ANC ruk op oor eNCA-maskerdebakel

Lede van die ANC betoog buite eNCA se kantoor in Johannesburg. (Foto: ANC/Twitter)

Die herrie oor die eNCA-maskerdebakel woed voort en talle ANC-lede het Dinsdag na die uitsaaier se onderskeie kantore opgeruk om teen beweerde rassisme by die maatskappy te betoog.

Verslaggewer Lindsay Dentlinger is die afgelope paar dae skerp gekap en van rassisme beskuldig nadat sy glo swart mense met wie sy ná verlede week se begrotingsrede onderhoude gevoer het, versoek het om hul gesigmaskers op te sit.

Dentlinger het oënskynlik nie vir onder andere dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gevra om dit ook te doen nie.

Sy het in ʼn onderhoud op eNCA verduidelik Groenewald was die eerste persoon met wie sy ná afloop van die begrotingsrede ʼn onderhoud gevoer het.

“Mense wil nie hoor dat dit ʼn fout van my was om hom nie te vra om ʼn masker te dra nie. Dinge werk anders tydens die Covid-19-era. Gewoonlik sou ek vervaardigers by my gehad het wat mense sou kry om onderhoude mee te voer en wat verseker die mense is gereed vir die uitsending.

“Dit gebeur nie in ʼn pandemietyd nie.”

Dentlinger sê Groenewald het glad nie ʼn masker by hom gehad nie.

“Ek is ʼn joernalis. My instink is om vrae te vra; deurdringende vrae om die antwoorde te kry wat ons kykers wil hê. Ons wil soveel moontlik uiteenlopende menings kry. My eerste instink was nie om te dink dat hy nie ʼn masker dra nie.”

Sy het toegegee dat sy nie in daardie stadium die uitsaaier se maatskappybeleid gevolg het nie en het om verskoning gevra vir enige oneerbiedigheid. Dentlinger het ook gesê sy sal eNCA kans gee om sy ondersoek na die gebeure af te handel.

In Johannesburg het lede van die ANC onder leiding van sy adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, voor die uitsaaier se kantoor betoog as deel van sy “landwye veldtog teen die vlaag van rassisme in Suid-Afrika”.

In ʼn memorandum aan eNCA sê die ANC hy is gewalg deur Dentlinger se “rassistiese gedrag” en die eNCA-bestuur se verklaring daarop waarin hy die “beledigende en laakbare gedrag probeer regverdig en verskoon”. Die ANC eis onder meer dat dié verklaring teruggetrek word.

Die regerende party het ook sy misnoeë met eNCA se hantering van die gebeure te kenne gegee.

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, tydens die betoging. (Foto: ANC/Twitter)

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, het dieselfde verklaring deur Norman Munzhelele, besturende direkteur van eNCA, asook John Bailey, besturende redakteur, verlede week as ʼn “klap in die gesig van Suid-Afrikaners” beskryf. Die UDM het die kwessie reeds by die Menseregtekommissie aangemeld.

Die IVP-LP, Mkhuleko Hlengwa, weier op sy beurt om enige onderhoude aan eNCA toe te staan tot die uitsaaier se bestuur met hom vergader. Hlengwa was een van diegene wat deur Dentlinger gevra is om sy gesigmasker te dra.

Selfs pres. Cyril Ramaphosa het gesê hy was omgekrap oor die voorval.

Sbu Ngalwa, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), het gesê die media moet erken as hy foute maak en nie diegene wat kritiek lewer daarvan beskuldig dat hulle kwaadwillig is nie. “Joernaliste is nie verhewe bo kritiek nie.”

Ngalwa het eNCA se aanvanklike verklaring oor die voorval as “ongelukkig” bestempel en gesê dit het die volwassenheid gekort wat die situasie benodig. “Dit is nie nou die tyd vir ons om ons koppe in die sand te druk en op die verdediging te wees nie.”

Die ANC sê hy neem kennis van Sanef se opmerkings en dat die forum ʼn sterk standpunt teen eNCA oor die saak moet inneem.

Hy eis onder meer dat die uitsaaier sy verslaggewers en bestuurslede vir opleiding in menseregtekwessies stuur, asook ʼn verbintenis van eNCA dat hy nie rassisme in sy eie geledere sal duld nie.

Die uitsaaier moet binne sewe dae op die lys van eise reageer.

Munzhelele het volgens News24 later gesê die maatskappy word nie in ʼn vakuum bedryf nie, maar werk in ʼn samelewing en moet ʼn bydrae lewer om die land te bou.

“Ons moes na al die feite kyk en ʼn beslissing neem. Ons is nie op die verdediging nie. Ons is aanspreeklik aan mense en aan ons gehoor. Die verklaring [wat vroeër uitgereik is] kon beter gewees het. Ons kon ons ondersoek vinniger gedoen het en ʼn verklaring uitgereik het,” sê Munzhelele.

Hy sê hy aanvaar aanspreeklikheid en eNCA sal “volgende keer beter vaar”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anel ·

Dat mense nou so tekere kan gaan oor ‘n verpestelike masker. Ek weier ook om die ding te dra. As jy nie naby my wil kom nie, is dit jou probleem.

