Agt sterf in ongeluk op N1

(Foto: ER24)

Agt mense is dood en talle ander beseer in ʼn busongeluk op die N1 noord van Louis Trichardt in Limpopo laat Maandagmiddag.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici het by hul aankoms op die toneel die bus aangetref waar dit op sy dak langs die pad lê. Verskeie ander ambulansdienste is ook na die toneel ontbied.

Talle beseerdes is na hospitale geneem. Van Huyssteen het nie bevestig presies hoeveel nie.

Die presiese omstandighede van die voorval was nie onmiddellik bekend nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.