Angelique se ekskêrel gevonnis vir moord

Christopher (Stoffie) Watson en Angelique Fourie (

Christopher (Stoffie) Graham Watson is Woensdag gevonnis vir die moord op sy eksmeisie Angelique Fourie (27).

Watson (33) is in die hooggeregshof wat in Delmas, Mpumalanga, sit, tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord en ’n bykomende drie jaar vir aanranding nadat hy skuld beken het.

Watson het hom in November verlede jaar by die Norkem Park-polisiestasie in Kempton Park oorgegee, ’n dag nadat Fourie se bebloede liggaam in haar meenthuis in die Terra Nova-kompleks in Trichardt gevind is.

Sy het ’n oop wond aan haar nek gehad. Watson het haar voor hul driejarige dogtertjie vermoor.

Watson het deur sy prokureur aan die hof gesê dat hy die aand van 7 November 2021 na Fourie se huis is waar hy haar en ’n vriend aangetref het.

ʼn Hewige argument het tussen Watson en die vriend ontstaan en Watson het hom aangerand. Fourie het tussenbeide getree en Watson het ’n kombuismes gevat en haar verskeie kere gesteek. Sy is in die badkamer dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

wendy ·

Watter aaklike dood vir die pragtige meisie
En daar is vele meer naie tragies
En dit deur jaloesie

Delia ·

Kyk net hoe massief is hy teenoor haar. Hoe sou sy haarself kon verdedig.
En waar is hulle dogtertjie nou???

Nella ·

Ek het gehoor by sy ouers (stiefma). Dink hulle lewe is meer stabiel as familie aan haar kant. Ek weet nie of sy nog daar is nie. Onthou net, geen ouer kan gestraf word vir dinge wat hul seun aangevang het nie.

Mariaan ·

Jy is waar jy hoort! Jy lyk sommer so boos soos jy is..en dit nog gedoen voor haar kind…ag nee..mag jy in die tronk kry wat jy verdien

Penelopi ·

Pretorius kry 25 jaar vir die moord op die Beukes egpaar. Watson kry lewenslank vir die moord op Fourie. Hoe werk dit?

Cherokee ·

Interessante vraag. Waarskynlik is 25 jaar die langer vonnis.

Miena ·

In SA is lewenslank = 25jr. die enigste verskil is dat met vonnis uitspraak se die regter dat die beskuldigde sal tronkstraf uitdien van 25jr (lewenslank) met opsie van parool of sonder opsie van parool na sekere termyn uitgedien is. n Ander kant van die munt is ook met uitspraak kan gese word dat dat die beskuldigde vir res van sy / haar natuurlike lewe tronkstraf sal uitdien. dit word by veroordeeldes en reeks oortreerders gesien veral waar die dade gruwelik van aard was. Wanneer n beskuldigde by uitspraak gelys word as geharde misdadiger en die persoon se tyd kom op dat hy kan vir parool aansoek doen, dan moet daardie hele hof-docket en persoon weer voor n regter verskyn vir om in aanmerking geneem te word al dan nie.

VaalDonkie ·

Mens wonder nogal hoe hierdie ou grootgemaak is. Seker gewetter en nooit toegelaat om emosie te wys nie. En brannas

Antie Sarie ·

Dalk net laasgenoemde. En nooit gewetter nie. Want duidelik het hy nooit die gevolge van sy dade gedra nie.

Nella ·

Ek weet van baie kinders wat so voorbeeldig grootgemaak is en die beste ouers. Ouers kan nie blameer word vir hul kinders se dade nie. Dan ken ek ook van die slegste ouers wat se kinders teenoorgestelde uitgedraai het toe hul grootgeword het. Party het goed grootgeword en groot sleg geword. Ander weer: Sleg grootgeword en groot goed geword

Denise ·

gemors, dankie dat hy so lank gaan sit,,, hy moes die galg gekry het

Henryet ·

Goeie ganade, wat niemand sien nie, is n man wat by die huis kom en sy vrou saam met n ander man vind, en hul dogtertjie is daar. Hoe kan hy alleen veroordeel word vir wat gebeur het?

Delia ·

Goeie genade, hulle was nie getroud. Wat het geword van praat. So ons rand iemand aan en vermoor die vrou voor ons kind, want ons was gegrief en kwaad.
Really??

VaalDonkie ·

Nee maar dis ‘n goeie punt. Daar was duidelik ‘n hele klomp goed verkeerd met hul situasie.

VaalDonkie ·

Niks regverdig hierdie moord nie. Maar dis die tipe ding wat gebeur as jou smaak in bedmaats na die varkerige deel van die spektrum neig.

Rooikopheks ·

Lees weer die berig, sy was wel die ma van hulle dogtertjie, maar sy was sy eksmeisie. Hulle was nie getroud nie.

Leon ·

Ek stem nogal saam met jou Henryet. Ek dink nie sy was so onskuldig met haar optredes nie. Dit regverdig beslis nie wat hy gedoen het nie, maar ek betwyfel ook nie dat sy geen meer respek vir sy gevoelens / wense gehad het nie.

Daar is ‘n groter onderliggende probleem in die moderne samelewing. Mans het meer respek vir mekaar omdat daar altyd ‘n subtiele rissiko is dat dinge in geweld kan oorloop. Argumente tussen mans en vrouens het oor die algemeen nie daardie dreigement / rissiko nie, so vrouens vat dinge gewoonlik veel verder (baie minder respek word gehandhaaf as met argumente tussen twee mans) tot op ‘n punt waar sekere mans dan van alle sinne beroof word en ontplof in sulke tipe dade.

E ·

Ek verstaan dit was nie sy huis waar hy gekom het nie- dit was haar huis, tensy hy nog daar gewoon het. Berigte praat van haar huis, so nie heeltemal seker waar hy gewoon het nie. So wat het hy by haar huis gesoek? Dit is sy EKS meisie. Sy was nie sy besitting nie. Mans dink te veel ‘n vrou is hulle besitting en dat hulle alle reg en besluite oor die vrouens in hulle lewe het.

Koos 100 ·

Henryet, jy is seker nie ernstig nie, is jy???? As alle mans hulle vroue moes vermoor as hulle ontrou was, wel dan was ons tronke voller, nou wat nog as alle mans hulle ekse moet vermoor as hulle ander verhoudings begin. Goeie aardbol SA sal baie min vroue en mans op straat hê. Met so ‘n kommentaar is die nie vreemd dat daar ‘n minster was wat gesê het dat wit mans hul vroue as besitings ag nie!

Gaitsigubib ·

n Oudkollega van my is vrygespreek in n baie soortgelyke situasie vir n insedent op n plaas so 25km op die N1 van Pieterburg af. 2 Mense het gesneuwel, maar daar was nie n kind betrokke nie. Hulle het sy agtergrond op die grens in ag geneem. Dit wat hier aan die arme kind gedoen is, is vir my nogal n “deal breaker” om nou die minste te se.

fs ·

Hy lyk nou glad nie meer so vet en uitgevreet soos toe hy die prag meisiekind vermoor het nie, Mag sy maatjies waar hy gaan hom vrolik en met liefde ontvang. Vuilgoed van die aarde!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.