Amsa-hoë doodgeskiet

Peet Snyders (Foto: LinkedIn)

Peet Snyders, hoof van ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se kooksaanlegte, is Woensdagaand onderweg huis toe in sy motor in Vanderbijlpark doodgeskiet.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê Snyders (47) was by die hoek van Delphos- en Hertzboulevard toe vier gewapende mans in wit klapmusse uit ’n groen voertuig met ʼn onbekende registrasienommer geklim en verskeie skote op sy motor afgevuur het.

Snyders is noodlottig gewond.

Die motief vir die moord is in dié stadium onbekend. Die polisie is intussen op die spoor van die verdagtes.

Tami Didiza, woordvoerder van Amsa, het die voorval in ’n verklaring bevestig en gesê die maatskappy sal nou saam met die polisie werk om te verseker dat diegene verantwoordelik vir Snyders se dood, daarvoor boet.

Snyders het in 2019 weer by Amsa as hoof van die kooksaanleg aangesluit nadat hy vir ’n ruk in Spanje gewerk het.

Hy word oorleef deur sy vrou en twee kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre ·

Baie hartseer. Dit is my Buurvrou se skoonseun, het hom al ontmoet.

JM ·

Moord, moord, moprd … so sinneloos en onnodig. Dit het die afgelope tyd mode geword om iemand in sy kar dood te skiet.

Christi ·

Het op ‘n ander forum gelees hy was hoof in die afdeling by Mittal waar die ongeluk plaasgevind het so paar weke gelede

Rooikoos ·

Het seker dissipline toegepas op our people en toe raak hy n teiken

Andries ·

Hy het seker op iemand se tone getrap en hul het nie daarvan gehou nie.

Strandloper ·

Waar gaan alles eindig? Niks en niemand is meer veilig nie. Sterkte aan die families

john ·

Dit is mos hoe afrika sake doen kan hulle nie wen op n eerlike manier word geweld ingespan kyk maar na die taxi oorloe. In n beskaafde land groei hulle besighede deur beter diens en meer kompeteernd te wees. Hier word die kompetisie eenvoudig vermoor.

Danie ·

Peet Snyders is die hoof van al die kooksaanlegte (3) in Suid Afrika nie net in Vanderbijlpark nie. Die hoof van die kooksaanleg in Vanderbijlpark rapporteer aan Peet.

Tania Heyns ·

Dagsê Danie, baie dankie vir jou kommentaar.

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete, Tania nms Maroela Media

JohanR ·

Die polisie sal eers in 2035 besef dit is ‘n huurmoord! Eskom se André de Ruyter moet mooi loop en ry sodat ons nie van hom hier eendag lees in die verlede sin nie. Sodra jy “waves” begin maak dan word jy geteiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.