Ballito-man vas vir dwelms in luukse huis

Van die dwelms waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

ʼn 37-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn groot besending heroïen in ʼn luukse huis in Ballito, noord van Durban, gevind is.

Die dwelmvonds is Vrydag gedoen tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie deur lede van die Valke se narkotikaburo, lede van misdaadintelligensie, die Durban-metropolisie se dwelmtaakspan en die Shongweni-honde-eenheid.

“Die inhegtenisneming kom nadat die Valke ʼn wenk gekry het van dwelms wat van oorsee ingebring is en wat glo gehou en versprei is vanuit ʼn leë, luukse meenthuis in Zimbali. Die verdagte het nog ʼn meenthuis naby die vermeende pakhuis gehuur,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die verdagte is opgemerk toe hy by die huurhuis ingegaan het. Die polisie het toegeslaan en nadat die man hom aanvanklik verset het, is hy in hegtenis geneem.

“Tydens die deursoeking van die huis het die span onder meer beslag gelê op 16 kg heroïenpoeier, kontant en masjinerie van altesaam R4 miljoen. Die span is na nóg huise in Umhlanga en Mount Edgecombe nadat die verdagte aangekeer is, maar dit het niks opgelewer nie,” het Mhlongo gesê.

Die man sal na verwagting Maandag in die Umhlali-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die handel en besit van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Balanseer die Konstitusionele Reg tot Lewe met die Reg om NIE te Lewe Nie. Hoe maak jy die keuse? Jy voldoen aan een van die volgende: 1. Kind verkrag, 2. Gewapende Roof, 3. Dwelmhandel of vervaardiging, 4. Moord. As jy voldoen aan een van die vier voorwaardes om die “Reg om NIE te Lewe NIE” op te eis, dan respekteer ons jou keuse en gee jou NOG 5 eg demokratiese keuses, nl. Vuurpeleton, Gaskamer, Elektriese Stoel, Galg of Dodelike Inspuiting. Niemand “veroordeel jou nie” en niemand “straf jou dood” nie………JY maak die keuse, demonstreer jou keuse deur jou aksies, voldoen aan 1 van 4 Konstitusionele vereistes, en ons help jou om jou keuses vir jouself te laat realiseer. So eenvoudig soos dit. Maak my president vir EEN DAG….dan brei ek die konstitusie regte van ALLE Suid Afrikaners uit om ook die “Reg om NIE te Lewe NIE” in te sluit….en kan kan mense KIES wat hulle wil hê. Eenvoudig.

Cherokee ·

Ag jong, hier’s mense wat enigeen wat mooi songs kan sing, eerste minister wil maak. Nou dink jy promises is genoeg.

Liendempers ·

Ek sal vir jou stem Gemaskerde Sopbeen. Sal graag “Teer en Veer” as nog n opsie wil sien. Inteendeel, sal graag my dienste as LP wil aanbied tydens jou termyn. Ek voel natuurlik sterk oor sekere dinge en is nie huiwerig om dit oor te dra nie, ongeag die reaksie uit die peanut gallery uit????

Stebastiaan ·

MM is daar ‘n probleem dat daar geen foto’s by al die berigte is nie???

Attie. ·

Maroela Media, hierdie is goeie nuus maar dit sou net afgerond wees indien ons die ras van die man kon weet. Sien, is dit ‘n Witte dan is ditgroter nuus as wanneer dit ‘n swarte is want ons is gewoond dat Swartes sulke misdrywe pleeg. Of se net, ‘n ligkleurige man of ‘n effe gepigmenteerde of ‘n dit of ‘n dat. Nou weet ons net dis ‘n rykman wat twee huise in Izimbali kon huur. Geluk aan die polisie, netjiese werk. Hang hom wantdis ‘n baie erger misdaad as moord, hy het baie lewens verwoes oor ‘n tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.