Ace gee hom oor aan Valke voor hofverskyning

Betogers vanoggend in Bloemfontein. (Foto: ANA)

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het homself aan die Valke oorgegee op aanklagte van korrupsie.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Magashule het hom Vrydag voor 10:00, die tyd waarop daar ooreengekom is, reeds by die Valke se kantoor in Bloemfontein aangemeld.

Magashule verskyn tans in die plaaslike landdroshof.

Talle betogers drom sedert vroegoggend saam buite die hof. Betogers is egter met ʼn streng polisieteenwoordigheid begroet en alle hoofpaaie wat na die hof lei, is toegespan.

Betogers vanoggend in Bloemfontein. (Foto: ANA)

“Ons is hier om een ​​van ons eie te ondersteun,” het Vusi Tshabalala, ANC-hoofsweep in die Vrystaatse wetgewer, vanoggend gesê.

Tshabalala wou nie kommentaar lewer op die aanklagte teen Magashule nie en het gesê dat hulle steeds nie presies weet waarvan Magashule beskuldig word nie. Hulle wag vir die hofverskyning.

Magashule word ondersoek vir sy beweerde rol in die toekenning van ʼn R255 miljoen-kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen. Die tender is tydens Magashule se termyn as Vrystaatse premier toegeken, maar dit is glo op bedrieglike en korrupte wyse gedoen. Dit was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.

Die omstrede sakeman Edwin Sodi en ses ander vermeende betrokkenes is reeds in verband met die kontrak in hegtenis geneem. Sodi se Blackhead Consulting en oorlede Igo Mpambani se Diamond Hill Trading 74 het die kontrak in 2014 losgeslaan.

Die beskuldigdes is tans uit op borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Andre ·

Die mense weet nog steeds nie wat Ace alles gedoen het nie.Is hulle dan glad nie ingelig nie.

Adam Adriaan ·

En toe sit hulle uiteindelik vir hom blink bangels aan.

Hennie J ·

Hulle weet nie waarom hy in die hof verskyn nie, maar is daar om hom te ondersteun. Absoluut lagwekkend en n duidelike bewys van die anc se ou mtruuk van “rent-a-crowd”. Dit net om te intimideer.

Suzette ·

Vusi dis kommerwekkend dat jy deel is van die Wetgewer en jy verstaan nie waaroor ace aangekla word nie – werklik??? Ongelukkig is daar nie pille nie…. Die Vrystaat is in sy peetjie as gevolg van ace se rampokkery (in elk geval te veel van ‘n ordentlike woord in die geval) – en dis seker ‘n woord wat jy glad nie sal verstaan nie.

Deon ·

Geagte belasting betaler, vriendelike waarskuwing, hierdie hofsaak gaan jou nou weer n klomp geld kos wat jy gedink het jy gee vir die goed en welvaart van die land. Daar sal nou weer uitstel na uitstel vir allerhande halfhartige redes wees. n Klomp van ons as belasting betalers sal nie eers die einde van hierdie drama sien nie want dit word tot die dood toe uitgerek, veral as ek kyk na wat met die voormalige president se saak gebeur. Allerhande katspronge om nie sy dag in die hof te kry nie… Hierdie is nou net weer ‘n vermorsing van tyd en geld en intussen skep die regs verteenwoordigers links en regs….. Partymaal maak n kangaroo hof sin maar ek verstaan dat dit nie die regte ding is om te doen nie… Eerstens kan sommer gesien word hoe hy beskerm word deur sy anc, anc maak n 180 grade draai na hulle weereens vir die publiek om die bos gelei het deur te se dat, die mense sal summier geskors word as hulle in onwettighede ge impliseer word. Dus moenie asem ophou nie.

Androclus ·

Wel hy het nie ‘n keuse gehad om homself oor te gee aan die valke nie,anders was hy hardhandig gekom vat,niemand is bo die wet verhewe nie.

Jakez ·

Ek sien geen maskers of “social distancing” in die rent-a-crowd nie…

Cecilia ·

Ons is hier om een ​​van ons eie te ondersteun,” het Vusi Tshabalala, ANC-hoofsweep in die Vrystaatse wetgewer, vanoggend gesê.
So hulle ( ANC staan agter hom want hulle skep ook vd geld stelery.
Wat n flippen grap is d SA v ons.
Ou Ace gaan nog Staats President word! Mark my words

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.