Clarise, Aiden se ma, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy is nou op ʼn gewone ventilator aangesien sy longe stabiel is. Dokters kon ook vasstel dat daar nie swelling op sy brein is nie.
“Ons weet nog nie of hy breinskade opgedoen het nie. Ons sal eers sien wanneer hy wakker is,” het Clarise gesê. “Die dokters het sy bloeddrukmedisyne verminder om te kyk of hy daarsonder oor die weg kan kom en ons hoop hy is sterk genoeg dat sy bloeddruk stabiel sal bly.”
Aiden word sedert Dinsdag onder verdowing gehou in die hoësorgeenheid van die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. Hy het in die swembad beland toe sy oupa per abuis die hek na die agtertuin oopgelos het. Hy was onder die indruk dat Aiden saam met sy ouers winkel toe is. Clarise het kort daarna by die huis gekom en haar kind in die swembad sien dryf met sy gesig na onder.
Aiden het nie ʼn mediese fonds nie en die familie het ʼn trustfonds gestig om sy mediese onkoste te dek. Skenkings kan by die volgende rekening inbetaal word:
Aiden Roberts Mediese Trust
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Tjekrekening
Rekeningnommer: 62535261060
Bid vir jou Kleinding.
Sterkte
Bid vir julle en jul kleinding. Bid, glo en vertrou dat hy geen breinskade sal hê nie.