Al hoe meer eise teen Oos-Kaapse polisie

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Volgens die DA het eise wat teen die Oos-Kaapse polisie ingedien word die afgelope jaar die hoogte in geskiet, met byna R63 miljoen in eise wat gedurende die eerste tien maande van die 2019-’20-  boekjaar uitbetaal is. Dit is reeds R17 miljoen meer as die vorige jaar.

Bobby Stevenson, DA-lid van die Oos-Kaapse wetgewer, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê dié uitbetalings is slegs vir 658 eise wat tot op hede afgehandel is. Altesaam 8 216 eise teen die Oos-Kaapse polisie is egter nog hangende.

Weziwe Tikana-Gxothiwe, LUR vir veiligheid in die Oos-Kaap, het dié syfers in antwoord op ʼn parlementêre vraag bekendgemaak.

Volgens Stevenson kan eise teen die provinsiale polisie verder toeneem te midde van die Covid-19-pandemie, aangesien 18 465 mense in die Oos-Kaap reeds in hegtenis geneem is vir die oortreding van afsonderingsregulasies.

Volgens Stevenson het die LUR onthul dat 1 840 eise gedurende die eerste tien maande van die 2019-’20-boekjaar teen die Oos-Kaapse polisie ingedien is. Dit sluit in 1 166 eise vir onregmatige inhegtenisneming en aanhouding, 54 vir onregmatige soektogte en beslagleggings, 206 vir aanranding deur polisielede, 80 vir skietvoorvalle, vier vir verlies of saakbeskadiging weens polisieoptrede, 104 vir laster en 11 weens beweerde nalatigheid.

Stevenson wys daarop dat R45 miljoen in eise gedurende die 2018-’19-boekjaar uitbetaal is. Eise ter waarde van R2,3 miljard was in dié jaar hangende.

“Die eise skets ʼn prentjie van ʼn polisiediens wat duidelik nie die wet handhaaf en die regte van mense respekteer nie,” meen Stevenson.

Volgens Stevenson behoort die provinsiale polisiekommissaris verantwoordelikheid vir die hoë aantal eise te neem en dit aan die Oos-Kaapse wetgewer te verduidelik. “Die DA is van mening dat die psigometriese toets van lede van die SAPD by werwing moet verseker dat die aangestelde lede ʼn passie het om hul gemeenskappe te dien, eerder as om hulle te terroriseer,” het Stevenson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Burgermeester ·

Dit gebeur as jy polisiebeamptes op straat sit wat nie die wet ken nie. Hulle het seker ook ‘n 30% eksamen slaagsyfer beleid by die Polisie Kollege.

Anoniem ·

Ja meneer Stevenson en die publiek word op hierdie stadium virseker geterroriseer. Neem nou maar die voorbeeld van die vrou wat net gaan draf het. Hoe is sy nie deur die polisie geboelie nie.

Michael 1 ·

Ek dink nie die saps polisie sal ooit beter word nie met n wanabee cowboy/sherrif wat self nog nooit deur n regte polisie college gegaan het nie en in die openbaar die domste goed sê en doen en die dissipline wat afgeskaf is glo ek net in n tuisland waar ons n nuwe polisie mag kan begin met goeie opleiding en dissipline sal werk.

Kokerboom ·

Dis darem fantasties as jy geen aanspreeklikheid aanvaar en so roekeloos met belastingbetalersgeld kan omgaan!!!Tensy drastiese strukturele veranderinge van bo tot onder in polisiemag aangebring word en dit professioneel gemaak word sodat dit nie net ‘n werkskeppingsprojek bly sal die status quo nooit verander. Wonder net waar is die Blanke polisiemanne?

Deon ·

Psigometriese toetse? As en ek meen as, daar sulke toetse geneem word dan sal die persoon wat dit analiseer ook moet weet en verstaan wat hy doen en die persoon wat die aanstellings dan nou doen sal ook moet weet wat die doel daarvan is…. Maar onthou in ons land is daar deesdae nie meer loopbane nie maar wel “jobs”

Gerhard ·

Hierdie tendens sal jammerlik voortduur tot elkeen van hierdie bende-lede in blou PERSOONLIK finansieel verantwoordelik gehou word vir die eis ingestel deur sy/haar onbevoegdheid.

Scalla ·

Hoedeman is seker trots op dit, besef hy nie die eise word betaal agv onbevoegdheid met belastingeld nie.

Tommie ·

Ek stem saam, hulle het nie n idee wat hulle doen nie. Met die slaagsyfer deesdae kan n graad 8 kind n polisie beampte word. Die nuwe verskoning is mos nou Eish!! I did not know. Dan word die koppie gekrap en geskud. EISH!!

Nie Verbaas ·

Jaag die man met die hoed wat geen idee het van polisiering het nie.

lodewyk ·

Wat gebeur as jy wolf skaap wagter maak?? -en die leier van die trop wolwe kyk n ander pad??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.