‘Wit grondeienaars het ook regte’

dawie-roodt-en-charles-castle-afrisake-grondbesit-2017-04-03

Die ekonoom Dawie Roodt en Charles Castle tydens AfriSake se blitskonferensie oor die ANC se onwettig grondplanne, wat Maandag in Centurion aangebied is. Foto: Reint Dykema.

Die sakeregtewaghond AfriSake het vandag by ʼn blitskonferensie in Centurion oor die ANC se grondplanne aangevoer dat dit al duideliker word dat die regering beplan om grond te onteien. Dit is slegs ʼn vraag van wanneer en of dit met of sonder vergoeding gaan gebeur.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, advokaat Johan Hamman, Charles Castle, bestuurder van AfriSake, en Armand Greyling, regs-en-beleidsontleder van AfriSake, het die wetsontwerp op die regulering van landbougrondbesit tydens die konferensie bespreek.

Die vier kenners het gesê die wetsontwerp sal nie net ekonomiese chaos in Suid-Afrika tot gevolg hê nie, maar ook die land se voedselsekerheid in gedrang plaas. “Dit sal die eiendomsreg van alle grondeienaars – ongeag ras of etnisiteit – beïnvloed in terme van plafonkategorieë vir grondbesit wat Gugile Nkwinti, die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, mag vasstel,” het Castle gesê.

Volgens hom bevat die wetsontwerp verskeie direk diskriminerende voorwaardes en bepaal dat landbougrond sonder vergoeding onteien kan word. Verder is die wetsontwerp vaag en so oop vir interpretasie dat dit die deur vir growwe ongeregtighede wyd ooplaat. “Politici se mees onlangse uitlatings oor grondonteiening is so kommerwekkend dat dit nou duidelik is dat daar geen dispuut meer bestaan oor die kwessie van onteiening nie. As ʼn mens dié uitlatings en die toename in grondgryping in ag neem, is dit duidelik dat die regte van grondeienaars vertrap word bloot op grond van hul velkleur,” het hy gesê.

Roodt het aangevoer dat die ANC-regering hom blind staar teen grond en nie kennis neem van die jongste tendense in die wêreldekonomie nie. “Wêreldwyd word plase groter en produseer meer, maar neem nie noodwendig meer mense in diens nie. Dit is omdat landbou verskuif na die dienstesektor waar tegnologie en spesialisvaardighede ʼn groter rol as die stuk grond self speel. As die regering werklik mense wil bemagtig, moet hulle eerder die kar voor die perde inspan deur mense toe te rus met die soort vaardighede wat tans wêreldwyd hoog in aanvraag is.”

Hy het ook gesê die idee van ʼn plaas as eenmansaak is uitgedien. “In die toekoms sal grond en kommersiële plase deur maatskappye besit word. Individue sal steeds betrokke kan raak deur byvoorbeeld die grond vir die maatskappy te bestuur, maar ʼn ou wat rustig op sy eie plaas boer terwyl hy oor die verte tuur, is beslis iets van die verlede. ʼn Ou wat dit wil doen, moet maar vir hom ʼn klein stukkie grond op ʼn landgoed koop. Kommersieel suksesvolle plase gaan al meer soos ondernemings bestuur word.”

Roodt meen boere kan steeds baie doen om hulle teen die wetsontwerp te beskerm, sou dit goedgekeur word. “Kyk waar jy werklike waarde kan toevoeg en fokus eerder op jou vaardighede as net jou grond. Bestuur jou grond sodat die risiko’s die minimum is vir jou. Kry byvoorbeeld aandeelhouers, registreer jou boerdery as ʼn maatskappy en kyk na ander maniere om jou finansies te bestuur en diversifiseer.”

Hamman het gesê indien die wetsontwerp soos dit tans is goedgekeur word, sal dit verreikende gevolge vir landbou en vrye handel in Suid-Afrika inhou. “Dit is seker ʼn geval van wat is, sal weer wees. Hierdie wetsontwerp bevat baie van dieselfde beperkings op grondbesit as in die destydse grondbesitwet wat deur die koningin van Engeland afgeteken is en sekere rasse van grondbesit ontneem het.”

Volgens Greyling diskrimineer die wetsontwerp op grond van geslag, ras, vrye handel en teen buitelanders. AfriSake het 12 punte opgestel wat verduidelik waarom die sakeregtewaghond met die wetsontwerp verskil.

“Ons sal die konstitusionele hof nader indien die wetsontwerp deur die parlement goedgekeur sou word, want in sy huidige formaat sal die wetsontwerp nie ʼn grondwettoets deurstaan nie,” het Castle gesê. Intussen is AfriSake besig om kommentaar in te samel vir voorstelle van wysigings aan die wetsontwerp. Castle en Greyling het die publiek uitgenooi om hulle kommentaar vir die minister op AfriSake se webwerf te plaas sodat dit ingesluit kan word by hulle finale verslag. AfriSake het ook ʼn versoek aan die minister gerig dat die tyd wat verskaf is om kommentaar te lewer met nog 60 of 90 dae verleng word.

