Die musikant Arno Carstens moet na verwagting Woensdag weer in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van dronkbestuur.
Carstens is drie jaar gelede in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het. Hy het onskuldig gepleit op ʼn aanklag van dronkbestuur, alternatiewelik ʼn aanklag van bestuur met ʼn bloedalkoholvlak van 0.20 %. Die beperking is 0.05 %.
Die verhoor is in Februarie uitgestel nadat Carstens se prokureur, Milton de la Harpe, die metode wat die laboratorium gebruik het om Carstens se bloedmonster te toets, bevraagteken het. De la Harpe het aan die staatsgetuie Tim Lourens, hoof van die departement van forensiese toksikologie aan die Universiteit van Pretoria, gesê bloedmonsters kan nie geloofwaardig wees nie weens mikro-organismes soos bakterie, virusse en fungi. Glukose-vlakke kan ook tot ʼn foutiewe lesing lei, aangesien glukose-vlakke gewoonlik deur skok of stres verhoog word. – SAPA
Lees ook:
Arno Carstens: Saak duur voort
Arno Carstens se saak wéér uitgestel
Arno Carstens se bloedtoetse was glo “akkuraat”
Arno Carstens se bloedmonster bevraagteken
Arno Carstens: Onreëlmatighede in bloedtoetse
Sanger weer in hof oor dronkbestuur
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”
Nee genade, handel tog nou die saak af.
Hoe sing Jay… Dis hoe ons rol, ons glase bly vol. So face the music!