Arno finaal gegroet: ‘Hy was ʼn liefdevolle seuntjie’  

Arno Swart

“Hy was ʼn lagbekkie wat een grappie na die ander gemaak het en hy was almal se maatjie.”

Só beskryf Sibbie Swart haar 8-jarige seun Arno wat Vrydag vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk Waterberg in Nylstroom (Modimolle) begrawe is.

Arno is op 31 Januarie voor sy ouerhuis van sy fiets af gery. Hy is kort daarna breindood verklaar waarna sy ouers sy organe geskenk het.

“Hy was ʼn liefdevolle seuntjie wat altyd ander mense se belange voor sy eie gestel het,” sê Sibbie oor haar en haar man, Desmond, se middelkind.

Hul jongste, Isabella, het vanjaar met haar laerskoolloopbaan begin en hul seun Roedolf is 11 jaar oud.

Arno en Roedolf was die betrokke dag tuis saam met ʼn oppasser aangesien skole in die omgewing ʼn atletiekdag gehad het. Isabella het by ʼn maatjie gekuier.

Arno het net by sy ouerhuis se hek in De Beerstraat uitgery toe hy deur ʼn bussie van die Abraham Kriel-kinderhuis raakgery is.

Roedolf het in die erf fietsgery en eers later gesien wat gebeur het.

ʼn Ambulans is intussen ontbied deur mense in die straat en Arno se ouers is in kennis gestel. Sibbie was in Pretoria vir sake en Desmond was in Bela-Bela (Warmbad).

Arno is met ʼn staatsambulans na ʼn plaaslike dokter geneem. Hy is gestabiliseer voordat hy per helikopter na die Garden City-hospitaal in Johannesburg geneem is.

Sibbie was reeds by die hospitaal toe Arno daar aangekom het. Die dokters het haar meegedeel dat Arno beenbreuke en ʼn ernstige kopbesering opgedoen het. Die dokters was glo egter in dié stadium nog nie te bekommerd oor die drukking op sy brein nie aangesien hy ook nog op die pyn reageer het,

“Toe ek hom in daai bedjie sien het ek geweet als gaan nie oukei wees nie.”

Arno was in ʼn koma en die dokters het sy ouers ʼn paar dae later ingelig dat hy geen breinfunksie meer toon nie. Sy ouers het besluit om sy organe te skenk.

Volgens Sibbie was Arno ʼn sportiewe seuntjie, maar sy vermoed hy het die sosiale kant van sport die meeste geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Yolandie ·

My hart gaan uit aan die ouers. Ek is so jammer vir julle groot hartseer.

lollapot ·

Wat ‘n pragtige seuntjie! Ek dra julle in my hart en in my gebede. . . baie sterkte!

`

Secret_Garden ·

Dit is so hartseer, rus sag Arno, en Ouers weet net dat julle met julle besluit, ‘n verskil in honderde ander mense se lewens gemaak het…..sterkte!

Lila ·

Siestog! Rus in vrede liewe seuntjie, gebede aan sy familie x

Kokkie ·

Ai, ek is so verskriklik jammer vir julle. Mag die Here julle vertroos en versterk.

Leonie ·

Baie jammer oor julle groot verlies. Dis bitter hartseer. Dink aan julle en bid vir julle en julle ander kinders in die moeilike tyd. Rus sag Arno Swart xx

Mariaan ·

Tragies hartseer! Hoe verwerk mens ooit so iets..vir my sal dit die einde v my lewe ook wees! So jammer vir jul GROOT verlies

Johan ·

Ek hoop die mense wat so lekker op die sypaadtjie parkeer en fietse in die pad dwing let ook op. Dis baie tragies. By ons skool is daar n baie mooi fietsbaan maar vet weet so baie mense stop eenvoudig op die baan. N motor kan maklik verby n ander motor beweeg wat teen die kant in die pad staan….fietse en voetgangers stel hul lewens in gevaar om in die pad om n voertuig te beweeg…wat op die sypaadjie staan. Hoe gaan ons dit regstel?

Daleen ·

My hart breek in duisend stukkies elke keer as ek lees van ouers wat ‘n kind verloor want dit ruk die rofie van my oop wond af – Here hou asb die familie styf teen U bors vas deur hierdie moeilike tyd wat die res van hulle lewe gaan duur. Aan die familie Hou aan Sy hand vas dis al wat keer dat jy nie deur die golf van hartseer verswelg word nie. Rus in vrede seun.

Mispel ·

Siestog ek dink aan my eie kleinkinders n ongeluk gebeur so vinnig sterkte aan die ouers

Lizelle ·

Sjoe mens het nie woorde nie. My hart gaan uit na die gesin.
Jammer vir julle verlies.

Sandra ·

Ek is so hartseer vir sy ouers. My innige simpatie aan julle hele familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.