ANC-raadslid doodgeskiet in KZN

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn ANC-raadslid van die eThekwini-munisipaliteit is Dinsdagmiddag by sy huis in Umlazi in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Dit is die tweede ANC-raadslid wat binne die afgelope twee maande in dié provinsie vermoor is.

ʼn Onbekende aantal aanvallers het Dinsdagmiddag op dié bejaarde raadslid, Bhekithemba Phungula, in sy huis toegesak en hom doodgeskiet.

Phungula se kantoor is in Mei 2016 aan die brand gesteek nadat hy genomineer was om weer as raadslid vir die munisipale wyk 84 in die plaaslike regeringsverkiesing te staan.

Mxolisi Kaunda, burgemeester van die eThekwini-munisipaliteit, het Phungula se moord veroordeel en gesê sy dood laat ’n “groot leemte”. “Sy skielike dood is ’n skok vir ons almal en dit is hartseer om so ʼn waardevolle leier en toegewyde dienaar te verloor,” het Kaunda gesê.

Kaunda het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie te help sodat die skuldiges so vinnig as moontlik vasgetrek word. “Ons vra dat enigeen met inligting oor die voorval na vore kom,” versoek Kaunda.

Dié voorval volg na Philip Mkhwanazi, ANC-raadslid van die Mtubatuba-munisipaliteit in KwaZulu-Natal, verlede maand ook doodgeskiet is. Hy is deur twee aanvallers oorval en doodgeskiet.

Die aantal moorde op politieke figure het die afgelope dekade in KwaZulu-Natal toegeneem. ANC-raadslede wat in die aanloop tot plaaslike regeringsverkiesings gestaan het, het veral deurgeloop.

Die Moerane-kommissie oor politieke moorde het bevind dat baie van die moorde gepleeg is as gevolg van kandidate wat gekies of herverkies was tydens ʼn regeringsverkiesing, sodat hulle toegang kon kry tot winsgewende staatstenders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fedup ·

Condolences to his family.
But. Don’t they see why this kind if things are happening. The anc is not that popular anymore.

Francois ·

En hoekom is dit nou hoofnuus. Daagliks word boere doodgemaak en almal se niks daaroor of geen polosie mag word gebruik soos nou om die misdadigers te kry nie want white lifes dont matter in this country

ronel ·

Ek kan sien hoe dit al hoe meer gaan toeneem, mense is moeg vir die ANC se diktatorskap en sal dit uithaal op die naaste persoon wat hul verteenwoordig, dis hartseer vir die gesin van die man, maar ongelukkig was hy in die posisie om ‘n teiken te word

Hettie ·

O hoekom nie skrik vir boere wat baie vermoor of wreed aanval, nie!!!!!! Kyk na boere en mense wat in dorp bly of enige plek wat vermoor of wreed aanval, nie alleen ANC nie

BoerSonderRoer ·

Another day, another farmer and KZN politician murdered.

These two jobs must be the most dangerous in the world.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.