AfriForum teken appèl aan ná Eskom inligting weerhou

(Argieffoto: GCIS)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Woensdag interne appèl teen Eskom aangeteken nadat die kragvoorsiener besluit het om sekere inligting, wat die organisasie in ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) geëis het, te weerhou.

Die inligting wat weerhou word, hou glo onder andere verband met die prys wat buurlande vir die elektrisiteit betaal wat Eskom aan hulle verskaf.

Volgens AfriForum weeg die openbare belang swaarder as die moontlike skade wat veroorsaak kan word indien die inligting wat nie verskaf is nie, bekendgemaak word.

“Dit is relevant om te weet watter pryse buurlande vir die elektrisiteit betaal wat Eskom aan hulle verskaf, asook die prys van verwante dienste en betalingsvoorwaardes,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake.

“AfriForum, ons lede en die breër publiek het ʼn reg op hierdie inligting en daarom is ons optimisties dat hierdie appèlaansoek sal slaag.”

AfriForum het in Julie vanjaar ʼn Paia-aansoek gerig om inligting te bekom oor aktiewe kontrakte wat Eskom met verskeie diensverskaffers het. Dit sluit steenkoolverskaffers en vervoermaatskappye wat die steenkool aanry in.

Die appèlaansoek benadruk dat Eskom ʼn onvoldoende verduideliking gegee het betreffende die inligting wat weerhou is en ook nie gehoor gegee het aan die betrokke Paia-wet nie. Dié wet is daarop gemik om deursigtigheid te bevorder.

“AfriForum sal voortgaan om vir deursigtigheid in Eskom se besigheidspraktyke en energie-sekerheid in Suid-Afrika te baklei,” het Mostert onderneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

vuurvliegie ·

Dankie Afriforum.
Hoekom moet SA Landsburgers wat belasting betaal ge loadshed word waar ander lande krag goedkoop of verniet kry? Hierdie ander lande kan mos IPP’s self bou vir hulle behoeftes. Nou word die kragtariewe verhoog om ander lande te help dra. Sny hierdie lande se kragtoevoer summier af

Manie ·

Hulle kan gerus vir ons sê hoeveel bankrot Zimbabwe betaal, asook hoeveel hulle Eskom skuld. Die inligting sal sekerlik soos ‘n staatsgeheim beskerm word.

SjN ·

Othou, dit is payback time vir die beloftes deur die kaders gemaak tydens die sogenaamde struggle.

TO ·

Dis ‘n skande ons moet vrek van ellende onder beurt krag en GEEN BUURLAND het beurt krag. Al my familie bly in Namibië

Manie ·

Hulle is seker nog te besig om die boeke te kook, want die finstate is ook nog uitstaande.

skurweberg ·

Engine analisering van die redes sal op niks uitloop. Dis tyd vir optrede nie oorlog nie, maar wettige belasting weerhouding.. Ons kan nie ons koppe elke keer teen dieselfde klip stamp nie.

Papsak ·

Bravo Afriforum dankie dat julle op staan om na ons duur krag ondersoek in te stel hoekom moet buurlande amper niks betaal nie en ons landsburgers moet ons ore van ons kop af betaal dankie baie dankie

Frank ·

According to Eskom’s Integrated Annual Report for 2021, a total of 15 189GWh and 13 497GWh was supplied to neighbouring countries in 2020 and 2021, respectively

Exports In 2020, South Africa exported $667M in Electricity, making it the 14th largest exporter of Electricity in the world.

Danie ·

Ek mag verkeerd wees, maar ek dink dat die buurlande wat wel elektrisiteit kry minder skuld saam het as sommige enkele munisipaliteite plaaslik.

Manie ·

Ek het my bedenkinge oor Zimbabwe en Mosambiek. Namibia en Zambië glo ek sal betaal.

Delia ·

Dankie Afriforum. Noem my naief maar ek het hoop vir SA omdat ons baie sterk burgerlike organisasies het. Iets wat Zim ens ens nie het nie.
Hoop net baie mense sluit aan

domheks ·

Skelm streke deur Eskom. Daarom word alles nie verskaf nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.