Administrasie-pogings in Tshwane-metro ‘sal beveg word’

Die DA sal enige pogings van die Gautengse provinsiale regering om die Tshwane-metro onder administrasie te plaas, heftig teenstaan.

Volgens berigte wil die Gautengse regering opnuut die Tshwane-metro onder administrasie plaas weens die verlammende staking wat dienslewering die afgelope paar weke lamlê.

Kwena Moloto, woordvoerder van die DA-koukus in Tshwane, meen dit word baie duidelik dat die ANC- en EFF-koalisie in samewerking met belynde vakbonde weer doelbewus probeer om toestande te skep vir die metro om onder administrasie geplaas te word.

“Die Tshwane-metro is vir die eerste keer in jare onder die bestuur van ʼn stabiele koalisieregering wat ywerig werk om die stad se finansiële situasie reg te stel ná jare lange wanbestuur. Hoewel dit waar is dat uitdagings die metro en die kantoor van die burgemeester in die gesig staar, is die huidige regering in Tshwane uiteindelik in staat om hierdie struikelblokke te oorkom. In teenstelling met die vorige wetteloosheid en ongerymdhede in die hoofstad, sien ons nou ʼn desperate provinsiale leierskap wat poog om doeltreffende bestuur te ondermyn.”

Die werklikheid is dat die instelling van goeie regering in die Tshwane-metro nie net wydverspreide korrupsie uitgeroei het nie, maar dit ook onmoontlik gemaak het dat korrupte praktyke voortduur, sê Moloto. “ʼn Doeltreffende regering, veral in die hoofstad van Suid-Afrika, onderstreep wat baie mense al ʼn geruime tyd weet: Die ANC is nie geskik om te regeer nie.”

Die DA het ʼn beroep op die provinsiale regering gedoen om deel te word van die oplossing in die Tshwane-metro deur sy grondwetlike plig na te kom wat vereis dat hy die metro moet ondersteun. “Fokus eerder op hierdie plig as om politiek te speel wat dienslewering strem.

“Sou die provinsiale regering werklik bekommerd wees oor die welstand van Tshwane se inwoners, nooi ons hulle uit om raadsvergaderings by te woon en te kyk watter individue in die pad van die stad se welvaart staan. Hulle sal, soos ons, ʼn onbevoegde speaker vind wat voortdurend sy eie politieke belange bo sy grondwetlike plig stel.”

Volgens Moloto sal die DA geen moeite ontsien om ʼn demokraties verkose regering te beskerm nie. “Ongeag enige onbehoorlike invloed, versteekte motiewe, korrupsie of gewelddadige betogings, bly ons daartoe verbind om die kern van die Grondwet en wettigheid te handhaaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Gert ·

Ek wil die sakke optel, maar waarheen moet ek dit vat? In my sitkamer bêre. My asblik is vol en ek het nog 6 vol sakke!!!!!!!

Delia ·

Gert. Ek bly in Benoni. Behoort aan 2 groepe. Litterbugz en Cleaner Projects. Gaan kyk gerus op Facebook. Bakkies ry die vullis aan na stortingsterreine en ons probeer herwin soos ons kan.

etienne ·

n baie goeie begin sal wees om al die onwettige tenders en prokureurs firmas, uit te skop. dis hierdie kostes aan tenders wat veroorsaak dat die begroting nie klop nie , maar baie in top bestuur glimlag breed.

Republikein in die Wes Kaap ·

Net weer ‘n bevestiging dat die ANC nie mag maklik sal afstaan nie, al moet hul diensaflewering tot stilstand bring.

Althes ·

En die land se finansies in afgrond bestuur. En soos gewoonlik ñ paar uitgesoekte elite wat sorg dat hul eie geldkoffers geld het.

Kobus ·

Doen die Burgemeester niks kla almal. Doen hy wat meeste van hom verwag kla mense ook. Dis uitputtend om na die klakouse te luister en kommentaar te lees.

