Advokaat moet verdrinking by bouperseel ondersoek

einde-padwerke

(Argieffoto: Unsplash)

Die Gautengse departement van paaie en vervoer het ʼn senior advokaat aangestel om ʼn onafhanklike ondersoek te doen na die verdrinking van twee seuns naby ʼn padkonstruksieperseel in Mamelodi in Pretoria.

Tony Lawrence Moore (4) en Siyabonga Mabila (7) is van die Kopanong- informele nedersetting. Hulle het verlede Saterdag verdrink in ʼn gruisgat waar bouwerk aan Solomon Mahlangurylaan gedoen word. Die gruisgat is langs die K54 geleë.

Adv. Thomas Bokaba is nou aangestel om die voorval te ondersoek en enige aanspreeklikheid te bepaal.

Die LUR vir paaie en vervoer in die provinsie, Jacob Mamabola, het benadruk dat hoewel die departement die ondersoek gelas het, dit onafhanklik gedoen word en die aanbevelings nét die van die ondersoek sal wees.

“Die departement se rol sal wees om die ondersoeker toegang te gee tot alle materiaal en inligting tot sy beskikking – wat die ondersoeker as tersaaklik beskou – te verskaf. Die departement sal ook help om indien nodig enige materiaal of inligting van derde partye te bekom,” sê Mamabolo.

Hy het die seuns se families vroeër vandeesweek reeds besoek.

Na afloop van die ondersoek sal Bokaba sy verslag aan die departement oorhandig en Mamabolo het onderneem om die aanbevelings daarin bekend te maak.

“Ons wil mense waarsku teen gevaarlike bespiegeling en hulle aanmoedig om te wag op die uitslag van die ondersoek,” het die LUR gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kokerboom ·

Kan ons asb die storie van beide kante hoor! Jammer oor kinders maar klink baie na rassisme sensasie deur kaders met belastingbetalersgeld

Sarel ·

Wat sé die Dept se OHS verslag of is daar nir meer so iets nie. Nou moet die Belastingbetaler weeropdok en dit is nie ‘n storie nie

Porseleintjie ·

Hartseer dat die kinders verdrink het. Solomon Mahlangu is n baie besige straat en beslis nie n plek waar kinders toegelaat moet word sonder toesig nie. My vraag dus waar is die ouers se aanspreeklikheid? Maak dit ook deel vd ondersoek uit?

Chris ·

Dis wat ek nou ook sit en dink. Die polisie het vroër jare die soort goed ondersoek.

Matilda ·

Hoemkom begin hulle nie by die huis ondersoek nie? Die ouers kan seer sekerlik nie kwytgeskeld word nie, hoekom was hulle kleuters in daai omgewing sonder toesig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.