Amptenaar vas oor diefstal van 51 horings  

Foto bloot ter illustrasie (Geskep deur KI, Dall-e)

ʼn Amptenaar van die Noordwes-parkeraad is Woensdag in verband met die diefstal van 51 renosterhorings in dié raad se hoofkantoor in hegtenis geneem.

Die voorval het in Junie verlede jaar plaasgevind. Die 48-jarige amptenaar is die derde verdagte wat sedertdien vasgetrek en aangekla is.

“Hy is by sy werkplek in hegtenis geneem na afloop van ʼn ondersoek wat hom met ʼn diefstalvoorval by die Noordwes-parkeraad se kantoor op 26 Junie 2023 verbind,” het Tinyiko Mathebula, die Valke se woordvoerder, Donderdag gesê.

Die verdagte sal vandag (Donderdag) in die Mmabatho-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklag van sakeroof.

Sy vermeende medepligtiges, Elias Mangande en Lefa Mankgaba, is reeds in Julie verlede jaar in hegtenis geneem.

Mankgaba is op borgtog vrygelaat terwyl Mangande in aanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig dat die renosterhorings uit die owerheid se kluis gesteel is. Die polisie het destyds gesê die boosdoeners het veiligheidswagte ontduik en boonop die kluissleutels in die hande gekry om dit eenvoudig oop te sluit en die opgepotte renosterhorings te buit.

Volgens inligting wat die DA kort ná die voorval ontvang het, was die alarmstelsel glo afgeskakel en die veiligheidskameras in die gang verwyder.

Daar is dus uit die staanspoor vermoed dat iemand in die kantoor moontlik by die misdaad betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Kan nie verstaan hoe daar so baie KRIMINELE orals in poste aangestel word nie! BBBEE is die GROOTSTE oorsaak, solank die persoon se ras reg is, is die res nie van toespassing nie

SjN ·

Was toe reg deur te se dat dit inside information was, viva bbeeee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.