ANC misbruik munisipale busse, sê DA

Argieffoto ter ilustrasie. (Foto: http://upload.wikimedia.org) 

Die DA het Maandag gesê hy is nie oortuig deur die ANC se verskoning oor waarom honderde van Zandile Gumede, die Durbanse burgemeester, se ondersteuners glo met munisipale busse aangery is om verlede week aan ʼn optog deel te neem nie.

Die busse is verlede week gebruik om ondersteuners, onder wie verskeie ANC-raadslede, by die Durban-Noord-strand af te laai waarna hulle na die regerende party se provinsiale kantoor in die stad opgeruk het.

Die ondersteuners het daarop aangedring dat die besluit om Gumede op verlof van 30 dae te plaas, onmiddellik teruggetrek moet word. Dít volg nadat die burgemeester van korrupsie en bedrog aangekla is wat verband hou met ʼn tender van R208 miljoen.

Nicole Graham, die DA se eThekwini-koukusleier, het gesê die ANC gebruik gereeld munisipale busse om mense rond te rits nes dit hulle pas.

Volgens Graham het Transnat, ʼn konsortium wat die busstelsel in eThekwini bedryf, nie die munisipaliteit betaal soos ooreengekom of enige bewys van betaling verskaf nie.

Die DA het Dinsdag ʼn skrywe aan Sipho Nzuza, die stadsbestuurder, gerig en antwoorde oor die kwessie geëis. Nzuza het die navraag aan die stad se finansiële hoof, Krish Kumar, gestuur, maar het nog geen terugvoer ontvang nie, het Graham gesê.

Volgens Graham het ʼn ondersoek getoon dat 49 busse, waarvan tien van die Umlazi-depot en 39 van die Ntuzuma-depot is, gebruik is om die ondersteuners aan te ry. “Soos gewoonlik is [die busse se] gewone roetes en pendelaars agterweë gelaat vir die ANC se onthalwe,” het Graham gesê.

Graham beweer dat Transnat nou weier om die name van diegene wat die busse gehuur het of besonderhede oor enige betaling vir die busse te verskaf.

Volgens Graham behoort die busse aan die munisipaliteit. Die busse moet dus gebruik word om veilige en doeltreffende openbare vervoer vir die inwoners van die stad te bied, nie om ANC-lede rond te karwei nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PJ ·

Ai die anc darem sien n polisie hoè word selfs begelei met staats onkoste wonder nou net of die man die pad byster geraak het

Magda ·

Ja nee – gedink ou rampie was te goed om waar te wees- ANC is nou maar deur en deur korrupt.

Christa ·

Hulle misbruik alles wat hulle mahalla kry . Hulle lewe om te kan toy toi. Geen wonder hulle kry nie werk nie. Niemand soek klomp moeilikheidmakers nie

Frm ·

Haha dan wil Steve he hulle moet spring maar dit is ons wat spring.

ne ·

As hulle so goed kan werk soos wat hulle toi-toi dan was SA voor in die koor.

Gert van Wierdapark ·

In ons huidige Kakistokrasie is dit mos: “Anything Goes”!!

hercu ·

SA het die grootste sirkus in die wêreld met die hoogs betaalste groep clowns in die arena, waar absoluut niks gebeur nie, behalwe vir gewelddadige misdaad, moord, lieg en bedrieg!!

fred ·

abdoluut reg on die Hetcu…jammer ons betaal vir hierdie goed..

Michelle ·

Ongelukkig misbruik die Anc alles hul mag mos, dit is nie net die busse nie, dit is staat voertuie en vliegtuie noem maar op die geld kas en tjekboek word ook misbruik of is dit nou Eft of kredietkaart.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.