Greyling het vier stappe voorgestel om te verseker dat grondeienaars oor ʼn meer standvastige reg op privaat eiendom beskik:

  1. Wees vertroud met voorgestelde wetgewing, beleidstellings en wysigings aan wetgewing, en maak seker dat jy kommentaar lewer waar en wanneer nodig. Neem deel aan die demokratiese prosesse van die Republiek van Suid-Afrika.
  2. Diversifiseer jou ware regte oor jou eiendom binne die grense van bestaande wetgewing. Win regs- en finansiële raad in dié opsig in.
  3. Word deel van jou plaaslike gemeenskapstrukture en organisasies soos AfriSake of soortgelyke organisasies. ’n Gesamentlike, verenigde front is veel sterker as individuele pogings.
  4. Ondersteun en neem deel aan aksies wat gedryf word deur organisasies wat die grondwetlikheid van onregverdige en diskriminerende wetsontwerpe soos die onderhawige toets.

AfriSake spoor die publiek aan om kommentaar aan die minister by [email protected] of [email protected] te stuur, of kommentaar per hand by Jeff Masemolastraat 184 in Pretoria af te lewer. Die openbare deelnameproses sal op 16 April 2017 sluit. Vir gerief het AfriSake ’n brief voorberei waarby die publiek bloot hul name kan voeg en aan die minister kan stuur. Dié brief en die bygaande kommentaar is op AfriSake se webwerf by www.afrisake.co.za beskikbaar of volg die direkte skakel http://afrisake.co.za/does-white-landowners-also-have-rights/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

18 Kommentare

Skim ·

Ja ek verstaan nie hoekom word WITTES se eiendomsreg vertrap en ontneem word nie. Die ANC gaan tekere oor Apartheid (waar mense van eiendomsreg ontneem is) en so wragtie gaan doen hulle dieselfde. AS jy kla oor Apartheid waar mense sekere regte ontneem is, HOEKOM is dit nou reg as dit met blankes gebeur 20 jaar NA ‘n demokratiese bestel? Verstaan glad nie hoekom dit vir een kleur REG en vir ‘n ander kleur VERKEERD was nie. Daar is so min blankes nog in SA, hoekom mag hulle nie eiendom besit waarvoor hulle GEWERK het nie? Hoekom moet dit weggeneem word en VERNIET vir iemand gegee word wat dit NIE gekoop het nie? Gaan kyk ASB tot wat gebeur nou in Zimbabwe, al die ‘veterans’ wat wittes van plase afgeskop het, word nou SELF afgeskop deur Mugabe se vrou en familie .. so draai die wiel maar, die ou vra nog, wat van my goed wat ek geplant het en my diere ? Wel wat van die wit plaaseienaars se plante en diere het jy gerespekteer 20 jaar gelede? Die gat wat jy VANDAG vir iemand grou val jy SELF more in!!

jaco ·

Dis tyd dat wit mense wat so kla oor onteiening, miskenning van Afrikaans ems and, bitter vinnig stilbly. Hulle gee alle wit mense ‘n “sleg naam”. Uiteindelijk word ons dan almal gestraf omdat ons “reaksionêr is en “gekant teen transformasie”. Die wit mense in Zimbabwe het vir 20 jaar lank stilgebly en lekker gelewe. Toe begin net ‘n paar Hulle stemme dik te maak in die MDC. En wat gebeur toe: Mugabe vat hulle grond af en jaag hulle weg. Hulle kon nog wegkom: maklik 3 miljoen wittes in SA kan nie wegkom nie. So bly net stil. En ASSEBLIEF bly weg van sosiale media af.

Griet ·

jaco, ek verstaan jou vrees. Maar ek is bevrees hulle gaan ons almal ‘terugkry’ maak nie saak of ons stilbly of ‘n bohaai opskop nie. Die regte ding sal wees om aan te sluit by Afriforum… en dan te bid.

Lampies ·

Jaco, dit is van wegkyk en weghardloop dat ons toegegooi word onder rassistiese vergrype. Geen probleem word opgelos deur kop-in-die-sand te druk nie!

JC ·

Dankie julle, julle is die enigstes wat iets doen(met ons Afrikaners se steun).
AFRIKANERS SAL OORWIN EN BOU!!!! ONS SAL AANHOU VEG!!!!
Jaco, ek hoor Swede is wonderlik!

Afrikaanse Knaap ·

Wat is daar nie te verstaan ni? Die ANC is tans die mees rassistiese organisasie in die wêreld, waarvan ek weet.
Daar is geen ander regering in die wêreld wat ek van kennis dra wat diskriminneer gebasseer op ras nie. Hierdie rassisste gaan ons land nog verder in die grond in bestuur.

m ·

Ons het afterall betaal vir die grond. Laat die son oor wittes ook skyn ANC.

Ada ·

Ai ou Jaco, ek is bereid om te veg en jy? Ek gee nie boedel oor nie. Ek het ook ‘n reg in hierdie land. Veg vir waarin jy glo – moenie bang wees nie. M A W Groei rugraat.! Indien nie – sal jy nou al moet plan maak en jou tassies pak – want hier kom probleme en ons kan nie met manne sonder moed sit nie.

