Almal wil ʼn huisie by Umhlanga hê …

Umhlanga-lugfoto (Foto verskaf deur Seeff)

Die eiendomsmark in Umhlanga vaar uitstekend, aldus Brett Botsis, Seeff se lisensiehouer vir die gebied. Die jaar 2021 was ʼn rekordjaar en volgens Lightstone-data is R3,2 miljard se transaksies in die 12 maande voor einde September aangemeld – teen ʼn gemiddeld van R4,4 miljoen.

Sedert die aanvang van die pandemie was daar ʼn beduidende toename in eiendom in die R5 miljoen tot R10 miljoen-klas. Botsis sê daar was die afgelope jaar ook sowat 23 duurder transaksies, hoofsaaklik in landgoedere soos The Executive en Izinga. Twee eiendomme is vir meer as R20 miljoen in Izinga verkoop.

Seeff-agente Anni en Warren Eisele het reeds R60 miljoen se transaksies vanjaar hanteer. Dit sluit eiendom in die San Marina-kompleks in vir R12,5 miljoen.

Volgens Botsis was die pandemie ʼn groot hupstoot vir die eiendomsmark in Umhlanga met kopers van veral Johannesburg.

“Umhlanga is ʼn vooraanstaande enklawe en al hoe meer binnelandse kopers en sakelui semigreer hierheen. Umhlanga is naby aan die lughawe en selfs met ʼn motor is dit slegs ses ure se ry vanaf Johannesburg,” sê Botsis. “Buiten dat dit ʼn uitstekende residensiële gebied is, is dit ook ʼn gewilde vakansiebestemming en daar is ʼn groter aanvraag na tweede tuistes.”

Volgens hom is Umhlanga saam met gebiede soos die Atlantiese kus en Plettenbergbaai die gewildste gebiede vir welgestelde kopers en eiendom bly ʼn goeie belegging. “Waarde het jaarliks die afgelope vyf jaar met sowat 6% toegeneem. Daar is ook ʼn sterk huurmark, ʼn aantreklike voordeel vir kopers wat in ʼn huurbelegging belangstel.”

Alhoewel kopers tradisioneel in die ouderdomsgroep 36 – 49 jaar is, is daar ʼn toename in jonger kopers wat tans sowat 27% van onlangse transaksies verteenwoordig.

Woonstelpryse strek van ongeveer R1,6 miljoen tot net meer as R2 miljoen by The Breakers-oord. Anni en Warren Eisele sê dié kompleks is ʼn uitstekende vakansiebelegging, omdat daar ʼn groot aanvraag is na huureiendom en dit bied uitstekende geriewe soos swembaddens, ʼn tennisbaan, putt-putt, restaurant en meer. Groter eenhede word vir tussen R2,4 miljoen en R3 miljoen verkoop.

Botsis meen meenthuise is ook ʼn goeie belegging in die prysklas R3 miljoen tot R3,6 miljoen in byvoorbeeld Kindlewood-landgoed.

“Daar is ook ʼn keuse van luukse eenhede wat vanaf R4 miljoen te koop aangebied word. Dakwoonstelle is ook in groot aanvraag soos die dakwoonstel by Pearls of Umhlanga vir R39,5 miljoen en die 817 m²-dupleksdakwoonstel by Oyster Schelles vir R35 miljoen. Albei bied ʼn hoogstaande leefstylervaring met ʼn see-uitsig so ver as wat die oog kan sien.

Sekuriteitslandgoedere en deeltiteleiendom naby aan die strand is ook in groot aanvraag. Luukse huise verkoop gemiddeld vir tussen R5 miljoen en R9 miljoen en superluukse eiendom vir tot ongeveer R24 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lillian ·

Daar is niks so lekker soos ‘n see vakansie nie! Ek mis die see ongelooflik baie, wens ek kon daar gaan bly

Elize ·

Genugtig! Ek hoor dan elke dag dat almal so swaarkry in hierdie land. Waar kry hulle daardie miljoene om sulke blyplekke te koop? Daar is geen tekort in hierdie land nie maar tref net die arme werker op voetvlak. Moet asseblief nie kom sê dat dit pensioengelde of beleggings is nie. Het ook belegging gehad en het amper helfte verloor deur die klomp skelms met die verskoning van “inflasie”. Baie bekende groep wat se naam met “M” begin.

Leon ·

Umhlanga se hoofstraat lyk deesdae soos ‘n groot News Café: al die BEE benificiaries hang daar uit.

Cherokee ·

……jealousy makes you nasty. Dan moet jy maar in Pofadder gaan bly.

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Eiland van rykdom omring deur armoede en verval.

Perdeby ·

Ek glo ongelukkig nie dat daardie area ‘n vakansie is nie, gaan Wes Kaap toe dan was jy met vakansie.

Leana ·

Perdeby ek stem saam, mens kan nie vakansie hou waar jy stad eenkant van die pad het en die anderkant see nie. Beste vakansies in die Weskaap veral Weskus, rustigheid vir die siel.

quartus ·

Met die onlanse verwoestende reen en vloede sal ek nou nie juis geld bele in die Kwa-Zulu Natalse kus nie.

Cherokee ·

Dit reën oral. Het jy gesien hoe het Sydney gelyk onlangs? (nie Sydney Sweeney nie, Sydney Australië).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.