Afsondering laat SA’ners meer eet, minder slaap – peiling

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Kinga Cichewicz/Unsplash)

Die marknavorsingsfirma Ipsos het bevind dat angs, depressie, ooreet en slapeloosheid al meer onder Suid-Afrikaners kop uitsteek te midde van die Covid-19-pandemie. Suid-Afrikaners oefen ook al minder.

Dié plaaslike en internasionale aanlyn peilings is vanaf 7 tot 10 Mei onder 16 000 mense wêreldwyd uitgevoer. Die peiling verteenwoordig slegs die menings van mense wat toegang tot die internet het.

Volgens Ipsos het slegs drie uit elke tien Suid-Afrikaners wat aan sy jongste meningspeiling deelgeneem het, aangedui dat hulle nie aan enige van die bogenoemde toestande ly nie.

Luidens die peiling het 31% deelnemers aangedui dat hulle aan angs ly, 29% het aangedui dat hulle hulself tans ooreet en 25% het aangedui dat hulle aan slapeloosheid ly. Deelnemers is egter nie gedurende die peilings gevra of hulle voor die pandemie aan hierdie toestande gely het nie, het Ipsos bekend gemaak.

Slegs 4% van Suid-Afrikaners wat aan die peiling deelgeneem het, het gesê hulle ooroefen hulself en 7% het aangedui dat hulle minder eet as gewoonlik.

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: nrd/Unsplash)

Altesaam 20% van deelnemers het gesê hulle is tans depressief en 10% het gesê hulle ly aan migraines te midde van die pandemie.

Sewentien persent van deelnemers het aangedui dat hul alkoholinname afgeneem het, terwyl 3% aangedui het dat hulle nou meer alkohol inneem.

Volgens Ipsos het bykans een uit elke vyf (19%) mans aangedui dat hulle minder alkohol verbruik gedurende die algehele afsondering. Dit vergeleke met 14% vroulike deelnemers.

Wat rook betref, het 8% van die deelnemers gesê hulle rook nou meer. Dit steun waarskynlik bewerings dat dit maklik is om onwettige sigarette gedurende die algehele landwye afsondering te bekom, het Ipsos uitgewys.

Die marknavorsingsfirma het ook opgemerk dat vroue meer bereid was om aan die peiling deel te neem as mans. Ipsos het nou tot die gevolgtrekking gekom dat vroue meer geneig is om te voel dat hulle meer onder bogenoemde toestande ly as mans.

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Arek Adeoye/Unsplash)

Volgens Ipsos kan aangeneem word dat Suid-Afrikaners vanaf 1 Junie meer gaan oefen wanneer oefentye nie beperk word gedurende vlak 3 van die afsondering nie. Die marknavorsingsfirma voorspel egter nie dat vlak 3 ʼn invloed gaan hê op Suid-Afrikaners se angsvlakke, depressie of eetgewoontes nie.

Ipsos verduidelik dat Suid-Afrikaners egter nie alleen is in die stryd om goeie eetgewoontes en geestesgesondheid gedurende die pandemie nie. Deelnemers van ʼn globale peiling reg oor 16 lande het aangedui dat hulle tans nie genoeg oefen nie en dat hulle meer angstig is.

“In ’n wêreldwye peiling van meer as 16 000 aanlyn mense, het ongeveer een derde van die deelnemers in tien lande gesê dat hulle minder oefen as gevolg van Covid-19. Dié tendens kom die meeste voor in Japan (38%), Suid-Korea (37%), Italië (33%), China (31%), Mexiko en Rusland (30%),” het Ipsos gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jacobus ·

‘n Kategorie wat nie deur die peiling gedek is nie, is verstommende verbasing oor die onderskating van mense se intelligensie.

Charmain ·

Wat verwag hulle…jy kan nie rook nie, jy kan nie drink nie…wat bly oor ?

Sarel ·

Natuurlik sal hulle mondr oefen want die Gyms is toe. Hoe slim skuif was dit dan prast hulle vsn Gesondheid

Genis ·

Sinnelose opname… mens kannie appels met appels vergelyk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.