‘Alle leidrade ondersoek’ ná NWU-dosent se dood

Rudi van de Venter (Foto: NWU)

Die polisie in Noordwes sê hy doen ʼn deeglike ondersoek nadat ʼn dosent aan die Noordwes-Universiteit oor die naweek in ʼn sloot geval en gesterf het.

ʼn Sekuriteitsbeampte het Saterdag omstreeks 06:00 op Rudi van de Venter (48) se liggaam afgekom. Hy het vermoedelik deur die loop van Vrydagnag of die vroeë oggendure van Saterdag in die sloot geval.

Van de Venter was verbonde aan die departement van onderwys en het in Wiskunde doseer.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het vroeër gesê daar word aan die universiteit se waterpypleidings gewerk en daarom is die sloot op die kampus gegrawe. Dit is onduidelik hoe Van de Venter in die sloot beland het, aangesien dit met net toegespan is.

Volgens Maroela Media se inligting is Van de Venter vroeër die aand in Oukraal, ʼn restaurant op die dorp, gesien. Hy het na verneem word sy skootrekenaar by hom gehad.

Konst. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het gesê in dié stadium lyk dit nie of Van de Venter se skootrekenaar gevind is waar sy liggaam ontdek is nie. Sy het gesê dit vorm deel van die geregtelike doodsondersoek wat die polisie na die voorval doen.

“Die polisie sal alle moontlike leidrade ondersoek,” het Botma gesê.

Begrafnisreëling vir Van de Venter is nog nie gefinaliseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

m ·

Ek stem, iets is nie pluis nie. Sterkte aan sy naas bestaandes.

Studentinrou ·

Uiters hartseer. Ek hoop dat dit deeglik ondersoek sal word. Indien daar vuilspel verbonde is, moet daardie persoon die ergste straf moontlik kry. Rudi was die heel beste dosent waarvoor enige student kon vra. Hy het soveel gehad om die wêreld te bied. Uitstekende vakkennis en ‘n kritiese denker met ‘n goeie hart. Rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.