AfriForum steeds hof toe oor ivermektien

(Foto: Andres Larravere/AFP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum beskou die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) se aankondiging – naamlik dat ivermektien op “beheerde wyse” vir menslike gebruik vir die behandeling van Covid-19 toegelaat sal word – as ’n stap in die regte rigting. Die wettige gebruik van die middel is egter uiters beperkend, sê AfriForum. Daarom gaan die organisasie se hofsaak teen Sahpra op 2 Februarie steeds voort.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum, ʼn Pretoriase dokter en twee van sy pasiënte het Sondag ’n dringende hofaansoek gebring teen Sahpra en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, om te verseker dat ivermektien wat vir menslike gebruik ontwikkel is, beskikbaar kan wees sodat dokters dit vir die behandeling van Covid-19 kan voorskryf.

AfriForum het aangevoer dat Sahpra tot dusver nagelaat het om aansoeke van mediese dokters – wat ingevolge artikel 21 van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels gebring is – goed te keur om ivermektien vir die behandeling van Covid-19-pasiënte te mag gebruik.

“Sahpra se aankondiging is ’n stap in die regte rigting, maar bied steeds nie die nodige verligting en sekerheid wat dringend nodig is nie. AfriForum gaan daarom voort met ons regsaksie omdat dieselfde dringendheid en onsekerheid steeds bestaan,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum.

“Mense sterf steeds daagliks terwyl daar ’n medisyne bestaan wat waarskynlik hul lewens kan red.”

Uys sê voorts dat Sahpra se besluit ook ’n toegewing vanaf hul kant is dat ivermektien wat vir menslike gebruik saamgestel is, veilig is.

Dr Boitumelo Semete-Makokotlela, uitvoerende hoof van Sahpra, wou op ʼn vraag oor wat Sahpra se aankondiging vir die hofsaak inhou, nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Die vervaardiger van ivermektien is seker nie BEE compliant nie. Daarom word dit afgeskiet.
Nes die ontsoutingskema wat ‘n entrepreneur aan die Kaapse stadsraad voorgestel het: goedkoop en dit sou al die Kaapse waterprobleme oplos. Maar die nogal DA-beheerde stadsraad het die plan afgeskiet want die entrepreneur pas glo te min BEE en regstellende aksie toe.
In dié anti-wit SA moet mense eerder sterf van honger, dors en Corona, solank al die rolspelers wat aanhou misluk in hulle pogings om probleme op te los, sê velkleur tog net “reg” is.

Johann ·

Daars mos nie n manier wat die ANC iets sal “goedkeur” sonder iets in hul eie sakke nie!

Anel ·

Die middel is al dekades gelede goed gekeur vir menslike gebruik. Dit bestaan al in die vorm en ander lande maak daarvan gebruik. Wat wil die lot nog ondersoek en hoekom wil hulle dit beheer? Is hulle bang mense gaan eerder die goedkoper, getoetste alternatief gebruik en nie hulle onbetroubare inentings nie? En dan maak hulle seker nie so baie geld nie. Vir hulle gaan dit defnitief nie oor mense se lewens nie. Net hulle eie sakke. Hierdie hele virus storie is net daar vir die ANC om geld te maak.

Regverdigheid ·

Hoekom sal hul dit goedkeer as dit mense kan red…. gaan oor geld dis al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.