Die polisie het paramedici van Netcare 911 Vrydagmiddag na ʼn toneel in Umhlanga ontbied waar ʼn baba van ongeveer 2 maande oud dood aangetref is.
“Paramedici is na die toneel by Marinerylaan 59 ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die baba het erge trauma opgedoen en is naby die strand agtergelaat. Die kind het beswyk aan die beserings.”
Die polisie is op die toneel en stel verder ondersoek in.