Die uitslag van die stemmery om die ANC se nuwe provinsiale leierskap in die Oos-Kaap te bepaal is Sondag bekend gemaak.
Die verkiesingskonferensie is Saterdagaand in chaos gedompel toe ʼn bakleiery tussen twee faksies in die Oos-Londense Konvensiesentrum uitgebreek het.
Van dié afgevaardigdes het daarop aangedring dat Phumulo Masualle, die huidige uittredende voorsitter, in sy pos moes aanbly. Ander het Oscar Mabuyane, die uittredende sekretaris wat Masualle om die leierskap die stryd aangesê het, ondersteun.
Minstens agt afgevaardigdes is tydens die bakleiery beseer toe hulle met stoele en “ander gevaarlike voorwerpe” aangerand is. Volgens ʼn ooggetuie het een afgevaardigde ernstige beserings opgedoen toe hy “met ʼn mikrofoon in die gesig aangerand” is. Die beseerdes is per ambulans na hospitale geneem.
Mabuyane is later op die konferensie tot voorsitter van die party verkies.
Die Masualle-faksie het reeds aangedui hulle gaan ʼn dringende aansoek in die Oos-Londense hooggeregshof bring om die uitslag van die verkiesing ongeldig te verklaar.
Die ANC se nasionale leierskap het die geweld veroordeel.
Hier volg ‘n video van die bakleiery:
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Dis nou mense wat die land wil regeer PATETIES. Waar is die uitvoerende gesag nou vd ANC. Wonder wat se ZUMA van sy mense. DOODSE STILTE.
Kry nie die vdieo nie.
Verskoning, daar is hy nou.
Barbaars !
Kyk wat gebeur in die desember verkiesings