Baba speel langs ouers se liggame

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Babaseuntjie is Sondagoggend aangetref waar hy op die grond sit en speel langs die liggame van sy ouers langs die N11 tussen Marble Hall en Roedtan in Limpopo.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn omstander het op die grutoneel in Uyskraal afgekom en die polisie ontbied.

By hul aankoms op die toneel het die polisie die liggaam van ʼn 22-jarige vrou gevind wat op die grond gelê het. Daar was kneusplekke aan haar keel. Die liggaam van ʼn 37-jarige man het aan ʼn boom naby die vrou gehang.

“ʼn Babaseun van ongeveer vier maande oud, wat vermoedelik die kind van die oorledenes is, is gevind waar hy langs die liggame speel,” het Ngoepe gesê. “Die kind was in ʼn goeie toestand en is na ʼn plek van veiligheid geneem.”

Volgens Ngoepe is die motief vir die voorval nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie. Die name van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

ʼn Saak van moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

TLC ·

OMW Ek het nie woorde nie Ergste wreedheid maar sal ek sê gelukkig lewe baba en mag dit net n goeie lewe vir hom wees Hy is klein genoeg om dit nie te onthou nie

mirrieaa ·

ai en weereens is dit n kind wat die nuwe toekoms alleen moet aandurf. is daar dan geen genade vir hulle nie. ek glo dat ons Heer self sal sorg vir die 4 mande oie babatjie want Hy het immers gese bring die kindertjied na Hom toe maar waar is ons in gevalle soos die?

Oupa Kalahari ·

Dit is traumaties en hartseer dat sulke misdade plaasvind en kindertjies Ouerloos gelaat word. Bid dat hierdie klientjie met liefde en vreugde opgebring sal word.

Cor ·

Dit is hartseer en wreed. Nog n kind wat aan die genafe van iemand anders oorgelaat word om te versorg. Ek kan dit net nie verstaan nie, wys net die vlak van opvoeding. Daar is egter iets in die berig wat nie reg klink nie, dit se n 4 mde oue kind moet dit nie lees 4jaar nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Cor

Dankie vir jou kommentaar. Volgens inligting wat ons van die polisie af ontvang het, is die babaseuntjie ongeveer vier maande oud.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Kiepie Krap ·

Maroela soek net sensasie – click bait. Volgens die ander nuus kanale us n baba aangetref op die toneel. Slegs Maroela sê n 4 maande oue kind het gesit en speel. En vat dit van n ma van 2, n 4 maande ou baba kan nie selfstandig reg op sit nie nevermind sit en speel.

Stokkies ·

Ja Kiepie ek dit ook al agtergekom.. jy sien as hulle die woord ‘tjie’ agter iets aan sit raak al wat n vrou is emosioneel, so dis kindjie en babatjie in elke berig i.p.v. die eenvoudige kind/baba.. dis hoe mens lesers en emosie uitlok

Cor ·

Dankie vir terugvoering, maar logika se vir my 4mde is nog n pap baba wat nie kan speel nie,wel kan rond kyk en arms en bene beweeg. Seker is ek nog van die ou garde vandag se kinders word mos groot gebore met kennis van tegnologie en alles. Ek se maar net dit klink nie reg nie en die polisie beamte het moontlik n swak oordeel om ouderdom te skat

Johanné Steyn ·

Cor, 2 van my kleinkinders het op 4 maande onafhanklik gesit en speel

Monique Joubert ·

Ja my seuntjie het op 5 maande al gekruip, so dis glad nie onmoontlik nie. Hyt dalk gesit en speel

Leatitia ·

Baba van 4 maande sit en speel? ‘n Baba van 4 maande kan nog nie sit nie.

**anoniem** ·

Whoopsie, verkeerd…. my sussie se seuntjie het al op 4 maande gesit en het op 4.5 maande begin kruip. Nie alle kinders ontwikkel dieselfde nie. Het al babas gesien wat op 9 maande begin loop…. hoe dan nou???

Monique Joubert ·

My seuntjie het op 8 en ‘n halwe maande geloop, vol geloop, genade dis moontlik

Johanné ·

Leatitia en Ann, ek het nounet geplaas dat 2 van my kleinkinders op 4 maande onafhanklik gesit en speel het, en as julle bewys wil hê, stuur vir my julle email adres. Ek het videos en foto’s.

