AfriForum sal UV-appèl teen taalbeleid-uitspraak teenstaan

universiteit van die vrystaat kovsies

Universiteit van die Vrystaat. Foto: UV, Facebook

AfriForum het Vrydag in reaksie op die aankondiging van die Universiteit van die Vrystaat (UV), dat die universiteit beplan om teen Donderdag se hooggeregshofuitspraak oor die behoud van Afrikaans te appelleer, bevestig dat die universiteit se appèl teengestaan sal word.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is die universiteit se aankondiging ’n teleurstelling. “Die hofuitspraak teen die UV se nuut aanvaarde taalbeleid maak dit baie duidelik dat meertaligheid bevorder moet word. Dit beklemtoon die belangrikheid van respek vir diversiteit, asook die gees van die Grondwet wat erkenning aan alle gemeenskappe gee. Dat die universiteit nou die teenoorgestelde probeer bewys, gaan onnodige spanning en polarisasie aanblaas en is nie in ooreenstemming met die onbevooroordeeldheid en kundigheid wat ’n mens van akademici op tersiêre vlak verwag nie,” het sy gesê.

Bailey het beklemtoon dat AfriForum die taalregte van Afrikaanse studente tot op die hoogste vlak sal verdedig.

Intussen het AfriForum die universiteit deur middel van ’n prokureursbrief versoek om te onderneem dat die nuwe taalbeleid nie in werking gestel sal word terwyl die appèlsaak nog hangend is nie. Indien die bestuur nie hierdie versekering wil gee nie, sal AfriForum die hof met ’n dringende aansoek nader om ’n interdik teen die inwerkingstelling daarvan te verkry sodat geen Afrikaanse student se reg op moedertaalonderrig geskend word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

rudi ·

Nou gaan dit seker na die rasistiese grondwet hof toe en dan gaan hul verloor. Dis die ironie. Alle logika en wet word dan veruil vir liberalisme

doa ·

Ai die UV bestuur bly pateties.Het geen mentaliteit nie net soos Tuks en Stellenb bestuur.

Anti DA ·

En die grap is dit word grotendeels finansier deur Afrikaanse geld??

Zirk ·

Die UOVS bestuur is in ooreenstemming met die ANC beleid, landwyd, in alle instellings. Dit is duidelik so gesê op die onlangse Vryfees op Ruda Landman se program, “Hoe Getransformeerd is ons Universiteite”. Dit laat my net tot die gevolgtrekking kom, dat die regering met alle mag en krag alles wil transformeer en in dié proses GEDWONGE segregasie op almal afforseer. Teen wil en dank. Skoppend en skreeuend. Ons moet glo EEN NASIE word. En ‘n wit Afrikaanse klas, en ‘n swart Engelse klas, is glo teen alle wette van die natuur! So, en ons almal weet uit ondervinding, gedwonge segregasie sal net soos gedwonge apartheid, NIE werk NIE.

Lance ·

Pateties kom net weg daar as jy n lektor is .. dis net n groot gemors !

Danie van Zyl ·

Dit bewys weereens dat `n mens nie die beloftes van Jonathan Jansen kon vertrou nie. Al die afrikaanses wat so bly was toe hy aangestel was, was naief om hom te vertrou. Ek kon duidelik sien dat daar tekens van wraak teen afrikaanses en merendeels blankes sy kop uitsteek.

Kobus ·

Deesdae is dit die norm en die inding om als te bevraagteken. Die regsberoepe blom as gevolg daarvan, maak berge geld. Als word tot die uiterste toe peproef. Uitspraak na uitspraak word bevraagteken, alle paaie word gevolg.

Lyk my Zuma het met al sy koes-en-duik-manier ‘n nuwe tendens in die land laat posvat. Die sake gaan eindig, na dit deur al die howe is, en geappél is, in die Apelhof, en as dit oor grondwetkwessies gaan, tot by die Grondwethof. Kyk nou maar die Oscar saak ook. Oor en oor is dit dieselfde.

Die stelsel is ‘n gemoers van klomp geld en energie. Dit lyk my daar is regters wat nie daar hoort nie, baie, want hul uitsprake bly bevraagteken word. Of dit nou oor politiekery is, of wat dit dryfveer is, en of dit werklik is dat daar met uitsprake fout te vind is. Die land se regstelsel is in ‘n gemors.

John ·

Die eintlike tragedie is dat Afrikaanse mense die rektor van UV ondersteun en sy planne ten uitvoer bring. Die UV tel nie eens onder die 700+ beste universiteite op die aardbol nie en die bestuur poog om dit verder af te wentel. Ons land druk nou al geld en deel dit uit. ID’s vir uitlanders is orals te koop. Die volgende is pasella grade…om waar te gaan werk… met ‘n AU-paspoort… ? Rubberbootjies verniet uitdeel…?

Sarie ·

Jansen is vanoggend op Ontbytsake. Ek sal vanoggend maar my Sudoko speel, want dit sal moeilik wees om daardie jakkals se uitsprake op jou nugter maag te verteer.

John ·

Sarie ek’s ok te besig… moet port gaan koop ea proviant teen die kou… ek praat ok nie Ingels nie…

HEVW ·

Waar geen integriteit is nie, is geen gewete nie. blatante kommunisme word nagestreef. SA was vir dekades die uiteindelike teiken in Afrika en hierdie stryd sal woed tot aan die uiteinde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.