hierdie is nie ‘n geisoleerde geval nie. Die mishandeling van plaasdiere begin lank voor hulle by die slagpale beland. Geen onskuldige dier verdien om te ly of om te sterf vir ‘n mens se smaak nie en geen self-denkende mens sal geldelik bydra tot ‘n bedryf wat geskoei is op die mishandeling en dood maak van onskuldige diere nie.

Heksie ·

As hulle nie eens vir ‘n mens genade het nie, wat het die inspekteurs verwag van diere?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.