Algehele ineenstorting van kragnetwerk? Boere berei lankal voor

(Foto: Natsuki via Unsplash)

Georganiseerde landbou is veral bekommerd oor voedselsekerheid en hoe wet en orde gehandhaaf kan word in die geval van ’n algehele ineenstorting van die kragnetwerk.

Kenners hou vol ʼn algehele ineenstorting van die kragnetwerk is hoogs onwaarskynlik.

Boere kan egter nie anders as om snags wakker te lê en planne te beraam vir die moontlikheid dat die ganse land se ligte tóg gelyk afgaan nie.

Die georganiseerde landbousektor is veral bekommerd oor voedselsekerheid en hoe wet en orde gehandhaaf gaan word in die geval van ’n algehele netwerk-ineenstorting.

“Dit is ontstellend dat belanghebbendes in die landbousektor vir min. Thoko Didiza en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling moet smeek vir inligting rakende hul planne om hierdie dreigende krisis te pak,” sê Noko Masipa, die DA se woordvoerder oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Dít terwyl organisasies soos Agri SA reeds besig is om gebeurlikheidsplanne in te stel om landelike gebiede te beveilig sou die kragnetwerk inkonk.

Masipa sê die feit dat die hoendervleisprodusent Astral se verdienste weens beurtkrag met byna 90% getuimel het, beklemtoon net weereens watter groot uitwerking alewige kragonderbrekings op die landbousektor het.

“Hierdie situasie het kwesbare gemeenskappe in Suid-Afrika honger gelaat en hou ʼn selfs groter bedreiging vir voedselsekerheid in.”

In hierdie stadium is die enigste wesenlike steun aan boere die energiefonds deur die Landbank. Alle boere ontvang ongelukkig nie dié ondersteuning nie aangesien nie almal van hulle met die Landbank sake doen nie, sê Masipa.

“Hierdie situasie wek weer kommer oor die potensiële toename in dierekuddes, wat lei tot oorbeweiding op sommige plase en verhoogde veevoerkoste aangesien minder beeste te midde van elektrisiteitsprobleme deur abattoirs kan gaan.

“Die moontlike toename in plae en dieresiektes as gevolg van kragprobleme is nog ʼn groot bekommernis. Tekorte aan entstowwe het reeds gelei tot ’n toename in dieresiektes. Die ineenstorting van besproeiingstelsels lei boonop tot produkte van ʼn swak gehalte.

“Die minister en Eskom moet hierdie dringende kwessies hanteer en aan die nasie verduidelik hoe hulle beplan om ʼn voedselsekerheidskrisis te voorkom sou die kragnetwerk ineenstort.”

Boere maak lankal plan

Argieffoto: Reint Dykema

Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê boeregemeenskappe het op plaaslike vlak al lankal planne begin beraam om paraat te bly. Die planne sluit in nie net die bevordering van landelike veiligheid nie, maar ook maatreëls in die geval van ’n algehele ineenstorting van die kragnetwerk.

“’n Mens wil nie altyd aan die ergste scenario dink nie, maar dit is belangrik dat wet en orde ten alle tye gehandhaaf word. Dít is die kern van alles. Indien dit nie gehandhaaf kan word nie, dan is dit regtig nag.”

Van der Rheede sê die staat se bydrae tot voedselsekerheid is na raming R17 miljard per jaar, waarvan sowat 3% uiteindelik by die land se boere uitkom om kos te produseer.

Intussen beloop die lenings wat die private sektor by finansiële instellings aangegaan het, al meer as R208 miljard.

“Die staat se job is nie om plase te bestuur nie. Die staat se job is om omstandighede te skep waarin die landbou kan gedy. Die staat kan nie sy rug op sy grondwetlike plig draai nie.”

Skrale kans op ineenstorting

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê dit is verantwoordelik van georganiseerde landbou om rampplanne voor te berei.

“By die Solidariteit Beweging is ons uitgangspunt ook dat planne gemaak moet word vir ʼn situasie waarvoor die waarskynlikheid klein is, maar die impak groot.”

Hermann sê die kans op ’n algehele ineenstorting van die kragnetwerk bly uiters skraal.

“ʼn Algehele ineenstorting is byna altyd weens ʼn transmissiemislukking. Dit is ʼn verspreidingskrisis. Dit is gewoonlik as gevolg van ʼn natuurramp, oorlog of sabotasie. Die waarskynlikheid daarvoor is net so groot met fase 0‑ as fase 10‑beurtkrag.

“Dus is hoër beurtkrag nie noodwendig nader aan ʼn totale ineenstorting nie.”

Hermann sê ’n ineenstorting is dus nie die probleem wat dadelik aandag hoef te geniet nie.

“Ons probleem is beurtkrag. Dit lei egter nie noodwendig tot ʼn totale ineenstorting nie. Ons risiko is hoër fases van beurtkrag met reusegevolge.

“Dit alles gesê … ons elektrisiteitstelsel is ʼn gemors weens die regering se ideologie van sentralisme, rasmalheid, gulsigheid en onbekwaamheid.

“As gevolg daarvan het ons beurtkrag. Daaroor moet ons baie kwaad wees. Ons moet egter versigtig wees om nie meer vrees te skep as wat die nare werklikheid reeds is nie. Die werklikheid is erg genoeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Danie ·

Dit moet nou kom en klaar kry dat ons kan begin met ons eie planne.Om aan n been wat reeds vrot is vas te byt gaan jou niks baat nie.Jy moet niks doen om die staat te help nie.Moet nie jou krag koppel aan eskom moet nie n slaggaat regmaak nie moet niks doen wat die staat te ondersteun.Hoe meer ons doen hoe minder doen hulle.

