Inligting oor Fredi Nest se gedenkdiens is Maandag bekend gemaak. Dit word Donderdag om 11:00 by die NG gemeente Valleisig Garsfontein, oos van Pretoria, gehou. Die kerk is geleë op die hoek van Tipperary- en Mayostraat in Faerie Glen.
Die publiek is welkom om sy gedenkdiens by te woon.
Maroela Media het Vrydag berig dat Nest vroeër die oggend in ʼn ouderdom van 56 oorlede is ná ʼn kort stryd teen kanker. Hy is Dinsdag in ʼn plaaslike hospies opgeneem vir behandeling.
Nest is in Mei vanjaar met ʼn breingewas gediagnoseer, waarna hy onmiddellik met behandeling by die Steve Biko Akademiese-hospitaal begin het.
Volgens Tania Fourie, woordvoerder van Select Musiek, het die kanker vinnig na die res van sy liggaam versprei en was medici dit eens dat dit te veel was om te verwyder en dat sy prognose uiters sleg was.
In ʼn huldeblyk-artikel vir dié geliefde Pretoriase sanger skryf Daantjie Dinamiet dat Nest sonder twyfel een van ons land se voorste kunstenaars was en sy afsterwe is ’n enorme verlies vir die plaaslike musiekbedryf.
My hart is nog rou en stukkend oor sy heengaan. Hy laat beslis ‘n groot leemte in ons Afrikaanse sang bedryf, sang kunstenaars en al die Suid Afrikaaners. Sterkte aan Fredi se naas bestaandes, familie en aanhangers.
sterkte aan Freddie Nest se familie ons dink aan julle ons gaan hom baie mis hy was n persoon duisend baie opreg
‘n Hartseer dag vir Suid-Afrikaanse musiek. Fredi Nest sal beslis gemis word. Sterkte aan sy familie, jul is in ons gebede! XXX
Vir my was dit ‘n harde slag met die nuus van Freddie Nest. Al my medelye vir sy familie en vriende wat hom persoonlik geken het. Ek het hom een keer sien optree. Suid Afrika verloor een van die beste verhoog persoonlikhede wat ons gehad het.
So hartseer, was altyd ‘n vrolike, opgewekte en opregte mens gewees. Baie sterkte aan sy familie en almal wat lief was vir hom. RIV Fredi ons gaan jou baie mis.