Ballito-ma kry mediese behandeling

Die landdroshof in KwaDukuza. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die ma van Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus wat van die moord op haar vierjarige dogtertjie aangekla word, sal weer in September in die hof verskyn.

Tot dán bly Madelein Ackerman in aanhouding. Sy word in dié stadium in die hospitaalvleuel van die Westville-gevangenis in Durban aangehou sodat sy mediese behandeling kan ontvang, het die staatsaanklaer Paul Nel Donderdag aan Maroela Media gesê.

Die 45-jarige ma het vanoggend weer in die landdroshof in KwaDukuza op aanklag van moord verskyn. Die verdediging het egter nie tydens die verskyning aangedui waarvoor hul kliënt mediese behandeling ontvang nie.

Die saak is nou tot 8 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Die verdediging het tydens ’n vorige verskyning aangedui dat daar wel pleitonderhandelinge plaasvind.

Ackerman is op 26 April vanjaar in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar kleuter in ’n emmer vol water by haar huis in ’n gegoede woonbuurt op Ballito verdrink het.

“Die ma het aan polisielede vertel dat haar kind moeilik was en haar gepla het, daarom het sy besluit om die kind in ’n emmer vol water te verdrink totdat sy ophou beweeg het,” het die polisie kort ná die moord gesê.

Albei die dogtertjie se hande was glo met kleefband vasgebind. Sy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AmY ·

Mediese behandeling?
Was sy siek toe sy haar kind in ‘n emmer water verdrink het?

Cherokee ·

Om so boos te wees is absoluut hoogs abnormaal.. besete. Sy nodig mediese behandeling.

Kremetart ·

Ek vermoed dat die kind dalk aan n tipe gestremdgeid gely het, bv outisme. En dat die ma geen ondersteuning gehad het nie. Dat sy daagliks alleen na die kind moes omsien; dat die kind nie plek kon kry in bv n creche nie. Dis maklik vir n mens om dan gedryf te word tot die uiterste. Dink aan die vrou in Engeland met haar tweeling. Sterkte aan die familie en die ma. Ek sê nie dis reg nie, ek sê nie toelaatbaar nie; mense het ondersteuning nodig. Ek kry haar jammer.

Africangrey ·

Ek het n voor stel.

Neem kleefband

4 baie zwaar klippe
Maak vas die hande
Klippe aan de voete
Gooi in die see.

Swerwer ·

Nou probeer sy sekerlik weer loskom deur “mediese” behandeling soos Zuma. Belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.