Afsondering: EFF ‘verwerp’ verslapping van regulasies

(Foto: Andrea Piacquadio/Pexels)

Die EFF het die verslapping van vlak 3 van die afsonderingsregulasies verwerp en sê dit word gedoen terwyl Covid-19-infeksies buite beheer voortduur en gesondheidsinfrastruktuur en -werkers ineenstort.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand aangekondig dat verskeie ander sektore van die ekonomie voortaan ook toegelaat sal word om hul werksaamhede te hervat.

Die EFF het in ʼn verklaring ook Ramaphosa se “betekenislose veroordeling” van alkoholmisbruik gekritiseer en sê dit is dieselfde man wat die verkoop van alkohol te midde van ʼn wêreldwye pandemie weer toegelaat het.

“Ramaphosa se stellings oor alkoholmisbruik, terwyl hy die verkoop daarvan ten spyte van verskeie pleidooie daarteen goedgekeur het, dui op ʼn onsamehangende man wat nie weet wat hy doen nie.”

Die EFF sê Ramaphosa het nie die morele gesag om oor die uitwerking van alkoholmisbruik en die verband met geslagsgeweld te praat nie. “Hy is aandadig omdat hy toegelaat het dat alkohol verkoop word, selfs nadat hy oor die verwoestende uitwerking daarvan op die Suid-Afrikaanse samelewing ingelig is.”

(Foto: Tim Mossholder/Unsplash)

Teen Woensdagaand is 80 412 gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika bevestig en die dodetal staan tans op 1 674.

Die EFF sê sommige dae word tot 2 000 meer gevalle bevestig en soms is daar daagliks meer as 4 000 positiewe gevalle wat bevestig word.

“Ten spyte hiervan het Ramaphosa, wat nou van alle logika afstand gedoen het, besluit om restaurante, fliekteaters, salonne en casino’s te heropen en die afsonderingstydperk wat ingestel is om die verspreiding van die koronavirus te bekamp, prakties beëindig.”

Die EFF sê die besluit is “teenstrydig en irrasioneel”.

“Terwyl Ramaphosa voortstrompel met toegewings aan die eise van witmonopoliekapitaal, ondermyn hy die werklike doelwit van die afsonderingstyd, beperk hy sekere bedrywighede wisselend en het hy in wese die samelewing heropen.”

Die EFF sê die verslapping van afsonderingsregulasies kan net op wetenskap gegrond word en moet in ooreenstemming met ʼn afname in Covid-19-gevalle en -sterftes gedoen word. Die party sê besluite word winsgedrewe geneem en nie om lewens te beskerm nie.

Die party sê Ramaphosa moet dadelik weer die verbod op die verkoop van alkohol instel en die onsinnige verslapping van afsonderingsregulasies staak. Die EFF sê die besluite is wisselvallig, onwetenskaplik en kom neer op volksmoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nie Verbaas ·

Meneer Malema moet hom eerder oor VBS ondersoek bekommer.

Sonia ·

Liewe Malema. Wie gee om wat jy dink? En dan wil ek vir Ranaphosa sê #farmerslivesmattertoo

Willem ·

Liewe Boetie Julius. Jy gee niks om vir ander nie. Die witmonopolie moet jou salaris elke maand betaal en dan is hul geld goed

Fedup ·

Anyone have white paint i can borrow please?
Promise I’ll give it back.

Willie ·

Malematjie, gaan speel met jou draadkar, jy deug vir niks.

Bernard ·

Ag Malema, as jou kommentare en kritiek enigsins iets produktiefs en sinvol was kon jy kommentaar gelewer het maar dit is alles net ‘n spul sinnelose gebrabbel!

Trotse Boervrou ·

Ek gaan nie op papier vaslê wat ek van die EFF dink nie. So mors ek nie ink nie. Die vraag kom egter by my op oor waarom die EFF se betekenislose kritiek die koerante haal? Wie de duiwel gee om wat hulle dink. Hulle speel hierdie lagwekkende politieke speletjie wat niksseggend is, hul nie ‘n tree verder bring nie en hulle kry na my mening hopeloos te veel aandag.

Dries ·

Wel Malema, nie almal het soos jy ‘n Mazotti-geborgde mansion om in te bly, met geen worries oor waar die volgende bord kos vandaan gaan kom nie. Bly jy gerus maar nog lank in afsondering, en hou sommer op tweet ook.

Mariska ·

Nie almal woon in ‘n rykmanshuis in Sandton soos die kaders van die EFF nie. Hoe lank dink hulle kan ‘n land toegesluit bly? Selfs Spanje en Italië, waar die sterftes en infeksies baie erger was, het al weer begin funksioneer. Dit is mos nou bewys dat Suid-Afrika se “lockdown” glad nie gewerk het om siektes te voorkom nie. Die EFF sal dus eerder verkies dat mense sterf van die honger en sonder inkomste, as om te gaan werk? Hulle ook gekant teen alkohol en rook… ek laat my nie vertel geen van die EFF kaders drink en rook nie. Wat ‘n sirkus! Dit is jammer dat mediahuise die klomp hansworse moet blootstelling gee.

JohanR ·

Is hierdie klomp gevangenes op enige manier relevant, of was hulle ooit relevant? Soos om wind af te blaas in ‘n orkaan. Was solank daai beveilde tronk oorpakke, want hopelik kom die NPA en die Hawks sommer gou vir julle!

Jaco ·

Wees bly mense, want solank die EFF vassit met die ANC, word onteiening sonder vergoeding uitgestel.

Jacobus ·

Ek dink om Malema en wetenskap in een sin te noem word ‘n oksiemoron genoem. Slaan dit maar na.

Johanncb ·

Het Mnr Malema ‘n waterdigte plan om die land se ekonomie op te hef? En om die land se mense op te hef?

SomeOne ·

” en kom neer op volksmoord.”,
eff en malema, maak ‘n saak van volksmoord teen anc en cyril

Pieter ·

Ek dink dis dan ‘n briljante idee dat malema en sy maatjies hulle gaan toesluit in hul huise, en vir almal sê veiligheid nooit ooit weer uitkom nie.

Gawie ·

Alles goed en wel – Gaan onse Julius vir al die mense in hierdie bedrywe asseblief ‘n maandelikse salaris betaal? Maklik om te raas as jy in ‘n groot huis bly met genoeg kos op die tafel.
Ek dink onse Julius moet van al sy luukshede én geld afrstand doen vir die volle tydperk wat hy wil hê die inperking moet voortduur. Gee vir hom net die R350 per maand wat werkloses mag kry. Dán sal ons sien hoe ernstig hy régtig is.

Jana ·

Julle kan regtig maar by die huis bly Malema! Niemand gaan julle in die samelewing mis nie.

Hans ·

Die eff wil ook net gehoor word. Hul kan mos nie nou in die parlement n onsamehangende geraas maak nie

Zelna ·

Yes EFF, Malema, says the one who have a vural video doing the rounds, where you and your friends having a party outside in public, drinking alcohol, dancing and smoking and making a noice because half of your friends were drunk. Really, who do you think you are? Whats good for you is good for us too.

Snowball ·

Is oranje binnekort die nuwe rooi….
Hoor julle ook die Valke klop?

Dirk Mostert ·

Laat die kiesers kennis neem dat die EFF nog meer ‘n lockdown party is as die ANC. Dis nie die kamtige pandemie wat die ekonomie verwoes nie, maar die onsinnige inperking. Covid-19 kry net meer reklame as Covid-18, Covid-17 ens. Gemiddeld sterf 50,000 per jaar in S.A. aan griep, longontsteking en TB. Covid-19 is nog ver agter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.