Patch ·

Ek stem. Vir eens het ons ‘n burgermeester wat nie kniel onder die ANC nie en sy bes doen om al die balle in die lug te hou en al wat mense doen is kla.
Ek wonder hoeveel van hierdie klakouse sal graag die werk van die burgermeester wil doen en binne die eerste jaar Pretoria in ‘n utopia omskep.
Rome is nie in een dag gebou nie mense, niks sal oornag verander en net wonderlik wees nie.
Mnr Brink, jy het my respek. Sterkte met jou enorme taak.

Delia ·

Hou jou binnekring gelukkig, daar waar jy n invloed het. Dan is n mens se lewe beter.

Owlie ·

‘n Goeie begin sal wees om vas te stel wie hits die spul stakers aan en wie betaal hulle om te staak. Tweedens sal dit n goeie voorbeeld wees as die DA privaat mense wat wil werk kry om in te spring en skoon te maak – in areas waar dit veilig is om te beweeg. Dis tyd dat daar bewys word dat slim nue altyd slim is nie

Hendrik ·

Asseblief waar dit moonlik is vir die privaatsetor moet hul met alle mag inklim
Maroela ons sien uit na nuus rakende die hofuitspraak van Afri Fotum en die eff gewelddadige dreunsang.

Althes ·

Ek glo daar is definitief politieke vuilspel wat teen die DA koalisie gespeel word. Dit gaan lankal nie meer oor lone nie. Sterkte DA, wees ñ beter strateeg as jul opponente.

Braham ·

Moet nie opgee nie, hou aan om ‘n doring in die vlees te wees. Dis al die “handsoppers” soos die negatiewe kommentaar van dit wat ons hier sien. Wens ons kan baie meer positief wees. “Aai” jy is een goeie voorbeeld van ‘n negatiewe persoon., na ek jou boodskap gelees het

Andries ·

Sê wat dit is. Die sekere ras sal tot alles in sy vermoë en enige manier moontlik, alles afbreek tot in die grond, maak nie saak wat daarna gebeur nie.

Vonny ·

Ondersteun diè man…!
Nou is DIE tyd om saam te staan.
Hou op sè ons is afhanklik van ANC.
Ons benodig POSITIWITEIT
EN GELOOF IN GOD!!!

Hendrik ·

Tyd dat Tshwane inwoners die huidige koalisie ondersteun voordat die Metro heeltemal vernietig onder ‘n administrateur aangestel deur ANC beheerde Gauteng regering.

Delia ·

Kruisig my maar…maar dis een ding van ons blanke suid afrikaners..ons kan kla. Soms is die negatiwiteit so erg. Ek wonder dan maar watter hoop gee ons ons kinders en klein kinders en hoe praat ons in ons huise oor die toekoms. En ons noem onsself Christene.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons moet almal net eerlik wees wanneer oor die toekoms gepraat word. Positiewe denke werk tot by ‘n punt, dan skop die realiteite in. Gesinne moet geleenthede en bedreigings openlik bespreek. Ook hul sterk en swak punte. Indien nie, leef ons in gekkeparadys.

Frikkels ·

Nou moet julle net vastrap en ontslae raak van die kaders. Julle is op ñ baiemoeilike maar tog die enigste regte pad. Mooi so!

JohanR ·

Kan dit net nie vat dat iemand anders as die ANC of EFF in bevel is!

Hendrik ·

Delia, stem 100% saam. Hd negatiewes is gans te veel en maak die stryd om te oorleef en selfs te oorwin baie moeilik.Ons kinders het positiewe voorbeeld en opvoeding dringend nodig anders is ons SA toekoms tot ondergang gedoem.

Inez ·

Net my opinie…oor die korupte spul in alle departemente – nie net die munisipaliteit nie!
Begin om die lotte in procurement departemente uit te gooi – die hele spul! …daarna…finansies…
Dit behoort al klaar ‘n groot verskil te maak.

Is dit onredelik om te verwag, dat as die DA oorgeneem het, hulle ontslae mag raak van die ANC aangestelde kaders? Vra maar net…

August ·

Dit is niks minder as terrorusme, en die wat met dit te maak het moet tereg staan op terrorusme klagtes, en ook so behandel word. Dit is veregaande dat die stad se infrastruktuur so op gemors word, dit is dade van n terrirus group en hulle(EFF ANC en SAMWU) moet so behandel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.