Leatitia ·

Ek het nie daaroor gestry nie. Ek het my kommentaar geskryf voor joune gewys het. Kinders kan seker op 4 maande sit, maar dit is uitsonderlik. Nie een van my 3 kinders of my kleinkinders of my vriende se kinders kon op 4 maande sit nie. Maar soos Cor gesê het … tye het verander

Vra maar net ·

En seker op 8 maande loop en op 9 maande onafhanklik die tiolet gebruik….

Lucy ·

My kind kon op 4 maande heeltemal onafhanklik sit en speel. Babas kan enige iets van 4 tot 7 maande sit hoekom is hierdie so verbasend vir Cor?

Cor ·

Haai julle ek se mos ek is van die ouergarde ons het nie groot geword in die tyd van wonder , kits kinders en tegnologie nie. Ons moes eers leer om te le, bottle drink, sit , speel , loop en praat, lyk my nou is dit anders om

Essa ·

Grote griet, Cor jy het sekerlik nie gedink jou logiese reaksie (dit was myne ook) sou so ‘n reaksie uitlok nie? Twee mense dood in vreemde omstandidhede met ‘n kind by hulle lyke, en MM lesers kompeteer wie se kinders/kleinkinders kon op vier maande wat doen. Hoekom lyk hierdie prentjie vir my so verkeerd.

Nettie ·

OKAY!!! OKAY!!! OKAY!!!! Almal wat sê ‘n baba(tjie) kan op 4 maande al alleen regop sit en speel. Ons glo julle dat julle lende-vrugtetjies op 4 maande almal al kon regop sit alleen en speel.

Verloor egter nie een feit uit die oog nie: dié kind se (vermoedelike) ouers is albei vermoor en hy/sy het tussen hul lyke ‘gesit en speel’. Alleen, langs ‘n openbare pad …. vir nugter weet hoe lank, waar hy wie-weet-wat-alles kon oorkom ….

Sjoe, ons het omtrént gevoelloos geword in hierdie tye …..

Seuntjie ·

Wel ‘n kind van 4 maande mag BESLIS ‘n BABASEUNTJIE genoem word, selfs al sou hy 4 jaar oud wees is hy steeds ‘n seuntjie . daar is niks sensasioneel daaraan nie . ‘n seun is meer ‘n beskrywing van ‘n kind van 10 en ouer .. word tog nou groot asb. En dit is tragies dat twee ouers dood is, of die kind gespeel of gekoer of rondgekruip het maak nie saak nie .DIT BLY WREED!

Marietjie ·

Mense, wat maak dit saak of die kind 4 maande of van 4 jaar is! Die feit dat albei sy ouers dood is en hy teenwoordig was, DIS die tragiese nuus! As hy 4 jaar oud was, so veel te meer want dan gaan hy dit onthou!

Hannelie ·

Maak nie saak of die baba kan sit en speel of moet lê nie……feit bly staan is die baba se ouers is beide oorlede. Dit is tog eintlik waaroor die berig gaan.

Belinda Esterhuizen ·

My hart is ongelooflik seer vanmore vir daai kindjie wat sonder ouers moet groot word. En julle wat nou stry oor ouderdomme van kinders wat onafhanklik sit. Jou ‘average’ is 5-6maande vir n gesonde kind om onafhanklik te sit, indien dit vroer was dan was jou kind een uit n 100.

Frans C ·

Elke keer as ek berigte lees oor moord , doodslag en ander onnatuurlike sterftes,aanrandings en verkragtings,knak iets in my, voel dit of ek ‘n stukkie van my menswees verloor en begin skuil in ‘n verlede,toe dinge heel anders gelyk het.

Hoe is dit moontlik dat Suid Afrika binne minder as 25 jaar so totaal verander het in ‘n gemeeenskap wat die slegste van mense na vore bring, met minagting van menselewens.

Is Suid Afrika werklik so siek dat alle perke van menslikheid so gruwelik oorskry word,dat nie eens die regering sy hande in wanhoop omhoog gooi en sê-dit is genoeg?

Colin ·

Hierdie land word net sieker by die minuut. Mag die Here ons genadig wees.

Theresa ·

Hoe vreeslik!!
Eish! Wat maak dit saak of die kind nou kan sit, loop, kruip of hardloop op 4 maande!!!!!! Genade – die ouers is dood. Die kind is gered. Dis die punt en die berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.