Alternatief vir staat se landboumeesterplan gesoek

Anders as die staat se meesterplan sal die alternatiewe plan oop wees vir deelname, ook van individuele boere en ander vennote in die waardeketting. (Argieffoto: Verskaf)

Sommige staatsamptenare, landbou-ondernemings, vakbonde en die ANC is dalk opgewonde oor die landboumeesterplan (AAMP), maar op grondvlak kry dit die wind van voor onder boere en instellings wat hulle verteenwoordig.

In ʼn gesamentlike verklaring van Saai en TLU SA, sê hulle organisasies met duisende lede, waaronder TLU SA, Saai, Wildbedryf SA (WRSA), die werkgewersorganisasie Neasa, sowel as talle akademici, wetenskaplikes, opposisiepartye, ekonome, plaaslike en distrikslandbou-unies en individuele boere wat die plan verwerp het, werk nou saam om ʼn “meer inklusiewe, markvriendelike en staatsbestande alternatiewe meesterplan te ontwikkel”.

Die landboumeesterplan is onlangs onderteken en het gemengde gevoelens uit die bedryf ontlok. Dit is spesifiek en gedetailleerd en word uit sommige oorde minstens as ʼn vertrekpunt vir die bedryf bestempel.

Hoofbesware teen die plan is dat dit mank loop aan inklusiwiteit, sê Rossouw. Dit gebruik ook die ANC se gediskrediteerde transformasiemodel as grondslag – en byna nêrens word daarna na boere verwys nie.

“Dit is ʼn landbouplan sonder boere.”

TLU SA het vroeër al gewaarsku dit sou ʼn fout wees om die plan af te teken, ook omdat dit swaar steun op transformasie van die landbousektor.

Die organisasies sê nie een van die ondertekenaars van die AAMP kon tot dusver sê waarom vakbonde en nie-regeringsorganisasies se insette in die plan gevra is, terwyl geen bydrae van sommige van die grootste boerestrukture, werkgewersorganisasies, bedryfsliggame en ekonome bekom is nie.

Theo de Jager, voorsitter van Saai, sê die meesterplan skep die indruk dat die ANC dit as ’n transformasiestrategie opgestel het en later welwillende organisasies in die landbou gaan soek het om daaraan legitimiteit te gee.

Ook Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê ten spyte van die goeie ekonomiese beginsels wat daarin vervat is, is die plan gekontamineer met uitgediende ideologiese beginsels wat wêreldwyd nog net armoede en hartseer veroorsaak het.

TLU SA is aanvanklik by besprekings van die meesterplan betrek, maar is weggelaat nadat die organisasie duidelikheid gevra het oor die definisie van “transformasie”.

Die organisasies sê anders as die staat se meesterplan sal die alternatiewe plan oop wees vir deelname, ook van individuele boere en ander vennote in die waardeketting.

Dit sal uiteindelik aan die ondertekenaars van die staat se meesterplan voorgelê word om te bepaal presies wat hulle probleem met ʼn meer inklusiewe en markvriendelike alternatief is.

  • Boere kan hul insette tot ʼn alternatiewe plan hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Burgermeester ·

Elke keer as die woorde, ‘staat’, ‘ANC’ en ‘meesterplan’ in een sin voorkom, kan jy virseker weet dit gaan in niks goeds opeindig nie.
Voor die ‘duim-af’ brigade toesak, wys my enige iets wat die ANC gedoen het wat nie op ‘n mislukking uitgeloop het nie.

H.A. ·

Watter meestersplan het die anc gehad toe hy die land verniet gekry het ?. Beslis nie om te bou nie maar af te breek, so voertsek.

Henri ·

Ek verstaan nie. Op enige gegewe oomblik is duisende hektare kommersiële landbougrond te koop in Suid Afrika. Vir enige iemand om te koop, ongeag velkleur. Solank die geld reg is.

Enige boer, wit, bruin of swart, loop die risiko om bankrot te speel. Kyk net hoeveel plase word maandeliks opgeveil.

Boer, of landbou, is nie maklik nie en geen meesterplan kan dit makliker maak nie. Maak nie saak wat jou velkleur is nie.

Politiek maak alles net moeiliker.

Bart-Man ·

Hulle raak opgewonde oor iets waarvan hulle geen benul het nie. Hulle raak oor die algemeen opgewonde oor enigiets waarvan hulle nie n benul het nie. Fluister net die woord “Transformasie”

Manie ·

Die staat sit met miljoene hektare onbenutte grond, die zulu koningkryk besit ook meer grond as wat hulle kan benut, neem daarvan en verkoop aan voornemende boere wat goeie potensiaal het om ‘n sukses daarvan te maak. Veewagters met 20 bek en klouseer beeste en 30 Newcastle siek hoenders kwalifiseer nie as boere nie.

Frank John ·

Boere moet betrokke wees by boere aangelede. Nie politesie nie, hulle wil net kyk waar hulle kan skep. Dis nou geld. Ons poletisie is net betrokke om geld te vat wat hul nie toe kom nie.
Boere gee hulle vat nie.

annie ·

Daar is tevore gepraat van koöperatiewe boerderye waar die staat landheer is, soos eeue gelede, en die werkers bloot staatsamptenare. Kommuniste sal die plan lief want so sal slinkse werker net sover verdien as flukses en saam die staat afdreig. Wanneer oeste misluk sal hul seker ok bereid wees om saam op ‘n hoop te loop lê en uitdood van honger. Seer seker sal daar wel wit voorbokke opspring wat alles wat ANC onderhandelaars belowe vir 1994-soetkoek op sal eet voor die eie ondergang hul inhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.