Alkoholverbod: Minstens 27 boetiekbier-brouerye het reeds gesluit

Argieffoto (Foto: Marcelo Ikeda Tchelão/Pixabay)

Die bierbedryf maan die nasionale koronavirusbevelraad (NCCC), wat vandag vergader, om die verbod op die verkope van alkohol op te hef. Dié verbod is reeds van 28 Junie van krag.

Die Biervereniging van Suid-Afrika (Basa), wat Heineken Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) en die Boetiekbiervereniging van Suid-Afrika verteenwoordig, sê in ’n verklaring die verbod moet opgehef word om ʼn algehele ineenstorting van die bedryf te voorkom.

“Jongste beramings dui daarop dat die vier keer wat die verbod ingestel is, ondernemings gedwing het om hul deure vir 161 dae lank te sluit. Minstens 248 759 poste is in gedrang en dit kos die land se BBP sowat R64,8 miljard. Hierdie syfers neem nie in berekening die onlangse plundery van drankwinkels en -verspreiders in KwaZulu-Natal en Gauteng nie, waar R500 miljoen se alkohol op die onwettige mark beland het en 332 ondernemings verwoes is.”

Wanneer dit kom by die bierbedryf, is die boetiekbierbedryf veral swaar getref deur die verbod. “Sedert die begin van die afsonderingsperiode het 27 boetiekbier-brouerye reeds permanent hul deure gesluit en nog 31 brouerye is op die randjie om te sluit indien die huidige verbod sal voortduur.”

Alhoewel die regering onlangs die Werkloosheidsversekeringsfonds (WFV) se Covid-19-Ters-fonds beskikbaar gemaak het aan ondernemings in die alkoholbedryf, is dit te laat vir dié mikro-brouerye, wat die afgelope 16 maande geen finansiële bystand ontvang het nie.

“Die sluiting van hierdie brouerye beteken dat honderde mense hul werk verloor en dit is ʼn ernstige knou aan die boetiekbier-gemeenskap wat die afgelope paar jaar uitstekende groei beleef het. Dié gemeenskap help om die bierbedryf uit te brei en bied ʼn groter keuse aan verbruikers.”

Basa het Donderdag, saam met die Verbruikersgoedereraad van Suid-Afrika (CGCSA), die Liquor Traders Association of South Africa (LTASA), National Liquor Traders Council (NLTC), die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa), die Suid-Afrikaanse drankhandelsmerkvereniging (Salba) en Vinpro (wat klein wynvervaardigers verteenwoordig), die NCCC skriftelik versoek vir formele konsultasie voor pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Sondagaand.

Lede van die bedryf benadruk hul toewyding om seker te maak dat alle verkooppunte en instellings streng aan Covid-19-regulasies en gesondheidsprotokol sal voldoen om die veiligheid van klante te verseker. “Die NCCC het ongelukkig nie formeel op dié versoek reageer nie en die regering het tot dusver ook nie die data vrygestel waarop die besluit, om sedert Maart verlede jaar vier keer ʼn verbod op die verkope van alkohol in te stel, gebaseer is nie.”

Basa, saam met ander lede in die bedryf, sal ʼn Paja (die Wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid)-aansoek binnekort by die NCCC indien vir die data. “Ons kan eenvoudig nie in die duister gehou word deur die regering oor besluite wat die langtermyn volhoubaarheid van ons bedryf raak of die lewensbestaan bedreig van die een miljoen mense wat daardeur ondersteun word nie.”

Basa hou vol dat die aandklokreël, ʼn verbod op groot byeenkomste, sosiale distansiëring, die verpligte dra van gesigmaskers en ʼn omvattende entstofprogram eerder die manier is hoe lewens en mense se lewensbestaan tydens die pandemie gered kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Juffrou ·

Hulle het GEEN benul wat hulle aan die arme mense se voortbestaan doen nie. Alles moet totaal vernietig word sodat hulle sakke gevul kan word.

Tanniepetoors ·

Die geklike drankverbod moet ent kry. Ons hele land gaan ten gronde omdat NDZ nie weet hoe om ‘n glasie wyn te geniet nie of dalk dronkaards in haar familie het.

Anel ·

Of om haarself met onwettige handel te verryk, soos met die tabakverbod.

Pitbul ·

Toe ek drie weke terug komentaar gelewer het was ek uit gehaal met n gros af duimpies. Toe was daar mooi aan my verduidelik hoe ver dit vat vir n motor om te stop.( net n vergelyking wat gebruik was) ek sal maar ongelukkig vier personeel lede die slegte nuus moet mee deel die einde van die maand. Maar wie. My hart gaan uit na al my mense wat “saam” my werk.

Kokerboom ·

Hierdie drakoniese wetgewing deur die Bevelsraad( so kommunisties) lê geen diskresie aan die dag en gaan ekonomie in afgrond vernietig. Die aandklokreel keer in elk geval wangebruik van alkohol

SwartBees ·

Meskien in jou area. In ander areas is dit business as usual met al die reels by die deur uit.

Francois Le Cochon ·

Kokerboom, wat in SA gebeur, gebeur reg oor die wereld. Sommige lande het selfs strenger maatreels, en die ANC het heen invloed daar.

Samuel ·

Ek glo nie CR, NDZ en andere in die bevelsraad gee om oor die breë alkohol bedryf nie. Hul doel is seker om die ekonomie totaal ten gronde te rig.

Francois Le Cochon ·

Skoppensboer, wat n sinnelose kommentaar. Vriende van ons se gesonde 28 jarige dogter is aan covid oorlede 2 dae nadat haar eersteling vroeg gebore was met n keisersnee.

Louis ·

Tweeede zimbabwe is oppad. Als te danke aan n onbevogde regering. Wat ook eers n paar dae gewag het voor hy bdgin plan maak het met die gestroopery. En so word die boere se plase ook al afgebrand en die boere vermoor net soos dit in zimbabwe gegaan het

JohanR ·

En hier het ons gedink na Jacob Zuma gaan Cyril Ramaphosa ‘n verskil maak. Hy is net Jacob Zuma, maar met soe bietjie meer breins….soe bietjie gevaarlike breins!

JohanR ·

Was dit nie die ANC se plan sedert 26 April 2020? Seker ‘n paar ANC ministers wat nou spog wyn plase soek. As die soe aangaan sal daar binnekort ‘n paar op die mark wees. Agter, of is dit voor Cyril loop daar ‘n ander gedrog. Die se naam is Nkosazana Dkamini-Zuma!

Moeggeploeg ·

Hulle het nie aandele in drankbedryf nie. Daarom gee hulle nie om nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.