Afsondering: Talle in Kaapstad oortree regulasies

‘n Polisiebeampte gaan Vrydag ‘n motoris se besonderhede in Kaapstad na. (Foto: Nardus Engelbrecht, AP)

Talle inwoners van die Stad Kaapstad is Woensdagaand in hegtenis geneem vir oortreding van die regulasies in verband met die tydperk van algehele afsondering. Honderde boetes is ook in dié verband uitgereik. “Tussen Woensdag 18:00 en Donderdag 08:00 is 50 mense in hegtenis geneem vir oortreding van die regulasies van algehele afsondering en 321 boetes is uitgereik vir soortgelyke oortredings,” sê Albert Fritz, minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap.

Fritz sê hy het versoek dat enige drankhandelaar wat drank in die tyd van afsondering verkoop, ʼn boete van R100 000 opgelê word en dat dié se handelslisensie tydelik opgeskort word.

Hy het egter benadruk dat inwoners se reg op waardigheid nie in hierdie tyd opgeskort word nie en dat enige klagtes van brutaliteit deur die polisie of weermag deur die betrokke owerhede ondersoek sal word. “Drie wetstoepassers is reeds geskors nadat hulle glo inwoners van die Kaapse Vlakte verbaal mishandel en geteister het,” sê Fritz. Hy sê die Stad het reeds talle klagtes van mishandeling en vernedering deur die polisie ontvang.

Fritz het weer ʼn beroep op inwoners gedoen om so veel as moontlik tuis te bly ten einde talle lewens te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Petrus Johannes ·

Baie dankie aan Maroela media vir n puik blad Skoon en lekker

marius ·

Die polisie word geteister. Lees wat het die Fillipynse president vir sy nasie gese ….

Pieter ·

Kyk na die video op sosiale media hoe die Italiaanse polisie n arrestasie maak. BJ sal 10 meter in die lug spring van opgewondenheid vir soiets. Nog n saak vir sy ego.

Michael 1 ·

Die afskaffing van dissipline in skole,weermag en polisie eis nou sy tol in n tydperk wat dissipline die verskil tussen oorlewing en dood gaan beteken.

Mieke ·

En so gaan dit in baie dele van die land! Ek laat my nie vertel dat alles nog onder ‘beheer’ is en dat ons oor ‘n paar dae weer onthef gaan wees van die “ lockdown” nie!! Dis die stilte voor die storm!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.