AfriForum eis antwoorde oor Grace Mugabe

Grace Mugabe, oudpresidentsvrou van Zimbabwe. Foto: ANA.

Die burgerregteorganisasie AfriForum se private vervolgingseenheid eis bewyse van adv. JB Skosana, direkteur-generaal van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, dat sy departement die nodige stappe gedoen het om te verseker dat Grace Mugabe vir vervolging aan Suid-Afrika uitgelewer word. Mugabe is die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe en word vervolg op ʼn klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Mugabe het glo Gabriella Engels, ’n Johannesburgse model, in Augustus 2017 met ’n elektriese verlengingskoord aangerand en ernstig beseer. AfriForum verteenwoordig Engels in die saak.

AfriForum se private vervolgingseenheid het Dinsdag dié versoek in ʼn skrywe aan Madonsela gerig. Dit volg nadat adv. Shamilla Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), die private vervolgingseenheid verlede maand in kennis gestel het dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) reeds in Julie verlede jaar ’n aansoek vir die uitlewering van Mugabe by die departement ingedien het. Die NVG het ook geëis dat hierdie aansoek aan die Zimbabwiese owerhede oorgedra word.

Andrew Leask, hoofondersoeker van AfriForum se private vervolgingseenheid, sê AfriForum wil nou weet of hierdie aansoek formeel aan die Zimbabwiese owerhede gestuur is en of daar enige antwoord daarop was.

“Hierdie saak sloer al sedert 2017 en ons sal aanhou om druk op die regering te plaas om seker te maak dat Mugabe uiteindelik tot verantwoording gebring word vir haar dade en dat geregtigheid vir Engels geskied,” sê Leask.

*Hierdie artikel is gewysig sedert dit oorspronklik op 6 Julie geplaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel ·

Vriend van die Regering …. al word sy uitgelewer sal sy in SA vrygespreek word… kyk masr

Zombie ·

Geagte Piesang nommer 5, en wat doen jy nogal wat van belang is? Behalwe jou diepgaande kommentaar waaroor daar sekerlik lank bepeins is.

Jaco ·

gestel afriforum wen die saak, dan wil ek net graag weet, HOE help dit TALLE gevalle van wit armoede, regstellende aksie, BEE ens ens? Wit mense mag nie eens kospakkies kry nie. Afriforum moet eerder, veral nou dat lockdown teen ons wit mense gebruik word, NET konsentreer op sake wat ons mense direk raak.

Zombie ·

Mens moet hard in die lewe probeer om logiese denke te ontwikkel, sodat die die groter prentjie mens nie ontwyk nie.

Termiet ·

Jaco, hulle doen dit reeds. Indien hulle die saak sou wen sal dit die regering twee keer laat dink om met hulle te mors.

Andries ·

Wel Afriforum is rassisties volgens ons volksgenoot A Basson van M24. Dis seker hoekom Grace nog rondloop. Volgens die Basson kerel is Afriforum ver regs en rassisties. Dis dan seker ook hoekom die Botswana regering Afriform se regsafseling (G.Nel) se hulp ingeroep het ( agv Afrif se rassistiese beleid) teen Basson se ANC kriminele maatjies en helde by name Ramaphoza se skoonsuster.

Hitler ·

Enige iets op papiers beteken absolute niks vir die spul en word deur hulle met veragting verwerp.
Geskiedenis bewys dit herhaaldelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.