ANC na ombudsman oor ‘wit stemme’-berig

Ace Magashule (voor). Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die ANC sê hy sal ʼn klag by die Persombudsman indien oor ʼn berig wat die afgelope naweek in City Press verskyn het met die opskrif “We don’t need white votes”.

Dakota Legoete, waarnemende nasionale woordvoerder van die ANC, sê ná deeglike oorweging het die party besluit om hom tot die persombudsman te wend “in die lig van die ernstige en uitgebreide wanvoorstelling” deur City Press.

“Sulke roekelose optrede kan nie goedgekeur of onbetwis gelaat word nie. Die ANC is ʼn voorstander van persvryheid en die onpartydigheid van die media. Roekelose, kwaadwillige en bevooroordeelde verslaggewing is egter ʼn ernstige bedreiging vir die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van die media,” sê Legoete.

Die berig in die City Press het gekyk na die moontlikheid dat wit kiesers vir die ANC kan stem in die lig van die sogenaamde “Ramaforia” – ʼn positiewe sentiment rakende Cyril Ramaphosa se verkiesing as president. In die berig word Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, aangehaal dat die ANC nie sy hoop plaas op die kleur van kiesers nie.

“Ons hoop is nie gegrond op kleur nie en daarom kan mense nie sê dat wittes hierdie keer ANC gaan stem asof swartes nié vir die ANC gaan stem nie,” word Magashule in die berig aangehaal.

Die ANC meen om die berig te plaas onder die opskrif, “We don’t need white votes”, is ʼn kwaadwillige en opsetlike wanvoorstelling van Magashule se woorde.

“Die sekretaris-generaal van die ANC het beklemtoon dat die ANC ʼn demokratiese organisasie is en dat sy ondersteuning nie gegrond is op kleur nie. Comrade Magashule het daarop gewys daar is progressiewe, demokratiese wit mense wat vir die ANC sal stem. Hy het egter die voor die hand liggende en feitelike stelling gemaak dat die meeste Suid-Afrikaanse kiesers mense is wat voorheen onderdruk is – swartes oor die algemeen, en spesifiek Afrikane.

“Hy het daarna opgemerk dat dit nie sin maak in terme van die heersende objektiewe toestande in Suid-Afrika om te dink wittes sal oor die algemeen vir die ANC stem nie. Die aanhaling [soos in die City Press-berig vervat] wys duidelik dat comrade Magashule nie gesê het die ANC het nie wit stemme nodig nie. Die ANC het elke stem nodig, wit en swart, en ons is dankbaar vir enige ondersteuning wat ons van enige Suid-Afrikaner ontvang, ongeag kleur,” het Legoete gesê.

Hy het bygevoeg in die aanloop tot die verkiesing is dit waarskynlik dat Suid-Afrikaners blootgestel sal word aan bevooroordeelde, selektiewe en misleidende beriggewing en selfs fopnuus. “Ons doen ʼn beroep op kiesers om paraat te wees en nie toe te laat dat hulle mislei word deur sulke onetiese joernalistiek nie.”

Legoete sê in die belang van deursigtigheid sal die ANC sy klag by die persombudsman as ʼn saak van dringendheid hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

willem Botha ·

Dit klink vir my na die vuilspel wat die politieke partye hulle gewoonlik skuldig aan maak so voor n verkiesing omgekeerd sal dit definitief “rassisme ” genoem word

honourable member ·

Ag whatever. Is daar regtig wittes wat vir hulle wil stem?

Hennie ·

Ja, papbroeke en persone soos Melanie Verword of Piet Croucamp

Ronel ·

En lamsakkige Carl Niehaus. Soos hy bedremmeld daar op die foto staan. Sjym kyk hoe ongelukkig is hy met sy mondhoeke wat al afwaarts trek.

Koos Marais ·

Ronel, wat vertel jy my nou … ek dag al die pad dis grapjas Leon.

Estelle ·

O genade, hoe lekker lag ek nou oor die voorstanding van persvryheid. Hoe gaan die gesegde…we ain’t got a lot of money but we sure do have a lot fun….LOL!!

Lollie ·

Enige regsdenkende persoon, wit of swart, sal nie ANC stem nie. Wat bied hulle enigeen wat goed of positief is? Algehele duisternis, peperduur bestaan, vat jou taal, onveilig in jou eie huis, eenrigting rassisme…………… Hoe baie kan ons nog hierby voeg? Dankie maar nee dankie ANC. Julle het ń goeie kans gehad om hierdie land ń paradys te maak en dat die ” reënboognasie” saam kan bly en werk maar julle het julle kans verbrou.
Ons soek ń regering wat aan ALMAL dink en ALMAL onder dieselfde kam skeer. Indien julle hierdie moordenaars, verkragters en all krimenele vasgevat het sou dit al klaar beter gegaan het. Verwoesting en agteruitgang is al wat ons burgers nou ken.

Pinkie ·

Die pers het seker iemand anders in die ANC aangehaal wat gespreek het wat hulle almal dink.