Phillip ·

As daar nie krag is is daar ook nie brandstof wees nie so ons gaan weer trug na die 1800 toe waar perdekarre en perde en koetse was bad onder n donkie

Republikein in die Wes Kaap ·

Alle Afrika lande het direk na uhuru vinnig agteruitgegaan. Party het herstel, ander nie. SA is steeds op pad na rock-bottom.

Nettie ·

Maar soveel mense weier om te besef uhuru is hier, vir SA. Daardie mense in Zambie, Angola, ens. was almal onkant gevang. Selfs wit Zimbabweers het tot die einde geglo: “Nie hier nie.”

Martie Smartie ·

Dr Hermann, ek dink nie u is die kenner wat u uitgee om te wees nie. U verlaat u op wat ander sê en ons het die laaste 30 jaar gesien die ANC het die vermoë om alles, ja ALLES, to stof te vertrap. Ons het dit in Zimbabwe gesien en in ander Afrika lande. As u dink Eskom en die kaderbende kan nie ‘n gemors maak van tranmissie nie, is u naief. En as opwekking weens voordurende onklaar kragstasies en sabotasie en substandaard steenkool in ‘n groterwordende gemors ontaard, gaan dit die oorsaak wees van ‘n ineenstorting van die Eskom kragvoorsiening. So, wees maar spaarsaam met u eie expertise, dis dalk nie so expert as wat mense dink nie. Ek sal u ‘n weddenskap aangaan dat Eskom en die ANC regering van beide opwekking en transmissie ‘n gemors gaan maak, hulle is reeds so 70% daar. Dit lê voor, kyk mooi. En intussen slyp hulle hul tande vir die korrupsie byvoordele vd belaglike 3 skippies plan (three ships) wat nou hulle oplossing is.

Sobymykoolkop ·

Ek is SEKER dat dr. Hermann SAL jou enige dag op enige gebied klop oor wat regtig aangaan. Jou hele relaas is oo aannames gegrond en meesal op jou eie vermoedens. Heelwat waarmee ek met jou saamstem nietemin

Nettie ·

As hulle geweet/geglo het wat regtig aangaan, Sobymykoolkop, het hulle jare terug al begin om ‘n eie staat vir ons te bewerkstellig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoekom dit nie reeds gebeur het nie bly ‘n misterie. Maar die waarheid sal nog uitkom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hermann moet maar positief bly ter wille van sy volgelinge. In sy kop weet hy dis neusie verby.

Nettie ·

Ons sal maar ‘n vleisie op die kole gooi daai dag! (As ons nog vleis oor het en in vrede gelaat gaan word om dit te eet….)

Goldy ·

Dr Herman is ontelbaar wyser as ander leiers, en hy doen, praat nie net nie, en ons kort meer mense soos hy wat uiteindelik meer doen as net kla. Wat hulle sal moet besef is dat dit onmoontlik is om saam te werk met onversoenbare groepe, dit het nooit en sal nooit kan werk nie, en selfbeskikkingsonderhandelinge is die enigste oplossing. Hoe vinniger daarmee vrede gemaak word en aan die gang gebring word hoe beter, terwyl ons nog grond het, daarsonder is ons niks.

Goldy ·

Ek hoop boere berei ook voor vir selfregeringsonderhandelinge wanneer die kaders hulle grond gaan wil kom vat, of massas bendes toesak en polisie gaan weier om in te gryp.

Republikein in die Wes Kaap ·

Boere is reeds besig om geleenthede in ander lande te ontgin. Daar is baie geleenthede in Rusland, Braslië, Mexiko en Kanada. En Oekraïne se landbou moet ook herbou word.

Nettie ·

Die oplossing is nie vir alle boere om te vlug nie, Republikein. Ek stem saam met Goldy. Tyd dat ons ons SELF begin regeer. Skud die juk van die onderdrukker af.

Goldy ·

Nettie praat waar. Boere gaan nie grond verniet daar kry nie, en hulle sal daar net n gas bly tot die volgende regime hulle afgooi. Kyk wat in b.v. Paraguay en Mosambiek gebeur. En geen rasionele mens wil n bate soos n plaas hier verloor nie, dit terwyl die minderhede plek nodig gaan he om na te vlug.

Nettie ·

“Dit is gewoonlik as gevolg van ʼn natuurramp, oorlog of sabotasie.”

Maar DIT is reeds ons bekommernis, Dr Hermann! Daar’s mos hoeveel mense, selfs die president SELF, wat erken het dat heelwat van die ineenstortings van eenhede is JUIS agv sabotasie.

Al wat dit nou kort, is ‘n gekoordineerde aanval en voila… totale ineenstorting. Spreek Solidariteit DIT aan of is dit nou ook sommer net ons wat onnodig vrese skep?

Cherokee ·

Nettie, die president beweer dit is deur sabotasie, slegs omdat hy nie onbevoegdheid wil erken. Sabotasie is daar beslis, maar onbevoegdheid is die werklike basis van die hele probleem.

Pieter ·

as die netwerk val, gaan dit n week of twee wees, dan kom die honger massas, vir jou huis en plase as al die winkels geplunder is. Daar sal totale anargie uitbreek in SA

Andre ·

Ons moet maar agter die kap van die byl kom om te sien wie trek die toutjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.