Die hooggeregshof in Oos-Londen het Maandag ʼn dringende aansoek wat die uitslag van die ANC se verkiesingskonferensie in die Oos-Kaap daag, van die hofrol geskrap.
Die aansoek, wat deur vyf ontevrede ANC-lede gebring is, wou ʼn tussentydse bevel bekom om die agtste provinsiale verkiesing uit te stel totdat beweerde dispute ten volle opgelos is. Die lede voer aan hulle is onwettig uitgesluit en het nie ʼn regverdige geleentheid gehad om hul appèl aan te teken tydens die konferensie nie.
Chaos het Saterdagaand by die provinsiale konferensie uitgebreek en minstens agt afgevaardigdes is beseer toe ANC-lede handgemeen geraak het oor ʼn meningsverskil oor die getuigskrifte van afgevaardigdes.
ʼn Aantal afgevaardigdes het ná middernag uit die konferensie gestorm en beweer dat hulle met stoele en “ander gevaarlike voorwerpe” aangerand is deur ondersteuners van die voormalige provinsiale sekretaris van die ANC, Oscar Mabuyane.
Mabuyane is intussen by die konferensie verkies as die party se provinsiale voorsitter. Hy het 931 stemme ontvang teen Phumolo Masualle se sewe stemme.
Regter Belinda Hartle het Maandag gesê die aansoek is nie behoorlik voor die hof ingedien nie en die respondente se regte is geskend. “Die respondente moes ten minste ʼn geleentheid gehad het om ʼn kort reaksie op te stel.” Hartle het ook beslis dat die aansoekers die koste van die aansoek moet betaal.
Mag ons naïef hoop dat dit die begin is van die ANC se eie medisyne van anargie wat die ANC self uit mekaar skeur? Soveel van selfsugtige magsbeheptheid is SA deesdae die rol model van.
Van die een delema na die volgende en so gaan dit om en om