Ahmed Kathrada vereer met bronsbeeld

Ahmed Kathrada. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die anti-apartheidsaktivis Ahmed Kathrada is Vrydag met ʼn bronsbeeld by die Maropeng- sentrum by die Wieg van die Mensdom in Magaliesburg, wes van Johannesburg, vereer.

Kathrada se beeld pronk nou tussen dié van ander anti-apartheidsaktiviste soos Nelson Mandela, Winnie Madikizela-Mandela, Albertina en Walter Sisulu, Oliver en Adelaide Tambo en Steve Biko in die Long March to Freedom-uitstalling op die erfenisterrein.

Derek Hanekom, voorsitter van die Kathrada-stigtingsraad, het gedurende die onthulling van Kathrada se standbeeld gesê dit gaan nie net oor dié standbeeld nie, maar ook die res van die indrukwekkende versameling standbeelde wat ʼn lang tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitbeeld.

Hanekom glo dat elke Suid-Afrikaner dié beelde moet besoek, nie net om bloot die versameling te sien nie, maar ook om Maropeng self te besoek, wat as bewys dien oor waar Suid-Afrikaners vandaan kom.

Dali Tambo, hoof‑ uitvoerende beampte van die Nasionale Erfenisprojek, het die versameling van standbeelde as die grootste uitstalling van bronsbeelde van aktiviste vir menseregte in die wêreld bestempel.

Kathrada, die ANC-strydpos, is in Maart 2017 in die ouderdom van 87 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trol ·

Standbeelde en praal mansions vie eue huisvesting, diekan die anc en eff goed doen. Maar vir die land en nasie bou, ag, nee onteiening en herdoop is minder moeite. Al beteken dit nasie afbreek.

ANDRE ·

En na al daai ‘wonderlike’ mense se vreeslike ge ” stuggle’ waar sit ons vandag………….met n verwoesde land ! Hulle het baie bereik.

Haan ·

Alles wat ons as Afrikaners na aan die hart lê word ontken en vernietig, en word vervang met n afgewaterde weergawe van n ryke geskiedenis, waar kriminele voorgehou word as helde, en waar helde die vergetelheid ingestoot word.

“The most effective way to destroy people is to deny and obliterate their own understanding of their history” – Orwell

willem botha ·

Maar al wat n standbeeld moet van die universiteite verwyder word veral as daar vermoed word dat dit dalk die huidige benaadeelde minderhede se geskiedenis kan bevoordeel.

Lizemare ·

“waar Suid-Afrikaners vandaan kom”

Ek weet waar ék vandaan kom en dis voorwaar nie uit ‘n onbewese teorie nie.

Ek het nie nodig om grond te aanbid nie. Geen oerknal uit niks, geen padda na prins verdigsel nie. Geen gegryp na graspolle nie.

Ek is geskape, deur ‘n Skepper wat sy skepping onderhou.

Julle kan jul “Maropeng” en “Wieg vd mensdom” maar aanbid soos julle wil …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.