ANC, Zille vlieg mekaar in die hare

Helen Zille (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Die ANC het Woensdag na Helen Zille gekap nadat sy haar op sosiale media uitgelaat het oor die party se besluit om sy aansoek in die kieshof – waarin hy gevra het dat die Verkiesingskommissie (OVK) gedwing word om die registrasieproses van kandidate te heropen – te laat vaar.

“Daar blyk meer agter die storie te wees as wat op die oog af voorkom. En ons moet dit blootlê,” het Zille, voorsitter van die DA se federale raad, vroeër vandag getwiet.

Zille het in nog twiets daarop gesinspeel dat die ANC moontlik inligting van binne die Konstitusionele Hof ontvang het wat daartoe gelei het dat die party sy aansoek laat vaar het.

“Die onttrekking van die ANC dui daarop dat hulle inligting ontvang het wat daarop dui dat die OVK se aansoek om die verkiesing uit te stel suksesvol was. Indien inligting uit die Konstitusionele Hof na die ANC lek, is dit niks minder as ʼn grondwetlike krisis nie,” lui een van die twiets.

Pule Mabe, ANC-woordvoer, sê die insinuasies kan nie verder van die waarheid wees nie en sê Zille het geen bewyse om haar bewerings te steun nie.

“Dit is ʼn ernstige belediging van die integriteit van die Konstitusionele Hof en die regbank in die algemeen. Sy behoort haar te skaam. Ons daag haar uit om hierdie vals bewerings terug te trek.”

Mabe hou vol die aansoek is aanvanklik ingedien nadat verskeie partye versuim het om al hul kandidate vir die verkiesing te registreer.

Maroela Media het vandag berig dié versuim is toegeskryf aan ʼn kombinasie van faktore, waaronder probleme met die OVK se aanlyn stelsel vir die registrasie van kandidate. Volgens Mabe was daar boonop weens Covid-19 beperkings op vergaderings waar kandidate verkies moes word.

“Die ANC het besluit om sy aansoek by die verkiesingshof terug te trek ten einde veelvuldige regsgedinge in ons howe te vermy. Ons wag op die uitspraak van die Konstitusionele Hof.”

Die regerende party het ook aangedui dat hy sy reg voorbehou om hom tot sekere regsremedies te wend.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Deon ·

Ek sal voorwaardelik my woorde terug trek as ek in haar posisie was. Ons sal sien of die verkiesing uitgestel word al dan nie. Waarom het hulle tot op die nippertjie gewag voordat hulle wel hul lys op die stelsel gelaai het? Hierdie is n lekker taai toffie.

JohanR ·

Deon – die ANC kaders slaan vuis, en in party gevalle pleeg moord om op die lys te kom. Dink net as jy op die lys is, en jy kry ‘n sitplek by die tafel, hoe lekker die volgende 5 jaar gaan wees. Soe die lyste is nie betyds ingehandig nie want die kaders was besig om te beklei. Die beskaafde partye het almal betyds hulle lyste in gehandig.

Kobus ·

Integriteit se hy ? Die hof het anders bewys met Zuma geval

Jaco ·

Ja wel. Helen Zille kan basies sê net wat sy wil, want sy kan deur albei haar oupas Duitse burgerskap kry. So die dag wanneer dit nou REGTIG sleg gaan met wit mense in SA, wanneer ons almal gestraf word ook oor ander lelike goed wat sý al gesê het, kan sy bloot sê “totsiens, ek vlug nou Duitsland toe”. Ek en seker meer as 3 miljoen wit Suid-Afrikaners het egter nie daardie lekker “agterdeur” / “escape hatch” nie.

piet ·

Maar jy gaan mos die land verlaat deur asiel te soek. Jy’s mos ‘n vlugteling wat erg onderdruk word in jou eie land (volgens jou eie woorde). Jy kan mos nou al “vlug” die opsie is oop (jy hoef nie ‘n familieverbintenis te he oorsee nie). Solank jou redes net goedgenoeg is om te vlug, is daar mos nie ‘n probleem nie en gaan hulle jou toelaat. Vat die kans man, die weg is oop.

