AfriForum dien besware teen grondonteiening in

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. (Foto: Verskaf)

AfriForum het vanoggend sy beswaar teen die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, by die parlement in Kaapstad ingedien.

Die AfriForum-afvaardiging, onder leiding van die organisasie se adjunk-hoofamptenaar Ernst Roets, het die tersaaklike dokumente by die komitee-afdeling van die parlement afgegee, waar ’n amptenaar ontvangs erken het.

Lede van die publiek het nog tot 31 Januarie om kommentaar te lewer op die voorgestelde grondwetwysiging wat kort voor Kersfees gepubliseer is.

Hierdie stap vorm deel van AfriForum se strategie, wat ook die moontlikheid van plaaslike en internasionale hofsake insluit, het Roets gesê.

AfriForum het verskeie besware teen die proses. Eerstens voer die burgerregtegroep aan die ad hoc-komitee wat die grondwetwysiging formuleer, tree buite die mandaat op soos van die parlement ontvang. Die ad hoc-komitee om wetgewing te inisieer en bekend te stel vir die wysiging van artikel 25 van die Grondwet is getaak met die implementering van die wysigingswetsontwerp.

Tweedens meen AfriForum, wat steun op ’n regsmening deur die regskenner adv. Mark Oppenheimer, dat artikels 2 en 39 van die Grondwet oortree word in die gepubliseerde wetsontwerp, omdat dit die besonderhede oor die wysiging van die Grondwet afwentel tot ’n gewone meerderheid van die Nasionale Vergadering.

Roets het gesê AfriForum steun grondrestitusie – waar gemeenskappe of individue binne die bestaande wetsraamwerk kan bewys dat hulle grond verloor het wat by hulle afgeneem is onder die vorige politieke bedeling.

In so ’n geval is AfriForum ten gunste daarvan dat die grond of ’n markverwante bedrag aan die benadeeldes beskikbaar gestel word, het Roets gesê.

Die Europese Hof vir Menseregte het in 2002 bepaal dat onteiening sonder markverwante vergoeding teenstrydig sal wees met internasionale menseregtestandaarde. Die hof het ook bevind dat die gepaste balans van regte en belange oor die algemeen bereik is wanneer die vergoeding wat betaal is aan die persoon wie se eiendom onteien is, redelikerwys verwant was aan die markwaarde daarvan soos bepaal ten tyde van die onteiening.

“Waarteen AfriForum gekant is, is dat grondeienaarskap bloot deur ras bepaal word, of dat aanvaar word geen wit Suid-Afrikaner het grond regmatig bekom nie, terwyl alle swart Suid-Afrikaners grond verloor het,” sê Roets. “Dit is sowel onjuis as ongrondwetlik.”

Die AfriForum-afvaardiging het met die parlementêre verteenwoordiger ooreengekom dat hulle verdere dokumente kan indien sou dit nodig blyk te wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel P ·

Our people steur hulle nie aan feite nie. Die sogenaamde Ubuntu retoriek is n klug en beteken inwerklikheid maar net ander mense skuld my. Geen lokus van beheer nie.

barend v d westhuizen ·

die swart regering veral die anc en eff stel nie belang aan die waar hied nie en hulle stel net in belang waar hulle geld sien maar vergeet dat goed moet onderhou word om geld in te bring die plase wat al gekoop is is 99%tot niet breuk alles af weet nie van op bou nie

Drikus Kotze ·

“en voeg hierdie afdeling by as S25 (3) (a)
S25 (3) (a): Nasionale wetgewing moet, behoudens subartikels (2) en (3), spesifieke omstandighede uiteensit waar ‘n hof kan bepaal dat die bedrag van die vergoeding nul is.” Afriforum behoort ook te vra wat presies die spesifieke omstandighede behels en hoe die howe dit gaan bewys!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.