Genis ·

Laat Genis dink aan n regte ANC optog… Voor skree almal: “Huma Rights!!!”, in die Middel: “Electric Lights!!!, heel agter skree almal: “Bicorn Bites!!!”…. Nou ja toe…

Blikkantien ·

Die eenogigheid is om van te stik! – die“vlaag van rassisme” in Suid-Afrika. Ja, soos die rassisme wat deur die ANC nagejaag word om alles wat blank is, te probeer vernietig en te ondermyn.

Leana ·

Dit is regtig jammer ‘n mens kan nie sê wat jy wil sê nie , maar die ANC en EFF raak regtig nou afgesaag met die selfde deuntjie oor en oor sing.

Willem ·

Begin by jul eie deure betoog. Vat eers die rassisme by die ANC en Malema weg dan kom kla jul oor een fout wat iemand herken hy gemaak het

Gert ·

Maar as die Swart Regering openlik Rassisme vir hulle eie gewin goedkeur is dit reg, dis nou swart bemagtiging, net swart toerisme wat fondse kry onder andere. Ja sy het ‘n fout gemaak niemand is perfek nie. Die ANC mors al 27 jaar op.

Johan ·

Masker dra skend jou reg op uitdrukking. Wie de hel dink enige een is hul om vir ander mense voor te sê wat hul aan hul lyf moet dra. Hoe seker is julle dat dit nie jou gesondheid benadeel om die ding op te hê nie? Dra jy dan nou maar twee maskers as jy onveilig voel….stupids.

Onnie ·

Maybe the eNCA must try and be less white…
Stuur julle joernaliste vir opleiding by Coke

Lian ·

Skynews het ‘n joernalis vir 6 maande geskors oor Covid oortreding . Maaaaar ons gaan van honger dood en moet eerder daarop konsentreer. Waar is die regrukmaartreels , Mr President ?

Kokerboom ·

Ek wonder wat is vergoeding per uur se werk vir hop, skip en jump? Kan nie te sleg wees aangesien so baie altyd opdaag.Dis nou werkskepping

Johann ·

Dis wat jy doen om.die aandag van jou eie onwettige korrupsie af te trek!

Nie Verbaas ·

Gaap…..gaap nog en nog. Minderwaardigheid bly maar n siekte. BLM? Maar hulle moor mekaar daagliks uit. Verstaan hulle wat beteken die woorde “lives matter”?

Mariana ·

Die woord rassisme wat aan als gekoppel word, walg my nou ook al. Hulle skree vinnig Black Lives Matter maar Wit Lewens Matter ook. Daar is konstant ‘n heksejag op wittes. En dan is dit juis die rassiste wat so rassisme skreeu. ALLE LEWENS is belangrik nie net een groep sn nie. Dit raak nou bietjie afgesaag. Maar dit is mos nou wat in die wêreld aangaan.

Barend ·

En op regerings toesprake waar daar TV kameras is word die maskers afgehaal voor hulle begin praat. Selfde verskil.

Dup ·

Die regerende party en sy kaders het net een item op hulle agenda: Val die “witheid” aan met mag en mening!

Pietertjie ·

Hulle slagspreuk moet eerder lees “NO TO WHITENESS”. Hulle aksie is teen Blankes, nie teen rassisme nie, want dan betoog hulle teen hulleself.

Persheks Adri ·

Want ons is WIT Johan en moet nog minder wit wees gggmmmfff

Natasha ·

En wat van al die EFF wat nooit tydens betogings of toesprake maskers dra nie????? ANC julle is kinderagtig en maak my siek!

Jan ·

Die WGO het verklaar dat verpligte maskerdra en ander beperkings op gesonde mense, nie wetenskaplik geregverdig kan word nie.

Tradisioneel beperk gesondheids- en veiligheidswetgewing die langdurige verpligte dra van maskers. Nuwe studies sedert 2020 bevestig dat verpligte maskerdra nie wenslik is nie en skade kan berokken.

Die individu se reg om te besluit om onder geregverdigde omstandighede maskers te dra behoort eerbiedig te word maar die dra van maskers moet op niemand afgedwing word nie.

Theo ·

Dis maar net ‘n georkestreerde aandagafleiding deurdie ANC om hul magteloosheid om die land se probleme op te los en te regeer, te verberg. Hulle is oral in ‘n hoek gedryf en spartel.

Francois ·

Dalk moet die ANC en EFF hulle lede begin onderrig oor 1.- “hoe om na 27 jaar oor ons minderwaardigheidskompleks te kom” en 2. “hoe om ons koppe op te lig en elkeen self iets positief met jou eie lewe te doen” … Het Jesse Duarte nie n regte werk anders om n vlaggie te staan en swaai soos n verdwaalde skoolkind met haar Sondagskoolklere aan wat langs die stofpad in n plattelandse dorp staan en die jaarlikse sirkus op die dorpsplein verwelkom nie?

pompies ·

Nou ja die our people regering doen nie hulle werk nie en verkies nou om in die strate rond te loop en aan betogings deel te neem, deur iets wat hulle self geskep het. Ek bid dat die Vader ons behoed en bewaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.