ANC sal op ‘gepaste tyd’ reageer oor staatskaping – Magashule

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag gesê die party doen ʼn beroep op alle partylede en Suid-Afrikaners met inligting om hulself beskikbaar te maak vir die Kommissie van ondersoek oor staatskaping.

Hy het bygevoeg die ANC sal “op ʼn gepaste tyd” voorleggings maak aan die kommissie.

“Die kommissie sal moeilike sake hanteer, en dit is onafwendbaar as ons waarheid aan die lig wil bring,” het Magashule in ʼn verklaring gesê oor die uitslag van die lekgotla van die nasionale uitvoerende komitee.

“Die kommissie moet alle kante van die saak hoor, sodat wanneer sy finale bepalings gemaak word, dit ʼn regverdige en deeglike uitslag sal wees wat die land vorentoe kan neem. Die ANC hou volg dat hy nie deurlopend kommentaar sal lewer oor die werk van die kommissie nie; voorleggings sal op die gepaste tyd ingedien word.”

Hy het gesê die lekgotla het homself opnuut verbind aan die party se manifes vir 2019 “dat ons die harde werklikheid van korrupsie op die samelewing en die ekonomie gesien het”. Ons het harde lesse geleer oor die waaksaamheid wat nodig is om wetteloosheid, hebsug en selfsug hok te slaan. Ons is verbind daartoe om met ons mense saam te werk om hierdie kanker in die samelewing te takel.”

Oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank se mandaat en sy privaat aandeelhouers, het Magashule gesê die lekgotla het ook opnuut die onafhanklikheid van die instansie benadruk. “Die SARB moet ʼn vloeibare monetêre beleid nastreef sonder om prysstabiliteit te beïnvloed, en seker te maak dat die monetêre beleid ander doelwitte in berekening bring soos werkskepping en ekonomiese groei.”

Die lekgotla neem kennis van die vordering van volhoubare en radikale grondhervorming en landbou, het hy bygevoeg, “insluitend die prosesse wat in 2018 begin is om artikel 25 van die grondwet te wysig, die wetsontwerp oor onteiening; om grondeise te bespoedig; die pakket van landbouondersteuning en grond op ʼn klein skaal en opkomende boere as deel van die pakket om die ekonomie te herstel, en om vroue se toegang tot grond en deelname in landbou en landelike ekonomie te bevorder”.

“Die lekgotla het ook opnuut opvoeding, gesondheid en vaardighede benadruk as noodsaaklik vir ekonomiese ontwikkeling en volhoubare groei. Die land het ʼn gesonde en vaardige arbeidsmag nodig vir ʼn produktiewe ekonomie en aktiewe burgerskap. Opvoeding en gesondheid moet prioriteite bly en moet as ʼn belegging beskou word.”

Hy het bygevoeg die party sal die regering versoek om maatskaplike infrastruktuur, veral skole, klinieke, water en sanitasie en die oprigting en instandhouding van gemeenskaplike bates te bespoedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Teveel ·

Hulle is n magdom topbestuur en nie een het die sê nie. Besluite neem tyd om te maak, …en dan is dit nie noodwendig n goeie besluit nie.

Skote Petoors ·

Nee hulle moet eers al hulle lieg stories in n ry kry en almal inlig om dieselfde te lieg.

PJ ·

Het hierdie selfde ou ok nie baie geraamtes in die kas hy sè sy kaders moet almal Zondo Kommissie toe te gaan sal hy gaan ?

dr. Sakkie van der Merwe ·

“Gepaste tyd”. Na die verkiesing? As die stof begin le? So koop hul tyd vir hul “comrades” dat die nog salaris kan “verdien.”

Stripes ·

Ace is ‘n goeie politikus. “Ons is verbind daartoe om met on mens saam te werk om hierdie kanker in die samelewing te takel” maar die minister van vroue Bathabile Dlamini reken dat “the issues is not important, only the ANC is” en dat daar nie probleme sal wees nie want binne die ancsal hulle ‘n politieke oplossing vind. Wie moet mens nou glo? Ace meld dat hulle harde lesse geleer het oor die waaksaamheid benodig om dit te stop maar hy is duidelik nie ten gunste van vervolging van die skuldiges nie, dit lei ek af van sy gebrek om dit te noem.

Kortom is dit ‘n klomp mooi woorde wat die publiek wil hoor maar waarvan daar ook niks sal kom nie.

Eddy ·

Tipies ANC …waneer is n gepaste tyd???hulle beskerm mekaar! Ace self moet nog antwoord oor daai suiwel plaas skandaal !Korrupsie is n aansteeklike virus onder hulle

Robert ·

Gepaste tyd is gewoonlik nooit nie of waneer die stof al gaan lê heten almal is vuisvoos

Ella ·

Ek is naar op my maag van al die onthullings en nog steeds was die ANC hul hande in onskuld.
Niemand gaan “suffer” na die inthullings. Hulle net bly waar hulle is met geen gevolge.
Dit is hulle voorreg om nou te skep want ander het al geskep en die volgende begunstigdes wag alreeds in die skadus en die skep sal voortgaan terwyl ANC,aan bewind is.

De Villiers ·

Dieselfde ou mooi beloftes van 1994 af. Om mee te begin, Ace Magashule is sentraal in die Vrede-suiwelplaas skandaal met die Guptas. Nou wil hy vir almal vertel wat ander in die ANC verkeerd gedoen het. Hy word dus betrek by die staatskapingsondersoek.
Alles word mooi blink geskets in woorde, maar die harde realiteit is dat die ANC se beloftes nie gerealiseer het nie, inteendeel, alles is verwoes, en die vernietig duur steeds voort.
Laastens, daar bestaan nie iets soos stiptelikheid of ‘n ‘gepaste tyd’ in Afrika terme nie, want ons het te doen met Afrika-tyd. Dit werk so: Ons het die horlosies, hulle het die tyd. Dis hoekom alles op sy tyd in Afrika gebeur. Daarom gaan dit nog lank neem, minstens eers na die verkiesing, wanneer dié ‘gepaste tyd’ sal aanbreek.

Ander Annie ·

Ai oom Ace, dit maak my woes bekommerd as jy praat, want vlekkeloos is jy nie. Daar is soveel ongerymdhede in jou tyd as Premier van die Vrystaat. Hoe meer ek hoor wat in die Zondo Kommissie gebeur, hoe meer skud ek my kop.

Hoc est bellum ·

Ou Ace benodig seker nog tyd om te dink, of iemand te dreig of iemand se bankbalans te laat styg sodat daardie getuie stilbly.

Anoniem ·

Die sogenaamde “gepasde tyd” sal nooit gebeur nie, dit sal alles stilletjies onder die mat gevee word.

Ryan ·

Geen arrestasie was gemaak in cr se tyd ivm korrupsie sover nie, so ek twyfel of iets hiervan sal kom..

Stormjaars ·

“Die gepaste tyd” Want dit pas hulle. Sodra n wit vrou gekoppel word aan n foto, spring die CancER op en skree rassis. Ek herken nie die CancER nie. Ek is n stormjaar en trotse blanke man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.