AL ·

Ons het regte. Ons het ons grond gekoop – was nie bevoorreg dat die ou regering vir ons elk n stukkie grond mahala gee nie.
As hul wil moan – sue die dooies van toeka se tyd!

jaco ·

Ek sien almal wil so graag veg. Julle zal 1 week veg dan stuur die ANC-regering die polisie en die weermag in. Onthou hulle het nie n tweede wereldoorlog om ook te veg nie, so waar dit vir Duitsland 4 jaar gevat het om 6 miljoen Jode te vermoor, kan die uitmoord van 4 miljoen wit mense hier mínder as 1 jaar duur.

chrisp ·

Jaco.
Vrees is ‘n vieslike ding en oorheers nugter denke.Dit maak dat soldate uit ‘n goed verskuilde posisie reg in vyandelike vuur inhardloop.Dit het gebeur en jy sal ontslae moet raak van jou vrees anders sal dit jou verteer. Soos reeds gese staan op,groei ‘n ruggraat en glo.Dan is die berg nie so groot nie.

Jean ·

Geskiedenis het al oor en oor bewys wat gebeur met n Afrika land voor, tydens en na kolonisasie. Daar is duidelike tekens/tendense wat mens kan volg (bv studente wat in opstand kom ens) en wat in n baie spesifieke volgorde ook plaasvind, waarvan Suid-Afrika sover al die boksies tiek.
Ons sal moet saamstaan en ons stemme laat tel en hoor en als probeer om te verhoed dat hierdie mooi land van ons geplunder word. Hoe?? Ek weet nie,…..maar terwyl ek nie fiesies iewers betrokke is om die saak(e) te beveg nie, ondersteun ek die manne wat dit wel kan doen en het aangesluit by AfriForm. Julle doen n great job!

STAAN BY ·

kom ons bid en vertrou vir ‘n vreedsame oplossing……..maar ons moet ook realisties wees, kom ons wees eerder voorbereid en verwag die ergste, vrouens praat met jul mans, seuns sodat ons ons self reg ingestel kry, ek wil nie oornag betrap word nie, waantoe dan, ek het geen plan. ek het die suidlanders as simpel gesien……….en nou? nou wil ek darem net ‘ plan B hê. en jy my vriend? of daag jy eerder die noodlot uit. ek het so pas my siening verander. ek soek ‘n plan B. by wie? ek sal die keer luister, maar na feite nie fiksie nie, ordentlike plan binne wet.

Spencer Van Der Walt ·

Ai tog! Die boere in Zimbabwe het almal grond regte gehad. Hulle grond wettig besit en wat het dit hulle gehelp? Hulle grond is onwettig weg geneem en kon niemand kon iets daaromtrent doen nie. Wanneer anargie en wetteloosheid oorneem tel geen wette in die wêreld nie!

JC ·

Dis waar Spencer, die kamtige wonderlike grondwet; is niks werd nie.
ONS IS OP ONS EIE IN DIE LOOPGRAWE.

Dup du Plessis ·

Daar is ongeveer 35000 kommersiele boere. Sou al hul eenhede afgeneem word en aan 35000 “opkomende boere” gegee word…..waar laat dit die ander 59 miljoen mense in SA. Wie kry grond en wie nie? Wat gebeur met al die uitstaande paaiemente op die grond (…jammer vergeet dis mos gesteel….) wie gaan dit aan die banke terug betaal? word dit nie gedoen nie sal die hele ekonomiese stelsel in duie stort en as die 35000 opkomende manne nie produseer wat hulle moet nie gaan ons graan moet invoer met’n rand/dollar verhouding wat groot skaalse hongersnood voorspel….en waar daar hongersnood is, is anargie. SA boere behoort op die hande gedra te word vir hul produksie in ‘n baie droe land. Die grond behoort aan almal, gaan net bank toe en leen geld, enige iemand kan en mag dit doen, maar onthou die LENING moet met rente terugbetaal word…..en leen nog ‘n bietjie vir die produksie middele en vir die implimente en vir die vee aankope, maar onthou steeds die LENINGS moet met rente terugbetaal word. Onthou egter net dat die VSA die graanmandjie van die wereld is en hul mielies of bone word met VSA dollars gekoop nie met Zimbabwe zollars nie.

humor ·

Dankie Dup du Plessis baie sinvol wanneer jy die harde feitelike stel. Ons verkeer tans in rommel – status en het R14 00 nodig om een $ 1 00 voedselselwaarde van Amerika aan te koop. Onproduktiewe grond gaan n massa hongermense veroorsaak wat nie net blood voedsel het nie maar ook nie geld het om voedsel te koop nie. Noodwendig sal daar buitelandse lenings aangegaan moet word vir voedselaankope. Leninings sal terug betaal moet word teen n hoer rente, maar met watter geld. Wie verkry dan die mag oor die land? Natuurlik die land aan wie geskuld word. Baie eenvoudig.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.