Jaco ·

Daar was al SA wit mense wat asiel gesoek het. Hulle redes was regstellende aksie, BEE, plaasaanvalle, plaasmoorde en BEE. Hulle het nie geslaag nie, want die SA regering het vinnig ingegryp en die regerings van Europa, Amerika en Australië oortuig dat daardie onderdrukking nie in SA bestaan nie. In elk geval, as mev Zille moet “vlug” Duitsland toe, is dit tegnies nie “vlug” nie. Sy kan nou al gaan. Dis ‘n verblyfreg wat enigeen met bewyse nou al kan kry. Daar moet net bewyse wees dat minstens 1 grootouer daar gebore is.

Elinette ·

Ag Jaco, niks keer jou om na ‘n ander land toe te “vlug” as jy die geld het om dit te doen nie. Ek is seker die Aussies in die “Outback” sal jou daar tussen al hul skaap verwelkom … Helen Zille is nie die soort mens wat sal wegvlug van haar probleme nie. Sy is van dieselfde staal gemaak as wat Margaret Thatcher was – dié het bitter baie kritiek gekry en was in sekere lande en by sekere mense hoogs-ongewild, maar sy het haar plek vol gestaan.

Mariana ·

Hmm Zille het waarskynlik punt beet. Kom ons kyk of sy korrek was. ANC kom te lank al met als weg.

Pieter ·

Die dag as jy n anc kommunis vertrou dan is daar groot vout met jou.

jou gewete ·

ooo en ons glo vir mabe, hhoofkok in die anc liegkombuis. ha ha ha

Frank ·

Die verfoeilike ANC is skuldig. Ek stem saam met Helen Zille.

Jr ·

Hulle hou nie van Zille’s se waarheid. Hulle dink ALLE burgers is 30%’s

Ettienne ·

Ek skaar my ook by Tannie Z. Hier in Bfn is die verkiesingsplakkate van die DA en VF+ al lank teen die lamppale, maar geen ANC plakkaat in sig nie….???? O ja hulle het ook nie eintlik geld nie onthou ek nou.

Nie Verbaas ·

Wonder wat gaan die ANC se verdediging wees as hof wel die verkiesing uitstel. Dit meen dat Zille dan wel reg was met wat sy sê.

KhoiKhoi ·

Wil nie graag altyd met Helen of die da saamstem nie.
Dit was egter ook my siening van die begin af.
Ons sal met graagte “askies” vra as die hof die OVK se aa soek van die hand wys.
Watching the space!

Moedeloos ·

Die ANC hou nie van Ziller nie omdat sy sê wat seer maak. So ek sou nie omverskoning vra nie. Sy weet meer as ons wat in daai binnekringe aangaan. Die ANC wil altyd hiet en gebied wanneer dit hul pas.

Blikkies ·

Die ANC is die laaste een wat enige iets kan se oor ‘ wie hulle moet skaam’……

Johan ·

Gee hulle gas mev Zille, hulle is klomp skurke. Die duiwel kyk na sy volgelinge.. die Here ook na Syne

Elinette ·

Wha-ha-ha!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Wie glo nog enigsins iets wat uit enige ANC-bekkie kom???? Die ConCourt = die ANC; die OVK = die ANC; die regsbank = die ANC. Ek glo dit as me. Zille sê dat hulle dalk “inside info” gekry het oor die uitstelling van die verkiesingsdatum, daarom was hulle nie té ontsteld, té haastig om hul kandidaatlyste teen die sperdatum in te handig nie. As jy weet jy gaan ‘n 2de kans kry, waarom holderstebolder-gat-oor-kop jaag om alles te finaliseer voor ‘n sekere datum?

Fanie ·

Die ANC moet eerder afstaan en verskoning vra vir die land en sy mense vir hulle ontplooing van onbevoegde kaders, openlike diefstal en selfverryking deur hulle verkose leiers, korrupsie, swak bestuur en beplanning, beleidsrigtings, ens. wat hierdie mooi land van ons in ‘n kwarteeu van eerste wêreld na derde wêreldland laat val het. Maar dis wensdenkery want al wat hulle ken is die “blame-shifting game” en is mos nie verantwoordbaar vir hulle dade nie. As sy soiets sê, het sy heel waarskynlik êrens inligting ontvang van sodanige aard. Onthou haar tweets waarvoor sy in die verlede aangespreek was, was nooit as sodanig leuens nie, hulle hou net nie van die waarheid nie. Kom ons kyk maar wat gebeur met die KH se uitspraak en praat daarna weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.