SjN ·

Wil vir Ace net in kennis stel dat my stem nie vir hulle sal tel nie.

ChrisE ·

Wat ‘n sotlikheid om eerstens sulke aannames in ‘n korant te plaas. Ek dink naas die Amerikaanse pers is die pers in Suid Afrika die swakste ter wêreld.
Die vraag by my kom net op, watter regdenkende, nugter, ten volle bewuste wit mens sal in elk geval vir die ANC wil stem. Jy sal ‘n verskriklike groot skroef in jou klapperdop moet los hê, indien jy dit net oorweeg.

Jacques ·

Waar n rokie trek is n vuurtjie , die berig sal net geplaas word sonder rede nie .

Robert ·

Nie noodwendig nie, die berig oor die boek van malan en barend wat sogenaamd met die seuns gelol het was toe louter twak. Moenie alles glo wat die media publiseer nie baie van dit is net sensasie

Boer ·

Afrikaanse politici word daagliks valshede toegedig. As dit eenmalig gebeur moet die pers ombudsman onmiddelik optree? Belaglik!

Lou Pretorius ·

As hulle nie die wittes nodig het nie, dan het hulle sekerlik ook nie ons belasting geld nodig nie.,

@ANC ·

waaroor moan hulle? Nie asof hulle wit stemme sou gekry het nie…..

Boet Fasie ·

Ons gaan nie ANC of DA stem nie want hulle is soos vinkel en koljander , die een is nes die ander.

Johanna Botha ·

Wel jy moet jou kop laat lees as jy anc stem …alles ja net mooi ALLES waaraan hulle vat is n gemors …Eskom saa sauk poskantoor denel prasa petrosa sap en life Esedimeni 56 MOORDE N DAG ! ….ag noem maar op …ek wil niks weet van die korrupte anc wat die land op n skinkbord weggegee het aan die guptas en GEEN mens is nog vervolg nie ….ons het regtig ook nie die anc nodig wat verder ook net verdeeltheid onder mense saai en gladnie minderhede wil of kam beskerm nie !

Gert van Wierdapark ·

Die man doen nie naam gestand nie! Van kaartspel weet hy ook seker maar min want jy speel nie ‘n “Joker” as ‘n A die aangewese kaart is nie. Die koerant het sy “bluff” geroep en nou soek die a en see hulp by n “om-boets-man!

humor ·

Ek kan sommer in die man agter in die ry se gesig sien ons sal nooit vriende kan wees nie.

Johanna Botha ·

Carl is n hot steamy mess wie wil nou met so n slap lunsriem assosieer …net anc sal hom n werk kan gee dis presies waar hy hoort …soort soek soort ????

Ma ·

Nie een van daai narre lyk baie happy ni. Hulle ruik seker ń vrotspul

Max ·

Ek sal in elkgeval. Ie vir ANC stem nie. Nog meer armoede, krater paaie, krag onderbrekings, gruwel moorde. Stem. Hoekom soek hulle nog ons geld.

Hendrik ·

Vir ‘n verandering is die ANC nogals reg hier oor iets. Net jammer hulle geniet byna konstant die voordeel as nuusagentskappe ongebalanseerd verslag doen Afriforum en Afrikaners in die algemeen. Laat ons geen illusies hê nie – die media is ‘n besigheid wat geld maak deur aan sy lesers te gee wat hulle soek. In SA, die VSA en die hele wêreld deur. Maroela media natuurlik uitgesluit ;-)

Sean ·

Die anc moenie kom gatkruip by die witstemme nie Ons word uitgewis en gedruig deur eff en blf en vermoor op die plase Help die regering ons enigsins???? My stem gaan VF+ toe en klaar

O aarde ·

Ek sien nou eers dis ou Carltjie wat daar staan. Dag dis ‘n boemelaar of een of ander straatslaper. Ek wonder of hy al al sy uitstaande skuld hier in my tuisdorp vereffen het?

Ag Shame ·

Dear ANC,
For all the injustices you bring to innocent white children born after 1993 who are not allowed to have tertiary education in their country (for free), for white people who are the last preference for any BEE company to employ them not because they aren’t qualified enough but because they are white, for all the discrimination against white people who were not responsible or a part of apartheid and for labeling our children as being “white privileged”, for all the times we have to hear you refer to what you refer to as “our people” and know that we are NOT a part of “your people”, for all the hatred you spread among all South Africans and last but not least: for allowing our farmers to be murdered and not to do anything about it…. guess what? WE WILL NOT VOTE FOR YOU, NOT NOW NOT EVER! Viva corrupt ANC, VIVA

Niel ·

ek dink ANC skerm maar net vir hulleself… siende dat VF+ na die kieshof is rondom blf wat gespesifiseer het in hulle grondwet dat hulle nie blankes se stemme soek nie.

Magda ·

Dis belaglik om te dink dat dit ooit eers n opsie is. Totaal absurd. Die ANC is gemors en BLF en EFF net hul radikale ANC faksies. Dis al. Ek stem vir Die Stem. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.